2 April is Outisme Bewustheidsdag. Die statistieke wissel, maar tans is die skatting dat ongeveer 1 uit 86 kinders deur die Outisme Spektrum geraak word. Dit kom vier keer meer in seuns as in dogters voor en in ander wêrelddele is dit meer algemeen. Wat sê die kundiges?
Indien julle blou gloeilampe het, verlig die skool of voorhuis daarmee en om die dag te ondersteun, dra gerus blou. Kontak ook een van die spesialis skole om meer oor ondersteuningsgeleenthede in jul area te wete te kom.
-
Outisme ASA lys skole
-
Outisme (skool in Pretoria)
-
Outisme en Asperger Sindroom SNAP
-
Outisme – ASAP (Somerset-Wes)
-
Outisme – Boland Autism (Paarl)
-
Outisme – The Dream Tree (Somerset-Wes)
-
Outisme: Vera Skool
- Riglyne
Feb 26, 2019 @ 15:04:03
Hi, ek het gewonder of jy dalk enige werkkaarte of oefeninge vir kinders met Outisme het. Dis so moeilik om ‘n gepaste kurrikulum vir outistiese kinders te kry. Ek hoop jy sal my kan help of my in ‘n regte rigting in stuur.
LikeLike
Feb 26, 2019 @ 16:05:48
Hallo, Suzaan 😉
Ek werk self met outjies wat op die spektrum is en gebruik basiese tegnieke wat ek met ander ouderdomsgroepe gebruik. Van my outjies is op graadvlak en ander nie. Vir die meeste help illustrasies en ander wil weer glad nie daarna kyk nie.
Een outjie gaan eersdaags met ‘n tablet leer kommunikeer (Proloque).
Ek maak gewoonlik roosters en leermateriaal met gewone clipart, maar het in die verlede met Boardmaker gewerk. SENteacher het die opsie om jou eie woorde en hul prente te meng. Dit help veral tydens die aanleer van woordeskat. Skep dalk jou werksvelle soortgelyk – met die opdrag in dieselfde volgorde en vul dan die somme of opdragte tussen-in in om roetine aan te moedig en sukses te verseker.
Kontak gerus ook die skole of sentrums in die bogenoemde artikel. Ek is seker dat hulle jou met kurrikulumwerk kan help.
LikeLike