Tuis

Outisme

Lewer kommentaar


April is die maand ter bewusmaking van die Outisme Spektrum en die 2de is spesifiek ‘n dag daarvoor.  In baie gevalle is oogkontak, kommunikasie en sosiale interaksie ietwat anders.  Die outjies mag dalk verby jou kyk, weg kyk, laat begin praat, worstel om gesprekke te volhou, baie gevorderde woordeskat gebruik, langs kinders (eerder as met) speel of mag heel waarskynlik eerder alleen en eenkant loop of sit.  Daar is ongelooflik baie moontlike kenmerke en elke kind wat gediagnoseer word, is uniek.

Loer gerus deur vorige inskrywings om meer inligting te bekom.

Lees ook:
  1. Floortime DIR (Dr. Greenspan)
  2. Floortime SA
  3. ABA

Outisme

2 Kommentaar


Screen Shot 2015-03-30 at 19.27.21

2 April is Outisme Bewustheidsdag.  Die statistieke wissel, maar tans is die skatting dat ongeveer 1 uit 86 kinders deur die Outisme Spektrum geraak word.  Dit kom vier keer meer in seuns as in dogters voor en in ander wêrelddele is dit meer algemeen.  Wat sê die kundiges?

Indien julle blou gloeilampe het, verlig die skool of voorhuis daarmee en om die dag te ondersteun, dra gerus blou.  Kontak ook een van die spesialis skole om meer oor ondersteuningsgeleenthede in jul area te wete te kom.

Vir nog idees, tik gerus “outisme”, “toeps” of “inklusiewe onderwys” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer na die skakels onder die hofie “Aandagafleibaarheid, Aspergersindroom, Outisme”.

bewus

Lewer kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

April is Outisme Spektrum Bewustheidsmaand en die 2de is ‘n spesiale bewustheidsdag.

Loer na die skakels vir Aspergersindroom of Outisme aan die regterkant, asook na die skole op die Verwysingsblad.

Outisme Spektrum

1 Kommentaar


April is Wêreld Outisme-bewustheidsmaand en die 2de is tradisioneel die dag waarop mense wêreldwyd hierdie bewustheid vier en probeer uitbrei.  Lees gerus meer oor wat die Spektrum behels (bv. outisme handleiding en verklarings en eienskappe van die spektrum), maak bewustheidslinte, kleur die linte in, verf jou naels blou, kleur jou hare of maak ‘n paar aanpassings in jou klerekas.

Loer gerus na nog skakels aan die regterkant en ook na die skole wat onder “verwysings” gelys is.  Dr. Grandin het ook interessante insigte.

%d bloggers like this: