April is Wêreld Outisme-bewustheidsmaand en die 2de is tradisioneel die dag waarop mense wêreldwyd hierdie bewustheid vier en probeer uitbrei. Lees gerus meer oor wat die Spektrum behels (bv. outisme handleiding en verklarings en eienskappe van die spektrum), maak bewustheidslinte, kleur die linte in, verf jou naels blou, kleur jou hare of maak ‘n paar aanpassings in jou klerekas.
Loer gerus na nog skakels aan die regterkant en ook na die skole wat onder “verwysings” gelys is. Dr. Grandin het ook interessante insigte.
Mar 24, 2014 @ 11:09:17
Ek het ‘n dagsorg in Nigel. Ons gaan beslis die 2de April 2014, hierdie dag vier in BLOU. Van nael, en hare verf, na die oulike linte aansteek, en inkleur en verf.
Ek wil graag van die inligting aan ouers oordra, omdat ek dink daar is ‘n onkunde oor wat Autisme eindlik is. Dankie vir die wonderlike blad!!!!
LikeLike