Tydens die grendeltydperk(e) het verskillende idees wêreldwyd begin om ander te laat glimlag. Nie net hou hierdie idees die kleingoed besig nie, maar kan die idees ook ‘n ligpunt vir ander wees. Hou die projekte eenvoudig en haalbaar.
- Bou en verf ‘n houtkis as ‘n Honde Biblioteek – waar honde eienaars balle en stokke kan leen wanneer hulle in ‘n park of teen die see langs wil stap.
- Bou ‘n waterdigte kassie om as ‘n Gratis Bibliotekie te dien. Vul met vyf tot 10 boeke en moedig ander aan om boeke te ruil – Neem ‘n Boek, Skenk ‘n Boek.
- Skep ‘n Steggiebiblioteek – met steggies, nuwe plantjies of sade. Laat weet die bure dat hulle steggies kan kom haal of hul eie steggies daar kan deel.
- Verf ‘n ruit met oulike karakters, boodskappe of iets wat by die seisoen pas. Gebruik ‘n helder tipe verf wat maklik kan af was – soos akrielverf.
- Gebruik bordkryt om ‘n sensoriese wandelpad op die sypaadjie te teken of skep kunswerke op die inrit na jou skool of huis.
Woorde