Die 16 dae van aktivisme teen geweld (teen vroue en kinders) het gister begin. Hersien die gesin se belangrike noodnommers deur dit in netjiese “Graad 1 skrif” te skryf sodat die kleingoed dit kan natrek. Verkleinde weergawes kan met breë, deursigtige kleeflint beskerm word of gelamineer word. Plak dit in die kamer, langs die telefoon, in die tas of in die huiswerkboekie vas.
noodnommer (drukbare vorm)
Nov 27, 2012 @ 05:07:23
Beste Juffer
Ek is moedeloos met die nuwe CAPS . Ons vakadfiseurs dring daarop aan dat ons die reenboogboeke in die klas moet gebruik. Die boeke vir graad 3 is regtig baie oulik. Maar as ek na die afrikaans huistaal kyk, sak my moed soms in my skoene. Daar is soveel nuwe ‘dinge’ wat ons vir die kinders moet leer sonder enige riglyne. Ek wens hul wil vir ons onderwysers ‘n onderwysersgids gee vir die boeke.
Ek sal graag op graad 3 vlak wil weet wat hul van DIREKTE en INDIREKTE REDE moet weet en vars idees om dit vir hul aan te leer. Self die s.nw, b.nw en bywoorde het ons nog nooit formeel aangeleer nie. Altyd net gepraat van uitgebreide woorde. Wat my moedeloos maak is dat die beleid net se wat ons leerders moet kan doen, maar geen riglyne en voorbeelde gee nie. Kan jy asb so bietjie help? Ek hardloop maar kort kort na die tale juffrou vir raad.
Groete Lienkie
On Mon, 26 Nov 2012 14:44:25 +0000 My klaskamer – idees en gedagtes uit ‘n juffrou se pen
LikeLike
Nov 27, 2012 @ 16:22:45
Middag, Lienkie 😉
Ek dink dat baie onderwysers jou gedagtes deel. Daarom is gereelde interaksie tussen kollega’s, onderwysers by ander skole en die MOOD so belangrik. Met die hedendaagse tegnologie sou dit wonderlik gewees het om vinnig ‘n e-pos te kon stuur of via SKYPE gedagtes uit te ruil…
Met die woordsoorte vereenvoudig ons die terme na die volgende:
s.nw. = selfstandig/staan alleen/kan daaraan voel of vat of dit sien,
b.nw. = voeg inligting by die “ding” of iemand waaraan ek kan voel/vat/sien,
ww. = “doen” woorde
bw. = vertel my hoe die dinge gedoen word 😉
Ek is ongelukkig self in die duister oor die direkte en indirekte rede se vereistes vir Graad 3.
😉
LikeLike
Nov 27, 2012 @ 16:29:42
Sjoe ek gaan baie meer hier moet kom inloer my dogtertjie gaan volgende jaar Gr 3 toe. Sterkte aan al die juffrouens.
LikeLike
Nov 27, 2012 @ 16:55:06
Welkom, Nicolien 😉 Jy kan gerus weer inloer. Tik soekterme soos “klanke, dubbelklanke, wiskunde” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in om na spesifieke onderwerpe te gaan 😉
LikeLike
Feb 17, 2015 @ 12:37:19
Het iemand dalk ‘n kinderliedjie oor noodhulp?
LikeLike
Feb 22, 2015 @ 15:21:57
Hallo, Sonja 😉 Lollos en Wikus van der Merwe het liedjies oor ‘n dokter en kieme.
LikeLike