‘n Mens is mos altyd op soek na oulike idees – om te maak of om te laat maak. Hoekom dan nie boekmerkies nie?! Dis mos iets om aan die begin van die jaar te maak – om die jaar met ‘n lekker lees gees te begin.
- National Geographic het ‘n oulike webprogrammetjie waar die kind (of juffrou) self ‘n boekmerkie kan maak. Jy kan die prentjie, agtergrond en raampie kies en jou eie boodskap tik.
- Highlightkids het ‘n soortgelyke program. Ontwerp jou eie oulike boekmerkies deur gesiggies, koppe, lywe en voete te pas. Jy kan sommer lekker laf raak as jy wil. Al wat jy dan nodig het is ‘n drukker, ‘n skêr en ‘n lamineermasjien (of ‘n rol breë deursigtige kleeflint).
- Maak boekmerke met ‘n spesiale foto en boodskap daarop.
- DLTK is altyd ‘n wenner en daar kan jy regtig kreatief raak. Ek het die Spongebob merkie daar geskep. Dan is daar ‘n paar oulike merkies op die Family Fun webwerf.
- Kids Kreate het ‘n paar oulike boekmerkies in kleur. Wees kreatief.
- boekmerkbasis
- Boekmerk (drukbaar) – gebruik apart of plak twee merkies rug-teen-rug.
- Engelse boekmerkies is beskikbaar onder “drukbare“-hofie.
- books are magical
Des 27, 2009 @ 15:58:23
Boekmerkies is ‘n baie oulike idee, mens kan selfs laat die ouer kinders ‘n idioom daarop skryf…ek hoop jou Kersfees was Geseend en Voorspoed met die Nuwe Jaar! Nog een wekie vir my oor en ons is terug in die hok die kant.
LikeLike
Des 27, 2009 @ 17:10:09
Ja, dis nogal ‘n goeie idee. Ek het op Oprah se webwerf ook ‘n boekmerkmaker gekry – met oulike spreuke of sêgoed. My klere sit natuurlik te styf na die Kersetes, maar dit was sommer baie lekker. Geniet jou laaste stukkie van rus! 😉 Jy mag nie aan jou werkgoed vat tot die hok oop maak nie 😆
LikeLike