Disleksie dui op ‘n spesifieke lees- en spelprobleem. Dit word nie meer so genoem nie en kundiges beskryf dit eerder as ‘n “spesifieke lees- en spelprobleem”. Disleksie word deur baie mense as ‘n gawe beskou omdat dit mense forseer om probleme op unieke wyses op te los. Dink maar aan uiters kreatiewe mense soos Picasso en Walt Disney…wetenskaplikes soos Einstein en Edison…akteurs soos Whoopi Goldberg, Tom Cruise, Robin Williams en Keanu Reeves…sakemense soos Richard Branson…noem maar op!
Kyk na Ron Davis se studies in hierdie verband of loer in jou plaaslike biblioteek vir Ron se boeke.
Indien jy vermoed dat jou eie kleinding of ‘n kleinding in jou klas ‘n vorm van disleksie het, kan jy gerus na die volgende skakels gaan kyk. Moet egter nie self ‘n diagnose maak nie. Spreek ‘n kundige soos ‘n opvoedkundige sielkundige. ‘n Diagnose verg gestandaardiseerde toetse en spesifieke kennis.
Waardevolle skakels:
Mar 26, 2010 @ 14:04:13
Hi
Ek het ‘n tweeling in Gr5, en altwee is getoets vir disleksie. Ek vind dit baie moeilik met die leer vir eksamens. Ek wil weet of u my kan help met wat tel teen hulle in eksamen.
Laas jaar in Gr 4 het spelling nie vir hulle getel nie, maar nou doen dit en my kinders trap nou klei. Hul doen mondelings eksamen maar somige dele moet hulle skryf en spelling tel teen hulle.
Kan u my raad gee asb.
Dankie Amanda
LikeLike
Mar 26, 2010 @ 17:15:11
Dit hang van die skool af. ‘n Mens moet maar mooi met die hoof en onderwysers oor die diagnose praat. Dit klink asof jou tweetjies in terme van “alternatiewe assessering” gehelp word. Die opvoeders laat dus mondelinge antwoorde toe en dikwels word langer skryftyd toegestaan. Wat ook kan gebeur, is dat hulle self skryf en iemand deur die antwoorde lees en “onleesbare” woorde korrigeer – sonder om die antwoord te verander. Die opvoeders het nie altyd die geleentheid of “genoeg hande” om vir elkeen afsonderlik te lees nie. Indien jy dalk kan voorstel om vir ‘n ander kind in die klas te help indien sy ouers weer jou outjies kan help, kan so ‘n ruiltransaksie waardevol wees. Veelvuldige keuse vrae sou seker meer ideaal gewees het vir jou kinders.
‘n Mens kan altyd vra of die skool sal toelaat dat jou outjies algemene spelfoute maak as hulle die vak-relevante woorde sal probeer reg spel. Ek kan verstaan indien ‘n opvoeder sal kla oor vakspesifieke woorde. Dalk kan die kinders hul antwoorde vir die opvoeder gaan lees tydens die merk proses. Miskien is daar ‘n kundige (i.v.m. disleksie) in jou omgewing wat raad aan jou en die skool kan gee.
Lees gerus hier: (veral van bl.52 af) en hier.
As ‘n mens met ‘n plan na die skool toe gaan, kan hulle moontlik meer geneë wees om ‘n plan te maak. Ongelukkig is dit ‘n moeilike situasie in gewone staatskole. Dalk is ‘n skool met kleiner klassies meer inskiklik en toegerus…en dalk verstom die tweeling jou met oulike rapporte 😉 Sterkte!
LikeLike
Nov 09, 2010 @ 16:32:44
Ek wil graag weet of daar ‘n manier is om my kind te help om te leer op sy eie. Met byvoorbeeld iets soos sy eie “opsommings”
LikeLike
Nov 09, 2010 @ 17:34:31
Welkom, Verena 😉
In die meeste gevalle help remediërende opvoeders kinders met studietegnieke (soos opsommings en geheuekaarte). Jy kan ook direk met Linda kontak maak om uit te vind wie sy sou voorstel in dié verband. Die belangrikste sal wees om iemand te kry wat al ‘n paar jaar ervaring het en by wie jou seun sal aanklank vind.
Ek plaas jou boodskap en hou duim vas dat iemand vir ons ‘n oulike hoërskool kan voorstel. Baie sterkte!
LikeLike
Nov 10, 2010 @ 09:59:32
Hello Juffrou
Ek het ñ baie groot probleem.Ek is disleksie en my seun het ook disleksie en adha.
Ek is so bang vir die exsamen wat voor lê. want ek kan hom nie help met sy werk of take nie en is so jammer want hy kry baie swaar met sy werk. Is daar dalk ñ kursus wat u kan voor stel om my te help om my kind te help asseblief.
Dit is nou my laaste uit weg ek weet ek gaan swaar kry maar ek moet iets doen ek kan nie net sit en kyk hoe hy swaar kry nie.Toe ek op skool was was dit so hulle het jou gelos en jy moet maar aan sukkel en op die ou end het jy gedruip.
Asseblies help my om my kind te help.
Baie Dankie Petra
LikeLike
Feb 03, 2011 @ 21:19:59
Het n seun van 9 jaar en het ondervind dat hy sukkel met lees, sy pa het disleksie en niemand het aandag aan hom gegee ni so die probleem is nooit uitgesort nie. Boeta is nou in Gr 3 maar sukkel geweldig met lees sy wiskunde is puik en volpunte maar die lees en skryf pla my nou laat weet die Juf my dat ek boeta moet vat vir n oogtoets of iets en dalk sy ore laat toets dis hoekom hy ook nie so lekker wil hoor nie. Ek is bekommerd met hom want wil so gou as moonlik die probleem met hom uitsort dat ons daar kan verby kom kan iemand my help \
enkel man van witbank
LikeLike
Feb 04, 2011 @ 14:15:30
Middag, Enkel man 😉 ‘n Spesifieke leesprobleem is soms by ander gesinslede teenwoordig. As die outjie dikwels met die herkenning van klanke of met spelling sukkel, kan ‘n mens remediërende onderrig probeer. As jou seun met omkerings (bv. b / d) en omruilings (bv. iu / ui) worstel sou ek hom na ‘n arbeidsterapeut wou verwys het. Omdat hy nou al 9 is sou ek eerder die outjie by ‘n remedierende opvoeder wou kry om minstens twee maal ‘n week lees- en spellesse te neem. Ongelukkig kan geen opvoeder disleksie (of ‘n spesifieke leesprobleem) diagnoseer nie. Dit word deur opvoedkundige sielkundiges gedoen. Indien moontlik kan jy so ‘n evaluasie laat doen en die verslag met die skool deel om jou seun beter te akkomodeer. Die sielkundige kan byvoorbeeld aanbeveel dat die skool vir hom ekstra tyd gee om toetse te skryf of dat hulle sy leeswerk verminder – afhangende van die uitslae. Soms word ‘n opvoeder ingespan om vrae vir hom te lees en om sy antwoorde neer te skryf (in ouer grade). Veral omdat hy so goed is in wiskunde sou ek hom graag wou help om die woordsomme en leesgedeeltes ook makliker te verstaan. 9 jaar is nog lekker vroeg in sy skoolloopbaan en ‘n goeie tyd om hom te help. Baie sterkte! 😉
LikeLike
Sep 04, 2013 @ 15:29:45
Goeiedag!
Daar is onlangs ‘n disleksie toets in SA vrygestel in Afrikaans en Engels wat kinders vanaf ouderdom 8 tot 18 jaar kan evalueer. Dit staan bekend as die Stark-Griffin Disleksie Toets en daar is landwyd professionele persone wat hierdie evaluasies kan doen. Die kontak details van hierdie persone is beskikbaar op die webblad.
Skakel gerus enige een van ons professionele persone vir ‘n konsultasie.
LikeLike
Mar 06, 2012 @ 14:15:54
Goeie middag,
My seun van 14 is gediagnoseer met Disleksie, hy moet na Lantern skool, die skool vir kinders met Disleksia en ander probleme gaan, die skool gaan tot graad 12, maar dit is vir my moeilik om hom in die skool te sit aangesien ons 2 ure van hom af bly en die sielkundige vir ons gese het hy sal nooit in ‘n koshuis kan bly, weet jy dalk van nog sulke skole?
LikeLike
Mar 06, 2012 @ 18:36:44
Middag, Daleen 😉 Ek is nie heeltemal seker in watter area jy woon nie, maar het na Westgate skole geloer. Die Laternskool het beslis ‘n oulike webtuiste en dan is daar ook Orion College. Kan die sielkundige nie vir julle ander skole nader aan die huis aanbeveel nie? Loer gerus na julle plaaslike skole (DR KENNETH KAUNDA area) of skakel die skool se leerondersteuningsopvoeder. Ek is seker hy/sy sal nog ‘n paar skole kan voor stel 😉 Baie sterkte
LikeLike
Feb 27, 2013 @ 15:04:07
Goeie middag,
My dogter is 8 word Junie 9, in graad 3. Sy was oor die jare verskeie kere getoets vir al die toetse wat die skool vereis. Al haar toese het sy baie goed geslaag. In Graad 1 (2ste termyn) het dit nog goed gegaan, maar van die 2de termyn is dit net opdrande. Die skool het aarbeidterapie aanbeveel, wat sy ook gedoen het tot laasjaar nog. Maar die probleem raak net erger! Die jufrou het haar eie “opsomming” gemaak van disleksie waar my dogter 30/37 punte positief was vir disleksie. Wiskunde, lees & spel (afrikaans en engels) is ‘n groot probleem. Die naakste is, die maklike goedjies soos 20+3 en 17-5 kry sy glad nie rg nie, maar die moeilik goed soos 759-322 kry sy als reg!
My vraag is, sal sy in ‘n normale skool haar loopbaan kan voltooi?
LikeLike
Feb 27, 2013 @ 17:33:37
Middag, Bianca 😉
Party mense kan basiese somme doen en ander word rekenmeesters 😉
Dit is moeilik om ‘n opinie te gee as ek nie die verslae gesien het nie. Sommige kinders worstel met skoolwerk, maar met daaglikse huiswerk ondersteuning en ekstra hulp kan hulle slaag en presteer.
Aan die begin van Graad 1 is daar nog min leeswerk. Dit is moontlik dat die werk moeiliker geraak het toe die leeswerk in getree het. Is daar individuele remediërende onderrig beskikbaar om aandag aan klanke, sigwoorde, spelling en lees te skenk? Dit is moontlik nog te vroeg om die toekoms te bepaal – tensy iemand soos ‘n sielkundige reeds die toetse gedoen het.
😉
LikeLike
Sep 04, 2013 @ 15:22:09
Hallo Bianca!
Ek hoop julle het al in tussentyd reggekom met jou dogter! Indien nie , hoop ek om van hulp te wees. My raad sal wees om haar deur ‘n kundige persoon te evalueer, aangesien daar verskeie vorme en grade van disleksie bestaan. Daar is baie onlangs ‘n disleksie toets in Afrikaans in SA vrygestel. Ek sal graag wil weet in watter area julle woonagtig is? Gaan kyk gerus ook na ons webblad. Dit is nogal heel insiggewend!
Groete
Analia
Kempton Park
LikeLike
Jan 03, 2019 @ 13:01:57
My kind is 18 jaar oud hy sukkel om te lees en skryf ek probeer hom help maar dink nie ek doen dit reg nie hy wil graag leer maar ons sukkel baie wat kan ek doen om hom te helpw
LikeLike
Jan 03, 2019 @ 16:12:10
Middag, Willem 😉
Het jul seun ‘n formele evaluasie voltooi om te bepaal waar die uitval lê. ‘n Opvoedkundige sielkundige sou dan spesifieke verwysings (bv. remediërende onderrig) kon aanbeveel.
Teen 18 jaar, kan ‘n mens aanpassings inbring. Loer na <strong>apps en maniere om die leeswerk te vergemaklik. ‘n Mens kan probeer om oudioboeke uit te neem of aan te vra. Indien die skool dit sou toelaat, kan hy foto’s van die nota’s op die bord neem eerder as om alles af te skryf. Praat gerus met die skool, kollege of universiteit oor alternatiewe assessering of metodes om toetse en eksamens te vergemaklik (bv. ekstra skryftyd, mondelinge eksamens, iemand om sy antwoorde neer te skryf, ens.)
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Okt 12, 2020 @ 12:53:37
Goeiedag het u dalk produkte wat spesifiek kan gebruik word vir kinders met disleksia.
LikeLike
Okt 12, 2020 @ 01:55:52
Hallo, Louise 😉
Ek is nie ‘n fundi, maar kan die volgende deel:
Ek het verskeie idees in verband met ouditiewe en visuele persepsie beskikbaar – asook omkerings soos b-/d-verwarrings. Hierdie woordsoeke is in die rekenaarskrif ‘Open Dyslexia‘ gedruk.
Nessy het tans ‘n gratis kursus beskikbaar – wat meer inligting bied. Loer ook na die moontlike gebruike van tegnologie soos toeps/apps hier.
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Okt 16, 2020 @ 09:30:19
hello
ek vra hulp asb ek is nou raadop maar ek weier om op te gee op my kind.Hy is tans 16 was gediagnoseer met disleksie toe hy op laerskool was .Hy is nou by n vaardigheid skool in bloemfontein en is glad nie gelukkig met die skool en ek voel dieselde,Is daar enige ander skool in bloemfontein behalwe martie du plessis en Dr bohmer wat my kind kind kan help groot asb ,ek moet hom net uitkry uit die skool uit groot asb .Help my asb!!!!!
LikeLike
Okt 16, 2020 @ 17:26:23
Hallo, Stancia 🙂
‘n Mens kan dalk na ‘n skool met kleiner klasse soek.
Ek is nie self van die area nie, maar het die volgende inligting gekry. Dalk kan die eienaar van Sentra Dyslexia oulike skole in die omgewing noem.
Sentra Dyslexia
Paul Kruger Avenue
9301 Bloemfontein
+27 83 391 8414
Gesels gerus met die voorligters by Martie du Plessis, Anchor en ook by Curro. Ek hoop dit kan help.
LikeLike