Robotkaarte werk soos ‘n verkeerslig. Jy kan ‘n groen kol by die beginpunt van syfers of letters plaas en ‘n rooi kol by die eindpunt. Sodoende weet die kleingoed waar om te begin en te eindig.
robotkaarte abc syfers (een simbool per bladsy)
Wat kan jy met hierdie kaarte doen?
- Gebruik dit as muurkaarte (voorbeelde of herinnering). Gebruik dit net so of druk op helderkleurige karton.
- Liaseer dit in lêersakkie. Skryf daarop met witbord veselpenne.
- Oefen skrif deur met elke kleur in die krytpakkie daarop te skryf (reënboogskrif). Verf met effens verdunde voedselkleursel.
- Skeur en plak fyn stukkies gekleurde papier (bv. uit ‘n tydskrif) daarop.
- Skryf die letter en oefen die letter op die wit agtergrond.
- Skryf die syfer en plak soveel soortgelyke prente rondom. Bv. 6 eiers, 2 skoene.
- Plak prente wat met die letter begin, op die wit agtergrond. Versigtig: Die klinkers moet soos ‘n klinker (a vir appel, e vir emmer, i vir in, o vir op, u in die middel van bus) en nie soos ‘n dubbelklank (aa, ee, oo, uu) klink nie.
- Hou die kaarte in lêersakkies of lamineer. Rol klei in lang wurms en vorm die letters of syfers daarmee bo-op die sakkies.
- Smeer gom binne-in die simbole om sand, sout, poeier, blinkertjies, ens. bo-oor te strooi.
Vir soortgelyke idees, tik gerus soekterme soos “abc, skrif, skryf, alfabet, syfer, klanke, fynspier, handspier… tuis idees” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in en loer na die “Drukbare Bladsye”-hofie.
Feb 28, 2020 @ 16:27:29
Goeie middag. Ek het pas begin onderwys gee by n engelse skool, graad 1.Die HOD Wil graag n Reading program en n Phonics program he. Ek het geen idee wat dit is nie… Help asb. Ek is bereid om te betaal.
Dankie.
LikeLike
Mar 01, 2020 @ 22:44:10
Hallo, Irene 😉
Wat het sy in gedagte? Die ATPs dek beplanning vir Huistaal, EAT, FAT… Ek het Engelse werk hier en hier beskikbaar. Loer gerus 😉
LikeLike
Aug 18, 2020 @ 13:03:01
Goeie dag, my kleinseun is links en ek wil graag leermateriaal aflaai om die vorming van sy letters en syfers vir hom makliker te maak. Het jy dalk sulke werkkaarte?
LikeLike
Aug 18, 2020 @ 14:48:26
Middag, Belinda 😉
Daar is enkele letters wat in ‘n teenoorgestelde rigting gevorm word. Loer gerus hier na idees in verband met linkshandigheid en die potloodgreep.
Buiten die robotkaarte, sal jy in hierdie skrywes idees verband met lettervorming (ook departementele voorskrifte) en syfers vind.
Sien ook: Skrif oefeninge, Skrif Velle.
Loer gerus ook na die hofie “Skrif/Fynspier Ontwikkeling” hier aan die regterkant of die hofie “Drukbare Bladsye” vir meer moontlikhede. Daar is meer skrif moontlikhede hier gelys. Ek hoop dit kan help.
LikeLike