Tuis

‘n Fondsinsamelings uitdaging vir ‘n goeie doel

2 Kommentaar


Die #BettyWhiteChallenge word elders vir Betty White se 100ste verjaarsdag beplan. ‘n Fondsinsamelingspoging is aangewakker om geld vir dierebeskermings organisasies in te samel – iets wat baie na aan haar hart was.

Die skool is dalk nie vir almal oop nie, maar ‘n uitdaging om R1,70, R17, R170, 100c, R100, 1, 17 of ‘n 100 houers kos vir ‘n organisasie van jou keuse in te samel, kan ‘n groot verskil maak – al was Betty nie Suid-Afrikaans nie 🙂

10

4 Kommentaar


September is die herdenkingsmaand van My Klaskamer – ‘n webjoernaal (blog) vir ouers, onderwysers en onderwysstudente.  Vanjaar bestaan Juffer en My Klaskamer reeds 10 jaar en daarom is dit tyd vir ‘n paar gedagtes rondom die getal 10.

Jonger leerders leer vinnig om tot by 10 te tel, maar hoe kan ‘n mens so ‘n bietjie meer op die getalle tussen 0 en 10 fokus of met 10 werk?

  1. Tel die vingers of tone afsonderlik.  Hoeveel tone het twee maats…en die klas?
  2. Ryg ‘n pypskoonmaker deur 10 krale en gebruik dit as ‘n armband of vou dit plat as ‘n mini-telraam.  Die kleiner outjies kan nou hul kombinasiesomme oefen deur byvoorbeeld somme soos 3 + _ = 10 te toets.
  3. Anker ‘n spaghetti- of sosatiestokkie in wondergom op die tafel en gebruik ringvormige pap of krale om hoeveelhede tot by 10 oor te glip.  Gebruik die syferkaarte in ‘n pak kaarte om verskillende hoeveelhede te maak (7 krale, 9 krale, ens.).
  4. Trek twee syferkaarte (bv. 10 en 2) en doen ‘n aftrekkingsom deur 2 krale weg te neem.  Hoeveel bly agter?  Maak meer en minder en gebruik die fisiese aktiwiteit om sommer fynspier oefeninge en oog-hand koördinasie by te werk.
  5. Trek ‘n kaart uit ‘n pak speelkaarte (haal eers die koninklike stel uit).  Hoeveel het ek nodig om ‘n 10 vol te maak (dus 5 + _ = 10)?  As ek 10 het en dié getal wegneem, hoeveel bly oor (bv. 10 – 3 = _)?
  6. Trek beide hande op ‘n vel papier (bv. koerantpapier, telefoonboekblaaie…) af en knip uit…of maak twee afskrifte van een hand (hou die een hand byvoorbeeld as ‘n linkerhand en dop die ander een om as dit klaar uit geknip is – om as die regterkant te gebruik.  Plak die handpalms langs mekaar op ‘n karton (grawe deur die herwinningsdosies), sodat die vingers kan omknak of beweeg.  Gebruik die handjies as jy somme op “vingers” wil bereken.
  7. Meet stroke papierlint (streamers) en knip dit in 10cm-lange dele op.  Meet ‘n strookpapier om die kop (soos ‘n kroon) en plak die papierlinte al langs die lengte van die kroon.  Versier dit met voorstellings van 10 (verskeie versamelings, syfers, getalname).
  8. Hoe ver kan julle in tiene tel?  100?  200? 1 000?
  9. Kleur die kolomme op ‘n honderdblok in 10 verskillende kleure in.  (Bv. al die getalle wat op 3 eindig – blou.)  Watter getal is 10 meer of minder as ‘n gegewe getal.  Kies ‘n kleur en tel van bo na onder.  Sny sommer die blok in dwars stroke en bou die legkaart.  Waar hoort die getalle?
  10. Meet vorms (vierkante, reghoeke, driehoeke) met ‘n 10cm-sy af.  Knip dit uit en pons 10 gate langs ‘n sy af of reg rondom.  Ryg wol of tou om die rand en gebruik die vorms as versierings of boekmerke.
  11. Deel September in tiene in:  Ruil elke 10 dae sitplekke in die klas, staanplekke in die ry of die volgorde van lesse/periodes.
  12. Vou ‘n vel papier in die helfte (in die lengte) en weer in die helfte om lang stroke of lyne te vorm.  Gee verf en proppies of ink en stempels om patrone te druk.  Hoeveel patrone kan jy in 10 drukke skep? (Kleure, herhaalde items, ens.)
  13. Betrek die ouers deur te vra dat hulle saam op die getal fokus.  Vra dat hulle byvoorbeeld 10 los happies (bv. druiwe korrels, blokkies kaas, springmielies…) in pak.  As julle lus het, kan ‘n mens op spesifieke getalle fokus (bv. 5, 8…).
  14. Hou ‘n pannekoekdag en vul ‘n sousbottel met die beslag.  Maak dan klein pannekoekies deur tiene (10) in die pan te spuit.  Oefen vooraf of maak dit as ‘n koue bederfhappie.
  15. Hoe kan die outjies ‘n vinnige 10-happie maak?  ‘n Lang wafer en ‘n ronde koekie?
  16. Ryg 10 items op ‘n sosatiestokkie (bv. worsie, hamblokkie, kaas, vrugte…).
  17. Maak ‘n lys van die leesboeke of stories wat julle as ‘n klas gelees het.  Gee ‘n 10-minuut breuk per elke 10 boeke.  Speel dan opvoedkundige speletjies of doen iets prettig en buitengewoon.
  18. Deel 10 minute iewers deur die dag by die rooster in om te lees.  Stel spesifieke reëls en riglyne in, sodat almal kan saamwerk (bv. ons lees flitskaarte, ons leesboekies, ‘n Engelse boek…).  As 10 minute te lank is, deel dit in twee “rustye” van 5 minute elk.
  19. Hoeveel woorde kan julle lys wat 10 letters bevat?  Wat beteken hierdie woorde?
  20. Hoeveel syfers is daar in ‘n selfoonnommer? Kies ‘n bekende nommer (‘n ouer s’n) en tel die onderskeie syfers bymekaar.  Bv. 0821111111:  0 + 8 + 2 + 1…= 17.  Wie se antwoord is die meeste of die minste?
  21. Skryf verskeie selfoon- of telefoonnommers op lootjies neer, trek ‘n kaartjie en kyk hoeveel kombinasies van 10 uit die onderskeie getalle gebou kan word.
Alfabetprettake
Sigwoordjies
Diere Flitskaarte
5 minuut dinkwerk
Wasgoedpennetjiesomme Voorbeeld (Volle dokument)
Blomme inkleur
Ontdek die getal 10
Vinnige somstrokies
Syfer Legkaarte
Syfers/Getalname Afrikaans/Engels

 

Vyf Klein Paddatjies 

 

Pikkewyn

1 Kommentaar


scientificillustration2 humboldtmagellan scientificillustration

Vandag is Pikkewyndag.  Die Bril- of Afrika-pikkewyn kom aan die Suid-Westelike kus van Afrika voor en lewe ongeveer 10 – 15 jaar.  Daar is egter ook baie ander soorte pikkewyne.  Ken jy die spesies?  Kan jy soos ‘n pikkewyn waggel (of swem)?

Android Apps / Toeps

2 Kommentaar


Hierdie is enkele Android Apps – wat ook aan die regterkant onder “Hulpmiddels” gelys is.  Die eerste gedeelte se Apps is meestal in Afrikaans en die tweede helfte is Engelse Apps.  Big Bug Books en Via Afrika se Apps is tweetalig.

*Op TinyTap kan jy die musiek verdoof deur op die note te klik.  Maak seker dat “smart play” aan is.

Screen Shot 2015-02-21 at 16.28.52Screen Shot 2015-02-21 at 7.38.05Screen Shot 2015-02-21 at 7.36.23Screen Shot 2015-02-21 at 7.47.37Screen Shot 2015-02-21 at 7.33.45Screen Shot 2015-02-21 at 15.58.39Screen Shot 2015-02-21 at 15.56.10Screen Shot 2015-02-08 at 7.00.49Screen Shot 2015-02-08 at 7.10.18Screen Shot 2015-07-09 at 8.40.45Screen Shot 2015-02-08 at 6.49.24Screen Shot 2015-02-21 at 6.51.58Screen Shot 2015-02-21 at 6.47.46Screen Shot 2015-03-18 at 15.01.48Screen Shot 2015-03-26 at 16.13.24Screen Shot 2015-04-17 at 6.24.01Screen Shot 2015-06-14 at 14.31.23Screen Shot 2015-06-14 at 14.28.55Screen Shot 2015-06-14 at 14.26.01Screen Shot 2015-02-13 at 20.28.49Screen Shot 2015-02-13 at 20.23.17Screen Shot 2015-02-13 at 20.22.22

Screen Shot 2015-09-23 at 8.20.54

Viva Woordeboekportaal

Screen Shot 2015-08-28 at 6.43.28

Klik op die SA vlag vir meer Afrikaanse opsies.

Screen Shot 2015-02-21 at 16.17.40Screen Shot 2015-02-21 at 16.17.26Screen Shot 2015-02-22 at 13.16.26Screen Shot 2015-02-22 at 13.14.45Screen Shot 2015-02-22 at 13.33.46Screen Shot 2015-02-22 at 13.36.40Screen Shot 2015-02-22 at 14.04.54Screen Shot 2015-02-22 at 14.06.43

Screen Shot 2015-05-08 at 22.38.05

SeeSaw: ‘n Private Klas “Facebook” – om werk aan slegs die ouers te wys.

Screen Shot 2015-03-10 at 15.29.22

Interaksie met jou klas.

Screen Shot 2016-01-23 at 19.39.37

Screen Shot 2015-03-10 at 15.34.20

So werk dit (Tegnologie)

Screen Shot 2015-03-10 at 15.39.59

Gedragmeter

Screen Shot 2015-03-10 at 15.20.56

Explain Everything

Screen Shot 2015-03-10 at 15.18.17

beroepe

2 Kommentaar


beroepeJuffrou T het idees in verband met beroepe (voorskoolse vlak) gevra.  Hiermee dan so ‘n paar idees…

As ‘n mens oor beroepe (of werke) praat, kan ‘n mens na die ouers se beroepe kyk of vooraf ‘n opname maak oor wat elkeen wil word “as jy groot is”.  Betrek ‘n paar van hierdie beroepe of kies ‘n paar opwindende beroepe.

Dink aan vrae soos:

Onthou dat die besprekingskring ‘n ideale geleentheid is om die woordeskat uit te brei.
  • Wat sal jy dra?  (uniform, gewone klere, kleurskema/kleure)
  • Sal mense weet wat jou beroep is deur net na jou te kyk?  (unieke besonderhede aan die uniform – skoene, stewels, pet, balkies, lapelwapens, spesifieke voertuig…)
  • Wat doen jy by die werk?
  • Wat gebruik jy in jou beroep?  (rekenaar, toerusting…)
  • Werk jy binne-in of buite ‘n gebou?
1.  Wildtuin- of dieretuinbewaarder:

Maak diere

  • Maak ‘n leeumasker en trek strepies vir snywerk al om die rand van ‘n papierbord.  Die outjies teken dan die gevreet, kleur die rand (maanhare) in en sny die strepies al om die rand om wippende maanhare te maak.  Vir die jonger outjies, kan ‘n mens die oë, snoet en bek met ‘n swart veselpen teken.  Hulle kleur die leeu dan met vetkryt in en verf bo-oor met effens verdunde oranje en/of eiergeel voedselkleursel.  Sodra dit droog is, kan hulle die maanhare sny (dalk ‘n tweede dag se ekstra taak).
  • Groter kinders kan die leeumasker maak deur ‘n sirkel uit karton te sny.  Afhangende van hul vaardighede, kan ‘n mens die oë, snoet en bek vooraf binne-in die sirkel teken en afrol.  Die outjies sny die sirkel uit en ook die gate vir die oë.  Daarna verskaf ‘n mens smal strokies gekleurde papier (dalk vooraf gekleurde papier) om die maanhare te vorm.  Wys vir hulle hoe om die repies styf om ‘n potlood te rol, sodat die hare effens krul.  Verskaf verskillende kleure en skakerings en wys vir hulle hoe om die kleure al om die rand te herhaal (soos ‘n patroon).
  • Maanhare kan ook met drukwerk gemaak word.  Druk ‘n bladsy vol geelbruin hande.  Sodra dit droog is, kan die outjies al om die buiterand knip.
  • Maak ‘n sebra en ‘n kameelperd deur ‘n handafdruk te maak en die besonderhede by te voeg met druk- of verfwerk.
  • As julle oor ‘n wildbewaarder praat, kan elkeen ‘n “selfportret”-gesig met ‘n safari-hoed maak.  Maak dan ‘n enorme Jeep en gee vir outjies byvoorbeeld groot blare of ‘n savanna-grasveld om te verf.  Maak dan ‘n muurtoneel met die hele klas op in die Jeep.
  • Versier die tafels (of leeshoekie) soos ‘n wildbewaarder se Jeep.
  • Soms gee dieretuine vir die diere ‘n yshappie.  Dalk kan die outjies self ysies deur ‘n stokkie te merk (skryf naam op) en geure te giet.
  • Koppe en sterte speletjie:  Sny alles uit en bedek met breë kleeflint of lamineer die prente.  Sny die diere dan middeldeur.  Die outjies moet dan die korrekte dele bymekaar pas.

2.  Polisie en Veiligheid:

  • Maak ‘n pet deur ‘n donkerblou bladsy in die helfte te vou en die helfte van die pet met ‘n swart veselpen te teken.  Die outjies leer dan van simmetrie as hulle hul geknipte patroon oop vou en ‘n pet sien!  Gebruik onverdunde, blou voedselkleursel om die papier te kleur (kinders kan die vorige dag verf).  Kies die polisie of verkeersdepartement se kentekens om voor op die pet te plak.
  • Vir oog-hand koördinasie, kan jy ‘n paar padletters uitsny (kies die korrekte Graad 1-skrif), sodat die outjies met motortjies daarop kan ry.

3.  Vervoer Industrie?

4.  Nooddienste en die dokter

  • Graad R:  Wys prente van nooddienste en speel die klank van die sirene saam. Dan kan jy dalk ‘n storie soek met nooddienste daarin. Speel later ‘n ouditiewe geheue speletjie. Gee vir elkeen ‘n keuse van nooddiensprente (dieselfde as jou voorbeelde). As jy die sirene speel, moet hulle die korrekte diens of prent herroep en wys. Dalk kan julle die noodnommers in verskillende ritmes sê om dit aan te leer.

5.  Beroepe in sport:

6.  Bak-en-brou:

  • Kyk na die werk van ‘n bakster/bakker op bak-en-brou dag.  Maak papierkoekies vir fantasiespel.
  • Maak chefkepse deur ‘n wit platieksak met ‘n papierstrook af te rond (meet die strook nommerpas vir elkeen en kram vas).
  • Bak dan broodjies (sien die idees in die Paasfeesstukkie).

beroepe inkleurprente

‘n Kindle boek oor beroepe.

Screen Shot 2015-08-19 at 18.12.34

Speel op die Tiny Tap toep/app (laai eers die toep af)

%d bloggers like this: