Taaldag vind jaarliks op die 14de Augustus plaas. Dit is ‘n dag waarop jy ekstra aandag aan Afrikaans – as taal – kan skenk. Besoek die Taalmuseum of Taalmonument aanlyn en kom meer oor die geskiedenis van Afrikaans te wete.
Taaldag Woordsoek
© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
Augustus 11, 2020
afrikaans Koop 'n Boek, taaldag Lewer kommentaar
Taaldag vind jaarliks op die 14de Augustus plaas. Dit is ‘n dag waarop jy ekstra aandag aan Afrikaans – as taal – kan skenk. Besoek die Taalmuseum of Taalmonument aanlyn en kom meer oor die geskiedenis van Afrikaans te wete.
Taaldag Woordsoek
Augustus 9, 2019
afrikaans afrikaans, boek, taaldag Lewer kommentaar
Op Taaldag, vier ons ook Koop-‘n-Boek dag. Weet jy wie Afrikaans eerste gepraat het en wanneer die eerste mense Afrikaans in skole gebesig het? Daar bestaan meer as een monument ter verering van Afrikaans, maar die bekendste is seker die Afrikaanse Taalmonument en -museum in die Paarl. Afrikaans word meer en meer gewild op die internet. Loer gerus ‘n bietjie.
As jy ‘n boek sou koop, watter een sou jy graag wou hê? Watter boek is jou gunsteling? Koop jy nuwe boeke of snuffel jy in tweedehandse winkels? Ruil jy boeke met ‘n maat uit of gaan jy graag biblioteek toe? Dink gerus aan ‘n boek wat jy op Taaldag wil koop en begroot daarvoor – al is dit ‘n elektroniese boek. Tik gerus ook soekterme soos “boek, lees, rympies…” by die soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.
Augustus 14, 2018
afrikaans taaldag Lewer kommentaar
Op 14 Augustus vier ons die ontstaan van Afrikaans (in 1875). Lees ‘n boek, skenk ‘n boek of koop ‘n Afrikaanse boek vir later.
Augustus 7, 2017
afrikaans taaldag 7 Kommentaar
Ons vier Afrikaanse Taaldag op die 14de Augustus om die ontstaan of erkenning daarvan in 1875 te vier. Probeer om vandag suiwer Afrikaans te praat. Is daar woorde waarmee jy worstel? Skryf dit neer en wend ‘n poging aan om dit sinvol te gebruik.
Augustus 3, 2016
afrikaans boek, koop, taaldag 2 Kommentaar
Merk die 14de Augustus op jou kalender, want op hiérdie dag vier ons Afrikaans as taal en koop ons Afrikaanse boeke (lees-, werk-, e-, handboeke, ens.; oud en nuut). Dit is ‘n Sondag. ‘n Mens kan die dag van die Vrydag tot die Maandag rek.
Plaas nota’s op die kennisgewingsbord om die outjies te motiveer om verskillende boeke te lees en aan te beveel. Maak ‘n afskrif van die boek se omslag en plaas dit daarby, plak die nota met maskeerband in die boek vas of plak dit op die klasdeur sodat ander kinders ook kan lees.
Watter boek het die outjies die meeste geniet? Kan julle nog iets deur dieselfde skrywer opspoor? Lekker lees!
Augustus 5, 2010
afrikaans afrikaans, boeke, Boekedag, lees, onderrig, onderrigmedium, onderrigtaal, taal, taaldag 6 Kommentaar
Die 14de is Koop-‘n-boek-dag. Doen asseblief iets om ‘n liefde vir lees en vir tale aan te moedig.
Woorde