Die 14de is Koop-‘n-boek-dag.  Doen asseblief iets om ‘n liefde vir lees en vir tale aan te moedig.

Screen Shot 2015-07-29 at 9.22.35

  • Hou ‘n leesuur.  Laat almal toe om ‘n kussing of kombers te bring en lees die kleingoed se gunstelingboeke voor…of
  • kry iemand uit die gemeenskap om die boeke te lees.
  • Laat die kleingoed kreatiewe stories skryf en bind dit in groot boeke.  Maak ‘n paar afskrifte, versier met kleurvolle kinderkuns en skenk dit aan gemeenskapsentrums (wagkamers, ouetehuise…).  Tydskrifte is mos tog te vervelig! 😉
  • Laat die kleingoed ekstra oulike stories skryf, versier die blaaie en plak dit in die gang op sodat ander maats dit in die verbygang kan lees.
  • Vra die opvoeders om stories te skryf en bind dit in ‘n klein boekie (‘n A4-vel voor en agter , wat in ‘n A5-grootte gevou word is voldoende).
  • Vra die Intersen personeel om vir die kleintjies te lees en die Grondslagfasepersoneel om vir die ouer kinders te lees.  Die groottes verlang mos na die juffrouens en die kleintjies sal “groot” en “belangrik” voel as meneer so-en-so vir hulle kom lees.
  • Kies ‘n tema per klas, skryf kreatiewe stories daaroor, versier die klas volgens die tema en trek daarvolgens aan.  Kies een storie per klas om vir die ander klasse voor te lees.  Volg dan die Vrydag, die 13de, ‘n leesprogram waar die klasse vir mekaar lees – binne die graad of fase.  Die “gehoor” luister na ‘n leser terwyl die hele klasse op die verhoog is vir ondersteuning.
  • Hou ‘n muntlegging vir nuwe biblioteekboeke…of
  • verkoop Milo by die leesuur.
  • Besoek ‘n literêre instelling soos die Taalmuseum.
  • Kry ‘n spreker soos ‘n skrywer van kinderboeke om te gesels oor die lekkerte van lees.