Merk die 14de Augustus op jou kalender, want op hiérdie dag vier ons Afrikaans as taal en koop ons Afrikaanse boeke (lees-, werk-, e-, handboeke, ens.; oud en nuut). Dit is ‘n Sondag. ‘n Mens kan die dag van die Vrydag tot die Maandag rek.
- Kinderboeke
- Reekse
- Diereboeke
- Die Uile
- Sprokies
- Jeuglandreeks
- Leesreekse
- Leeslyste
- Aanlynwinkel: Loot, Amazon
Plaas nota’s op die kennisgewingsbord om die outjies te motiveer om verskillende boeke te lees en aan te beveel. Maak ‘n afskrif van die boek se omslag en plaas dit daarby, plak die nota met maskeerband in die boek vas of plak dit op die klasdeur sodat ander kinders ook kan lees.
Watter boek het die outjies die meeste geniet? Kan julle nog iets deur dieselfde skrywer opspoor? Lekker lees!
Aug 03, 2016 @ 09:30:42
Goeie more wil hoor waar is die boeke te koop? Is daar n manier dat ek boeke kan koop en deur pos stuur? Groete Chantelle
Sent from my Sony Xperia™ smartphone
LikeLike
Aug 03, 2016 @ 14:00:57
Middag, Chantelle 😉
Lizmarboeke behoort vir jou meer inligting te hê oor die ouer boeke. Klik gerus op die skakels. Amazon en Loot verkoop storieboeke aanlyn en my werkboeke/werksvelle is hier beskikbaar 😉
LikeLike