Op Taaldag, vier ons ook Koop-‘n-Boek dag. Weet jy wie Afrikaans eerste gepraat het en wanneer die eerste mense Afrikaans in skole gebesig het? Daar bestaan meer as een monument ter verering van Afrikaans, maar die bekendste is seker die Afrikaanse Taalmonument en -museum in die Paarl. Afrikaans word meer en meer gewild op die internet. Loer gerus ‘n bietjie.
As jy ‘n boek sou koop, watter een sou jy graag wou hê? Watter boek is jou gunsteling? Koop jy nuwe boeke of snuffel jy in tweedehandse winkels? Ruil jy boeke met ‘n maat uit of gaan jy graag biblioteek toe? Dink gerus aan ‘n boek wat jy op Taaldag wil koop en begroot daarvoor – al is dit ‘n elektroniese boek. Tik gerus ook soekterme soos “boek, lees, rympies…” by die soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.
Laat 'n boodskap