Die Onderwysdepartement het verskeie Grootboeke en Leesboeke in Afrikaans en Engels – 11 tale in totaal – op hul webblad geplaas. Loer gerus hier na spesifieke voorbeelde. Die dokumente is baie groot. Laai die boeke (dalk verkieslik in ‘n WiFi-area) af om herhaaldelik te lees en om data te spaar.
Graad R: Voorleesles: Gouelokkies (storie), Die drie bokke (storie), Ali en die verf, Bosbok se besoeker, Spot gaan winkel toe (storie), Babavoëltjie vind sy mamma, Die groen rok (storie), Skilpad en sy dop (storie),
Virtuele Biblioteek (3 Vlakke)
Graad 1 Leesboeke: Die Dieresportdag, Petrus Padda gaan skool toe, Ek kan lees… Graad 1 Grootboek met Kort Stories
Graad 2 Leesboeke: Dis ‘n Hondelewe
Graad 3 Leesboeke: Pret in die Kombuis
******
‘n Veeltalige Suid-Afrikaanse boek met video.
Nog voorbeelde (sien die Huistaal hofie vir Grade 1 – 3)
Ander boeke:
Apr 02, 2020 @ 17:10:22
geen van die stories wil oop maak nie
LikeLike
Apr 02, 2020 @ 17:22:03
Die onderwysdepartement se webblad is waarskynlik oorlaai. Probeer ‘n bietjie later weer.
Lees intussen hierdie gratis stories (…en kies bv. Afrikaans/Engels…).
LikeLike
Apr 23, 2020 @ 12:03:21
Het julle dalk enige Afrikaans Additionele taal boeke vir Graad 2 om te lees?
Ek sukkel om Afrikaans FAL boeke en werkvelle in die hande te kry 😦
LikeLike
Apr 23, 2020 @ 16:41:59
Hallo, Lindi 😉
Ek sou die Graad R of 1 boeke voorstel. Snapplify het baie leesboekies beskikbaar en op Nal’ibali se stories het stem-opnames in Afrikaans, maar gaan moeilik wees om te lees. Afrikaans is tans baie skaars, maar as jy ‘n graadvlak laer (bv. Afrikaans Huistaal Graad 1-boeke) probeer, kan dit help.
Loer gerus ook na die moontlikheid om rympies of lirieke te lees.
LikeLike
Apr 23, 2020 @ 19:07:31
My seun is gr1
LikeLike
Apr 23, 2020 @ 19:43:59
Hallo, Amanda 😉
Loer gerus na die storieskakels in die skrywe en ook na die skakels onder-aan.
Aan die regterkant van My Klaskamer, is ‘n inhoudsopgawe. Klik gerus daar op die skakels onder Perseptuele Ontwikkeling en Skrif (nie lopende skrif nie). Kyk na die eerste ses skakels onder Klanke – asook punt 8 en 9. Daar is verskeie skakels vir rympies, liedjies, stories en heelwat Wiskunde konsepte laer af.
Onder die opskrif/skakel “Drukbare Bladsye” (bo-aan My Klaskamer), is nog werksvelle en idees gelys.
Dit is meestal Gratis werk.
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Mei 31, 2020 @ 16:27:26
Is daar ń plek waar al die Oxford storie boeke op een plek beskikbaar is vir als saam download?
LikeLike
Mei 31, 2020 @ 16:41:56
Hallo, Silen 🙂
Punt 5 in hierdie skrywe neem jou na die Oxford-boeke. Skep ‘n profiel en gaan na ‘browse the library’ om deur die reekse te snuffel. Daar is ook Oxford Reading Tree inligting op seker Android en iPad apps/toeps.
LikeLike
Jul 21, 2020 @ 11:45:41
Opsoek Na afrikaans stories wat by Lewensvaardigheid temas vir graad 3 pas asb
LikeLike
Jul 21, 2020 @ 13:56:01
Hallo, Ursula 😉
Loer gerus tussen die bogenoemde boeke, ook na hierdie kinderstories, e-boeke en leeslyste. Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Feb 15, 2021 @ 16:24:00
Juffer, watter toep sal jy voorstel om Afrikaanse E-boeke in PDF formaat, in Luisterboeke te verander? Ek het nou al alles probeer.
LikeLike
Feb 15, 2021 @ 17:46:35
Hallo, Elton 🙂 Ek soek nog self na ‘n goeie opsie 🙂 Ek het dit nog nie met Afrikaanse boeke probeer nie, maar gebruik die “Chrome Extension Tool” Immersive Reader (gratis) om voorlesing van dokumente en webblaaie te doen. Jy laai basies Immersive Reader af, selekteer die teks, regs-klik en kies “Help me read this”. Ek het my instellings na Afrikaans gestel en die stem lees dit met ‘n Nederlandse aksent. Tans, werk dit redelik effektief.
My Microsoft Word-program, kan voorlesing doen, maar ek sukkel om ‘n goeie vertalende stem/voorleser te vind. Daar is heelwat e-boeke beskikbaar (met ‘n stemopname). Loer gerus hier.
Verskillende moontlikhede en opnames is hier beskikbaar. Loer ook na die luisterteks hier.
Ek hoop dit kan ‘n bietjie help.
LikeLike
Mei 10, 2021 @ 12:01:00
Goeie dag
My kind is in gr 2 en hulle lees klaas kat. Daar mis n paar bladsye. Waar kan ek die boek aflaai?
Dankie
Marie
LikeLike
Mei 10, 2021 @ 13:35:21
Hallo, Marie 🙂
Ek sou vir die juffrou gevra het vir ‘n ander boek. Die boek is op webwinkels soos Loot beskikbaar, maar ek het nog nie ‘n elektroniese weergawe gekry nie. Ek hoop dit kan help.
https://www.balakudu.com/klaas-kat-loop-weg-leesjaar-2-afrikaans-eerste-taal-9780798633390, https://elexacademicbookstore.co.za/products/lekkerlees-gr-2-klasleesboek-1-klaas-kat-loop-weg-nas-kur, https://www.loot.co.za//product/mart-meij-klaas-kat-loop-weg-leesjaar-2/gflv-181-g550?referrer=remediering@hotmail.com
LikeLike
Aug 04, 2022 @ 08:52:01
Het jy leesboeke vir graad 2 en 3 Afrikaans EAT?
LikeLike
Aug 04, 2022 @ 12:32:10
Hallo, Tersia 🙂
Buiten die boeke in die bogenoemde skakels, kan jy ook hier loer:
https://myklaskamer.com/2015/02/25/e-boeke/,
https://myklaskamer.com/2008/09/24/kinderstories-op-die-internet/,
https://myklaskamer.com/2012/04/25/rympies/
Ek hoop dit kan help 🙂
LikeLike
Aug 04, 2022 @ 16:15:38
Baie dankie
On Thu, 4 Aug 2022, 15:32 © My Klaskamer – idees en gedagtes uit ‘n juffrou se pen, comment-reply@wordpress.com wrote:
LikeLike
Aug 04, 2022 @ 21:01:28
Dis ‘n plesier 🙂 Loer gerus weer in
LikeLike
Feb 17, 2023 @ 12:37:37
Hallo ons is op soek na die Biebie en Vlooi leesboeke vlak 1 2 en 3 vir graad 1. Kan jy my moontlik sê waar ons dit kan aankoop.
LikeLike
Feb 17, 2023 @ 14:04:26
Hallo, Ansie 🙂
Dit is op Loot beskikbaar (Oxford Storieboom). Loer gerus hier: https://myklaskamer.com/2015/02/01/leesreekse/ en https://www.loot.co.za/search?cat=cdq&terms=oxford%20storieboom.
Ek hoop dit kan help 🙂
LikeLike
Mei 21, 2023 @ 00:23:17
Hallo ek Wil graag uitgevind het of Jul nog die Afrikaanse blokraai woordeboeke verkoop. Soos die DIE NUWE MOEG-GESOEK BLOKRAAIGIDS en die PANSERGROUW- SUPERBLOKRAAIWOORDEBOEK. Asb.
LikeLike
Mei 21, 2023 @ 00:37:23
Hallo, Josephine 🙂
Ek verkoop ongelukkig nie boeke nie. Dit lyk asof Loot die boeke verkoop. Ek hoop dit kan help 🙂
(https://www.loot.co.za/product/louisa-pansegrouw-pansegrouw-superblokraaiwoordeboek/pntn-1679-g660?referrer=0f63ee15ccd4a8fad4fad6aecf989ea1d en
https://www.loot.co.za/product/pharos-die-nuwe-moeg-gesoek-blokraaigids/dggx-1158-g620?referrer=0f63ee15ccd4a8fad4fad6aecf989ea1d)
LikeLike