Iemand het onlangs na items in ‘n spikkelskrif gesoek. Hierdie is die werksvelle wat die robotkaarttipe skrif bevat. Dit is nie ‘n font nie.
Indien jy rekenaarskrif benodig, loer gerus hier: font
© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
Desember 12, 2017
flitskaarte, Graad 1, Graad 2, Graad R, hulpmiddels, klaskamer, skrif alfabet, letters, robotkaart, robotskrif, spikkelskrif 4 Kommentaar
Iemand het onlangs na items in ‘n spikkelskrif gesoek. Hierdie is die werksvelle wat die robotkaarttipe skrif bevat. Dit is nie ‘n font nie.
Februarie 23, 2016
flitskaarte, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad R, huiswerk, hulpmiddels, klaskamer, lees, school, skool, wiskunde alfabet, dekor, engels, flitskaarte, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad R, hulpmiddels, kalender, koop, plakkaat, taakkaarte, teacha, tema, weerkaart, werkboekies, werkkaarte, werksvelle, winkel 8 Kommentaar
Koekeloer, kies, klik, koop en druk uit. Ek het vele navrae ontvang. Laat weet gerus indien daar nog onsekerheid is 😉 Kyk na die naam onderaan die produk en tik dit op Teacha se soekspasie in.
Februarie 9, 2013
afrikaans, flitskaarte, Graad 1, Graad 2, Graad 3 aai, drieklank, dubbelklank, eeu, ei, eu, flits, flitskaart, Graad 1, Graad 2, Graad 3, ie, klanke, oei, ooi, ou, spellyste, tweeklank, ui, woorde, woordfamilies, woordmuur 18 Kommentaar
Flitskaarte om verskeie klanke mee vas te lê… Hersien die klanke groepie-vir-groepie.
Dubbelklanke
Tweeklanke
Drieklanke
Geïllustreerde flitskaarte in rymvorm (gebruik as spellyste of verwysingsbron) is in die Enorme Mengelmoeskardoes Pakket ingesluit. Die outjies kan woorde natrek, flits en pas. Loer ook na die Woordeskatboekies.
Loer ook na die drukbare bladsye vir nog idees.
Maart 9, 2010
afrikaans, flitskaarte, Graad 1, Graad 2, Graad 3, huiswerk, kinders, klaskamer, lees, mamma, onderwys, ouers, pappa drieklanke, dubbelklanke, enkelklanke, huiswerk, intervensie, klanke, letters, muurkaart, tweeklanke, vaslegging 32 Kommentaar
[Dubbel-, twee- en drieklank muurkaarte]
Hier is ‘n paar idees om tydens klankvaslegging te gebruik. Doen dit alles in ‘n werkboek of op los blaaie. Beloon goeie werk en spog ‘n bietjie by die ander gesinslede.
Hersien ‘n bietjie die klanke wat reeds behandel is: ‘n Mens sal ‘n kombinasie van dinge moet gebruik. Neem die klanke wat reeds behandel is stuk-vir-stuk. Wys dit. Wat is die klankie? Sê dit sommer saam met hom, bv. “s”. Watter prentjies op die storie se prent begin met “s”? Slang, son, sand, seuntjie…Skryf die woorde vir hom neer en teken rowwe tekeninge by om die geheue te verfris. Hy kan dan ‘n sin gee. Help hom om die moeilike woorde te skryf deur dit neer te skryf en laat hom ‘n prent by teken. As julle lus het, kan ‘n mens ‘n groot s skryf op papier (sien die drukbare bladsye se “robot- en muurkaarte”). Laat hom die s met gom “skryf”. Strooi dan iets wat met die klank begin bo-oor (bv. sout, suiker, sand). As dit droog is, kan hy daaroor voel. So kan ‘n mens verskillende prente in ‘n boek maak of bind, teen die muur plak of in ‘n lêer hou.
Desember 14, 2009
afrikaans, flitskaarte, huiswerk, inkleur + aktiwiteite, kind, kinders, lees, leesvlotheid flitskaart, fonemiese bewustheid, hoë frekwensie woorde, klanke, komponente van lees, lees, leesbegrip, sigwoorde, vlotheid 1 Kommentaar
Soos wiskunde, het lees ook verskeie aspekte of boublokke om die leser se vaardighede te versterk. Dit sluit fonemiese bewustheid, leesbegrip, klanke, vlotheid en woordeskat ontwikkeling in.
Fonemiese bewustheid dek die begrip dat ‘n woord uit verskillende dele bestaan. Ek hoor die begin-, middel- en eindklanke…Ek kan ‘n woord verskaf wat rym met…
Klanke is die dele waaruit woorde gebou word: klinkers / vokale, medeklinkers, klanksamevloeiings (br-, -ng, sw-…), dubbelklanke (aa, ee, oo, uu), tweeklanke (ui, oe, eu…) en drieklanke (aai, eeu…). As die leser nie sy klanke ken nie, kan hy nie die woord ontsluit (lees of spel) nie. Dus is ‘n goeie kennis van klanke belangrik.
Vlotheid het te make met die vloeiendheid van lees. Dit steun nogal sterk op die leser se vermoë om dele van woorde en hele woorde met die eerste blik of oogopslag te herken. ‘n Groot hoeveelheid woorde val onder die konsep sigwoorde of hoë frekwensie sigwoorde. Hoe vinniger en hoe meer akkuraat hierdie woorde gelees word, hoe meer vloeiend lees die kind. Vlotheid neem egter hande met sigwoorde én leestekens. Die kennis van leestekens en hul gebruike, maak die leesproses ‘n outomatiese proses. Dink maar net aan jou bestuursvernuf. Jy weet hoe om verkeerstekens en padaanwysings te gebruik sonder om twee maal te dink.
Woordeskat ontwikkeling is ‘n lekker en spesiale oefening wat deurgaans kan plaasvind en sonder veel “stres”.
Gebruik die vakansie om spelenderwys en op ‘n ontspanne manier aandag aan die konsepte van lees te skenk en lees, lees, lees 😆 Koop ‘n boek of ruil uit met ‘n vriendin.
Time4learning is ‘n Amerikaanse webwerf wat ook hier en daar verklarings oor leesontwikkeling oulik voorstel. Gaan loer gerus…
Woorde