Loer gerus na die hofies “Produkte” of “Drukbare Bladsye” hier bo vir verskeie idees of tik soekterme soos ‘Klaskamerdekor, pasella, boek oortrek…” by die bruin soekblokkie regs, bo-aan My Klaskamer in vir heelwat idees uit vorigejare.
Tik soekterme (in geen spesifieke volgorde) soos die volgende by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, loer na die “Drukbare Bladsye” of na die skakels wat aan die regterkant gelys is.
hulpmiddels
muurkaart
naamkaart
eerste dag
ken mekaar
boek oortrek
klanke
abc uitspraak
alfabet
sigwoord
dubbelklank
tweeklank
drieklank
klanksamevloeiings
hersien
meervoud
verkleinwoord
leestekens
flits
oefen self
e klink soos i (be-, ge-, ver-…)
f en v
omkering
b en d
woordeinde (-d/-t)
woordsoort
paragrawe
tydsvorm
lees
komponente
rym
rympies
stories
leesreeks
biblioteek
boeke dag
boeke nag
fondsinsameling
liedjies
e-boek
toeps
apps
inklusiewe onderwys
wiskunde huiswerk
woordsom
geld
breuke
voor en na
meer en minder
Hoe laat is dit? (tyd)
vorms
patroon
patrone
handspier
skrif
skryf
lopende skrif
abc skryf
knip
skryf stadig
potloodgreep
ogies
oog
oogsorg
VMI
visuele
ouditiewe
taal ontwikkeling
woordeskat
Graad R
skoolgereed
Graad 1
voorskool
posisie
middellynkruising
links en regs
spiertonus
tuis idees
tuis oefen
speel-speel
Engels
vraestel
studietegniek
JNA / ANA
CAPS
Daar is heelwat tema’s* en ander idees ook beskikbaar. Vra gerus 😉
*Bv. Suid-Afrika, wildtuin, troeteldier, plaasdier, beroepe, dokter, lente, somer, herfs, winter, weer, liggaam, skelet, higiëne, gesonde mond, die see, grond, herwin, water, groen, insekte…Kersfees, Paasfees…
2017 is in sig. Druk solank vir jou ‘n kalender vir jou nuwe skooljaar uit.
2017 A4-Kalender met spesiale dae:Afrikaans, Engels (sluit twee in – soos in die voorbeeld hier onder; asook verjaarsdagkalenders – ‘n bladsy per maand)
Die jaar begin stadig maar seker stoom af blaas. Loer gerus na inskrywings oor rapporte, die versiering van rapportkoeverte, die moontlikheid van herhaling en Kersfees. Tik gerus soekterme soos “Kersfees, Bybel, somer, die see, klanke, hersien, wiskunde huiswerk, vraestelle, JNA, studiemetodes, eksamen, CAPS” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in en loer gerus ook na die onderskeie skakels wat aan die regterkant gelys is.
Koekeloer, kies, klik, koop en druk uit. Ek het vele navrae ontvang. Laat weet gerus indien daar nog onsekerheid is 😉 Kyk na die naam onderaan die produk en tik dit op Teacha se soekspasie in.
Ek het reeds ‘n paar inskrywings oor die seisoene gemaak, maar nog nie oor die weer nie. Hiermee dan ‘n paar idees vir weerkaarte.
Die meeste Grondslagfaseklasse het ‘n kalender- en weerbord iewers waar die dag, datum en weerstoestande aangedui word. ‘n Weerkaart is iets wat nie slegs by die skool gevolg word nie. Jy kan dit ook by die huis volg. Dit help ons almal om na die weerstoestande te kyk en om die regte klere vir die dag te kies. ‘n Bewustheid van die weer en die verandering daarvan, skep ook ‘n bewustheid vir seisoene en tydsverandering…
Druk ‘n kalender uit en afhangende van die outjies se ouderdom, kan hulle beskrywende naamwoorde (sonnig, bewolk, reën, wind…) inskryf of die prente teken.
As die outjies nog klein is sal ek nie te veel prente of beskrywings betrek nie. Kies slegs ‘n paar prentjies om te gebruik.
Om die keuses makliker te maak, kan jy die verskillende weerstoestande met prente en bewoording eenkant op plak. Die outjie besluit dan op die mees geskikte beskrywing om te kopieer.
Vir klasse met ‘n rekenaar en groot (witbord) skerm: As jy self mooi foto’s kan neem, kan jy die kinders met die dag se lugruim in die agtergrond afneem. Digitale foto’s laai maklik af en dus sal jy elke dag se weerstoestand kan “noteer” in dagboekvorm. Aan die einde van die week of maand kan julle deur die foto’s kyk om die veranderinge te bestudeer.
Vir ouer outjies (Graad 2 en ouer) sal ek ‘n eenvoudige boekie saamstel waarin hulle elke dag ‘n beskrywende sin of twee kan skryf. Bv. Dit is vandag koud en winderig. Dit is sonnig en warm. Die wind waai sterk en dit kan dalk later reën. Dit kan dalk aanvullend tot die daaglikse of weeklikse “nuus” wees. As jy ‘n tipe dagboek het vir die nuuswaardighede, kan jy ‘n aanvullende weerblad invoeg. (weer) (maande met prente: kalender)
As julle die weersvoorspelling vir die streek benodig, kan julle na foreca gaan. Tik jou naaste stad of dorp se naam in en dit behoort vir jou ‘n oulike uiteensetting te gee. iWeather bied ‘n oulike uitleg en het selfs beeldmateriaal by sommige weerstasies.
Watter ander idees is daar om die weerstoestande te noteer? Stuur gerus nog inligting…
Tik soekterme soos die onderskeie seisoene se name, asook “kalender” en “Hoe laat is dit?” (dae) by die soekblokkie in of gaan na drukbare bladsye vir aanvullende bladsye (bv. dae van die week).
SENTEACHER het ‘n maklike programmetjie waarmee jy raampies, bewoording, ensovoorts kan kies vir jou spesifieke behoeftes. Dit is maklik om te gebruik en lyk netjies.
Sparklebox is ‘n Britse webwerf propvol oulike hulpmiddels. Daar is dikwels Afrikaanse hulpmiddels (loer vir die SA-vlaggie).
Kelly gee vir jou oulike idees, maar van die dokumente is ‘n bietjie groot om af te laai.
Lindsay het oulike idees en basisse (templates) vir busse en appels – indien jy die plekaanwyserkaartjies daarmee wou versier het.
K-3 het ‘n bladsy met aflaaibare, gratis takies en dinge.
Vir die weerkaart, kan jy hierna kyk. Druk die prentjies, lamineer en knip dit uit. Tik gerus “kalender” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in om vanjaar se gratis kalender af te laai of loer hier na nog weer idees.
‘n Mens kan gerus gereeld by Teacher’s Love inloer vir blink idees.
By Valley View Market kan jy ‘n basis vir ‘n kalender kry en dan self die bewoording en detail aanbring vir elke maand. In die klaskamer kan jy dan elke leerder se verjaarsdag aanbring en prentjies van die seisoen of maand in die opskrif byvoeg. VVM het nog verskeie ander basisse van houertjies en dies meer.
Juffrou Mandy het ‘n oulike en helder kalender. Die kaartjies word met skuifspelde vas gesteek, maar as jy die syfers met klitsgras (velcro) vas sit behoort dit seker minder skade op te doen. Die basiese maandblok is dit altyd teen die bord vas, maar die dae skuif om by die maand aan te pas.
Siende dat die kalender vir die klaskamer is, kan ‘n mens seker die blokke teen die muur verf en met bordkryt daarop skryf! Hoekom nie?…of wat van jou eie ontwerpie – wat die kinders help inkleur?
Ek hou van hierdie beloningskaarte. Dis helder en kindervriendelik. Druk dit in kleur, plak dit op ‘n helder rooi papier en siedaar!
Teach This is regtig vol oulike idees en ‘n loer werd.
Kaartjies – druk in meervoud en ken ‘n stelletjie aan elke kind toe. Jannie kry dus ‘n beertjie by sy tas (langs sy naam), sy waslap, bank, ens.
Iemand het onlangs vertel dat hulle met Sharpie Verfpenne op die tafels skryf en dit dan verwyder deur met witbordveselpenne daaroor te teken/skryf. Het jy dit al probeer?
Tik gerus soekterme soos “eerste dag, hulpmiddels, weer, Teacha” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir velerlei drukbare hulpmiddels of vra gerus. Ek help graag 😉
Woorde