Februarie 9, 2013
Juffer
afrikaans, flitskaarte, Graad 1, Graad 2, Graad 3
aai, drieklank, dubbelklank, eeu, ei, eu, flits, flitskaart, Graad 1, Graad 2, Graad 3, ie, klanke, oei, ooi, ou, spellyste, tweeklank, ui, woorde, woordfamilies, woordmuur

Flitskaarte om verskeie klanke mee vas te lê… Hersien die klanke groepie-vir-groepie.
Dubbelklanke
uu flits
oo flits
ee flits
aa flits
Tweeklanke
ie flits
ou flits
ei flits
oe flits
ui flits
eu flits
Drieklanke
eeu flits
aai flits
oei flits
ooi flits
Spikkelskrif woorde
- Druk die flitskaarte in hierdie groottes uit of plaas 2 velle op ‘n A4-bladsy. Beskerm dit met breë, deursigtige kleeflint of lamineer.
- Gebruik die klanke se muurkaarte as hofie en plak die flitskaarte daaronder. As dit in ‘n lêer (flip file) geplaas word, kan dit as ‘n tipe woordlêer of woordeboek dien.
- As daar genoeg muurspasie is, kan die bogenoemde teen die muur geplak word.
- As jy twee stelle druk, kan die een heel bly sodat die kleingoed die los flitskaarte bo-op of by hul maats kan pas.
- Knip twee stelle uit om speletjies soos “snap” of ‘n “geheuespel” te speel.
- Plaas ‘n stelletjie flitskaarte onderstebo langs ‘n hopie sigwoorde. Trek een van elk en maak ‘n sin daarmee.
- Plaas ‘n vel in ‘n lêersakkie sodat die outjie dit met ‘n witbord veselpen kan natrek.
- Plaas ‘n skoon vel papier bo-op die woorde, sodat dit deurskyn. Nou kan dit ook na getrek word.
Geïllustreerde flitskaarte in rymvorm (gebruik as spellyste of verwysingsbron) is in die Enorme Mengelmoeskardoes Pakket ingesluit. Die outjies kan woorde natrek, flits en pas. Loer ook na die Woordeskatboekies.
Loer ook na die drukbare bladsye vir nog idees.
Engelse flitskaarte.
Wiskunde Woordeskat
Like this:
Like Loading...
Julie 5, 2011
Juffer
afrikaans
aa, aai, drieklank, dubbelklank, ee, eeu, ei, eu, FAL, Graad 1, Graad 2, Graad 3, ie, intervensie, klanke, oë, oei, oo, ooi, ou, tweeklank, ui, uu, vakansie

Môre! Vir dié wat graag die dubbel-, twee- en drieklanke wil vaslê of ‘n muurkaart wil maak het ek so ‘n paar voorbeelde geplaas…(loer onder drukbare bladsye)
- Knip elke blok apart uit en plaas dit op ‘n A4-karton sodat julle nog woorde met die klanke daarin kan byvoeg…Steek dit teen ‘n kennisgewingbord vas of liaseer dit in ‘n lêer of selfs ‘n ou skoolboek.
Gebruik die woorde in beskrywende sinne of om dit selfs lekkerder te maak, kan julle ‘n dobbelsteen gooi en daardie aantal woorde aftel om ‘n woord vir die sin te kies. Die dobbelsteen werk goed vir outjies wat regtig nie van sinne hou nie.
- ‘n Ander opsie is om deur ou tydskrifte te blaai en om woorde met hierdie klanke uit te sny. Kies woorde uit opskrifte om op die onderskeie blaaie te plak (natuurlik kan die kleingoed die knip en plak werk doen as jy die bladsy uit geskeur het).
- Kies ‘n woord (bv. met behulp van die dobbelsteen) en kyk hoeveel rymwoorde julle kan vind. Kan julle jul eie rympies vir elke klank maak?
- Druk die dokument genaamd “Tweeklanke woordsoeke” wat ek tydens die Sokker Wêreldbeker opgestel het uit. Gebruik verskillende kleure om die onderskeie woorde te kry.
- Kyk ook na die legkaarte onder “drukbare bladsye” en die verskillende idees of aktiwiteite om volgens kalenderdae te doen.
Lekker speel en lekker leer 😉
Like this:
Like Loading...
Woorde