Kinderwerf is ‘n webwerf wat fokus op taalontwikkeling by kleingoed en is reeds welbekend vir hul oulike pakkette om klanke en lees bekend te stel. Die program verskaf elke maand ‘n pakket aan hul lede – wat opvoedkundige aspekte aanspreek. Kinderwerf het nou ook ‘n Engelse program ontwikkel om lewensvaardigheidslesse aan te vul en om die aanleer van phonics te ondersteun. Die programme is ideaal om die aanleer van ‘n huistaal én ‘n tweede taal te ondersteun. Gaan loer gerus by die Clever Kids Club in vir verdere inligting.
kinderwerf
April 14, 2011
afrikaans afrikaans, Ander, engels, huistaal, kinderwerf, taalontwikkeling, tweede taal 10 Kommentaar
Apr 14, 2011 @ 21:48:52
Hi Juffer
Baie dankie vir die laat weet – ek behoort alreeds aan hulle en ek moet sê hulle is baie oulike. Ek is ook ‘n intekenaar op die tydskrif Bazoo wat net so oulik is.
Goed gaan daar
Groete
AM
LikeLike
Apr 15, 2011 @ 17:34:12
😉
LikeLike
Apr 15, 2011 @ 01:13:02
Hallo,
Ek wil graag weet watter taal ek my kleuter eerste moet leer. Ons woon oorsee en praat Afrikaans in die huis. Die ouer kinders was 3 en 5 toe ons verhuis het en het gou engels deur skool geleer.
Leer ek eers die engelse alfabet vir lees en leer vir skooltoe gaan, dan later afrikaans as tweede taal?
Ek is onseker.
Dankie
LikeLike
Apr 15, 2011 @ 17:40:55
Hello, Elouise 😉
Die eerste sewe jaar is gewoonlik die belangrike tydperk om taalontwikkeling te doen. Die moedertaal dien gewoonlik later as ‘n verwysingsraamwerk om ander tale aan te leer. As jou kleintjie Engels as voertaal in die skool sal gebruik, sal dit wenslik wees om tuis Engels te praat om die skool se “huistaal” of “taal van onderrig” te versterk. As die outjie egter goeie Afrikaans en Engels afsonderlik kan besig, behoort die probleem nie so groot te wees nie. Werk dan eerder aan die Engelse klanke / phonics, maar leer later tog Afrikaans aan – vir wanneer julle terug kom na Suid-Afrika se skoolstelsel toe.
Goeie vriende moes destyds hul huistaal (oorsee) verander het na Engels, omdat die kleingoed taalverwarring ervaar het. Hulle is nou al groot kinders en het baie goed aan gepas. Baie sterkte 😉
LikeLike
Apr 19, 2011 @ 16:37:12
Kan u my as meer vertel van visieule sintese. My seuntjie is in graad een. Sodra hy ‘n woord moet skryf wil hy met die laaste klank wat hy hoor begin. Soms sal hy enige klank wat hy in die woord hoor neerskryf maar nooit die hele woord nie.
Die klank is egter nooit verkeerd nie, net in verkeerde volgorde.
Stuur asb inligting in die verband
Dankie
LZ
LikeLike
Apr 20, 2011 @ 18:51:58
Hallo, Lynn 😉 Visuele analise en sintese loop hand-aan-hand. Dit behels die vermoë om die woord te sien, te kan ontleed en saam te voeg tot ‘n betekenisvolle eenheid. Die outjie sien dus “kat”, verstaan wat die simbole beteken en kan die dele saamvoeg (sintese) om “kat” te lees en te verstaan.
Wat jy beskryf het klink vir my eerder na ‘n begrip vir wat jy hoor en die vermoë om wat ek hoor weer te gee. Gewoonlik gaan die visuele en ouditiewe persepsie baie nou saam tydens aanvangslees. Doen ‘n paar ouditiewe oefeninge gedurende die Paasvakansie en kyk of dit help. Indien die outjie egter steeds worstel, kan ‘n mens ‘n spraak- en taalterapeut kontak om na sy ouditiewe persepsie en aspekte soos ouditiewe volgorde-geheue en / of prosessering te kyk. Spraakterapie is ‘n gespesialiseerde veld en hulle sal vir julle kan help met raad, tuisprogramme en / of terapie. Baie sterkte 😉
LikeLike
Mar 03, 2012 @ 22:35:15
Love jou blad is besig by n kleuterskool
LikeLike
Mar 04, 2012 @ 08:43:09
Dankie, Chaleen 😉
LikeLike
Mar 07, 2012 @ 15:02:00
Eks mal oor jou blad. Altyd kreatiewe en bruikbare idees. Jy’s ‘n onnie in murg n been. Sterkte en baie dankie vir jou moeite.
Groete
LikeLike
Mar 07, 2012 @ 17:49:21
Dis ‘n plesier, Elsie, en baie dankie 😉
LikeLike