Op die 10de Augustus word daar op die bewaring van leeus gefokus. Versier jou klas, sing liedjies, lees stories en besoek dalk sentrums waar leeus bewaar word.

© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
Augustus 5, 2022
afrikaans leeu, wilde diere Lewer kommentaar
Op die 10de Augustus word daar op die bewaring van leeus gefokus. Versier jou klas, sing liedjies, lees stories en besoek dalk sentrums waar leeus bewaar word.
Desember 6, 2019
2020, afrikaans, klaskamer bye, dekor, emoji, feëtjie, gesiggie, haai, heroes, hulpmiddels, kabouter, klaskamer, leeu, lieweheersbesie, lugballon, lugvaart, oerwoud, panda, pikkewyn, plaas, see, sirkus, skaap, skeepstema, temas, uil, uiltjie, versier, vetplant, voëls, woud Lewer kommentaar
Vind hiermee ‘n paar goedjies waarmee jy jou klas kan optof. Vir werk en ander hulpmiddels, kan jy soekterme soos “klanke, lees, hersien, verwarring, flitskaart, sigwoord, lees, leesreeks, leeslys, stories, liedjies, rympies, wiskunde huiswerk, woordsom, meer en minder, voor en na, breuke…hulpmiddels, beplan…” by die soekblokkie aan die regterkant in tik. Loer ook na die “Drukbare Bladsye”- en “Produkte“-hofies.
Klaskamer Dekor: Temas: ‘n Verjaarsdagkalender, Vlaggies, Kalenderwoorde (dae, maande en 31 syfers) in flitskaartvorm…soms ‘n bietjie meer 😉
Januarie 13, 2010
afrikaans, klaskamer, onderwys, skool idees, leeu, les, wilde diere, wildtuin 10 Kommentaar
Lily het gevra vir ‘n paar gedagtes vir lesse oor die wildtuin. (Ek was nog self nie daar nie en sal die hulp en gedagtes van oudbesoekers waardeer.) Ek gee so ‘n paar gedagtes en skakels om die gedagtes aan te wakker.
Gebruik ou kinderliedjies / -rympies om lesse af te sluit of in te lei. Bv. As jy praat oor
Dit is dalk nie heeltemal “wildtuin”-musiek nie, maar ek dink die liedjie van Madagascar “I like to move it” kan gebruik word. (Dit word tog baie direk met die fliek oor wilde diere verbind.) Werk ‘n eenvoudige aksie uit en leer dit vir die kinders aan. As die liedjie speel moet almal geluidloos die aksie saam doen – om hul aandag te kry. Jy kan dit dalk ook gebruik om die kinders van die mat na die tafels te laat beweeg of om die vingers vir skriflesse op te warm. Dit is ‘n opgewekte en vrolike liedjie – en is tog beter as die alewige klokkies wat so dikwels skril lui.
Gepraat van skrif: Die apie-swaai patroon pas perfek!
Nog skakels na oulike werf-idees is: Lessonplanspage, Bekendstelling aan die Engelse name van diere (oulik), St.Aidens, Danielle, Diere geluide, luister na die wêreld se natuurgeluide…
Woorde