Anna het genoem dat sy ‘n kritles moet gee oor Karnivore. Hiermee dan so ‘n paar idees om dalk te gebruik.
Wat is ‘n Karnivoor? Dit is ‘n dier wat jag vir sy prooi, dit dood maak en dan eet. ‘n Mens kry karnivore wat mak is en ander wat wild is. Hulle het slagtande wat ideaal is vir hierdie jagproses. Daar is gewoonlik twee in die bo- en twee in die onderkaak. Anders as planteters (herbivore), het karnivore skerp tande om vleis mee te skeur en te eet. Kan jy die karnivore van die herbivore onderskei in hierdie prente?
Watter ander eienskappe sal ‘n karnivoor nodig hê om sy prooi te vang?
Hulle is dikwels goed gekamoefleer – met kolle, strepe of pelse wat spesifiek by hul omgewings pas. Waar woon die wilde karnivore? Hierdie unieke pelse help die diere om lank genoeg weg te kruip of hulself weg te steek, sodat hulle die prooi kan bekruip. Die karnivoor sal spesifieke bewegings hê om die prooi uit te oorlê – spring, sterk, besonderse vinnige atleet, sluip…’n Karnivoor het ook dikwels skerp kloue om die prooi mee te vang en vas te hou.
Ek sou graag wou hê dat so ‘n les ‘n opvoedkundige uitstappie moes volg of inlei, sodat die outjies met die ware jakob kan kennis maak. Kies een spesifieke karnivoor as voorbeeld en bou die les dan rondom die spesifieke dier. As jy byvoorbeeld toegang tot ‘n jagluiperd het en ‘n kuiertjie kan reël, sal die outjies die tande, die pels, kloue en atletiese bou kan aanskou. As jy dalk ‘n kort video kan maak van ‘n kuiertjie by so ‘n dier, kan jy dit dalk aan die klas wys. As jy regtig nie by ‘n wilde karnivoor kan uit kom nie, kan jy selfs makker outjies soos ‘n huiskat inroep en na die kleiner outjie kyk.
Bou dalk ‘n karnivoor uit pottebakkersklei of teken en verf die spesifieke dier as deel van ‘n kunsles. Hersien die terminologie verbonde aan die dier as deel van Natuurwetenskappe en Huistaal (pote, kloue, slagtande, welpie, leeuwyfie, leeumannetjie, pels). Kies ‘n paar karnivore, soek sketse van hul tande of kake en betrek dit by tel oefeninge en wiskunde somme (Watter karnivoor het die meeste / minste tande? Hoeveel tande het die __ meer as die __?).
Kyk ook na die skrywe oor wilde diere en die volgende oulike skrywes elders.
- Karnivoorprente – druk twee stelle uit om speletjies soos snap of ‘n geheuespel te spel.
- Swemmers
- Inkleurprente
- ‘n Oulike dieretuinstorie oor die eienskappe van karnivore…ideaal vir Engelse storietyd.
- Luister na diere
Aug 09, 2011 @ 07:49:41
Which part of the country has this zoo? Is it private?
LikeLike
Aug 16, 2012 @ 19:48:21
Hallo, Ramon 😉 I’m not working on my own computer right now, but believe these remind me of the Spier Outreach Prog. 😉
LikeLike
Aug 16, 2012 @ 19:48:50
Oops, a year late 😆
LikeLike