Met die oog op die Wêreldbeker en verwante sake, kan ‘n mens seker ‘n bietjie patrioties raak. Gebruik die laaste paar dae voor die vakansie om vlae te maak. Plak dit in die ruite op of stuur dit huis toe vir die motorruite.
Vlytige vingers: Skeur en plak die korrekte kleure (uit ou tydskrifte) om die vlag te versier…of laat die kleingoed in groepe werk om ander landsvlae ook te versier. Maak ‘n collage (in ‘n venster) wat sigbaar van die pad af is. Onthou dat die rooi gedeelte altyd bo is of as die vertikaal vlag hang, is die rooi deel aan die linkerkant.
- Kyk na Kaarte om te lamineer. Knip ‘n duplikaat uit en laat die outjies die kontinente op ‘n wêreldkaartpas of vir jonger outjies kan ‘n mens ‘n kaart van Suid-Afrika en dele van die oseane gee. Hulle pas dan die los stukke bo-op die volledige weergawe.
- Gee Kaarte om in te kleur of vul dit met skeur- en plakwerk. Gee ‘n topografiese kaart om “na te plak”. Die outjies gebruik skakerings van blou, geel, bruin en groen om dus die berge, plantegroei en see aan te dui. Dit kan nogal mooi lyk as die kaart uit geknip word en bo-op die agtergrond geplak word vir ‘n bietjie meer diepte of dimensie.
- Kleur die vlag in of verf die kleur in.
- Maak ‘n groot klasvlag. Trek die buitelyne op ‘n lap af en gee vir die outjies die verskillende kleure in lapverf om met die kwas of handafdrukke te versier.
Ander Suid-Afrikaanse embleme:
- Vlag en Protea (inkleur)
- Diere van Afrika (Engels, maar die prente is steeds oulik en bruikbaar. Knip uit en voeg jou eie Afrikaanse benaminge by.)
- …nog diere-idees (vir ander “diere” temas kan jy soekterme soos troeteldier, karnivore, wilde diere aan die regterkant in tik)
- Nasionale simbole en verklarings (Afrikaans).
- Werkboek
- Geskiedenis
- Inligtingstuk
- Kaart
- Die Volkslied (koor)
- Die volkslied
- This land is my land-liedjie (iTunes, Amazon)
- Dis ‘n land-liedjie (iTunes, Amazon)
- Waving flag
- Suid-Afrika (Engelse banier)
- Suid-Afrikaanse helde en ikone
- Drukbare drupmatjies en versnapperinghorinkies
- Engelse skyfievertoning
Jun 06, 2010 @ 08:26:07
Ek is ‘n kleuterskoolonderwyseres vir 2- tot 3-jariges en ons skool sluit eers 15/6. Die laaste 2 dae gaan ons bietjie konsentreer op die sokker.
Ons het ons skool se voorportaal al klaar versier met SA vlae en sokkerbal-papierborde wat ons teen die vensters opgeplak het.
Ek het 10 van die 32 lande se vlae van Images gedruk, ‘n paar sokkerbal-foto’s en foto’s van mense wat sokker speel. Ek gaan dit alles lamineer en maar oral opsit.
Dankie vir jou idees, en die Diere van Afrika – kan dit goed gebruik!
Ek geniet jou blog.
LikeLike
Jun 10, 2010 @ 08:15:17
Welkom, Anet 😉 Soek gerus ook vir die inskrywing oor WILDE DIERE vir nog so ‘n paar prente en idees.
LikeLike