Advertisements
Tuiste

Onderwysersdag

Lewer kommentaar


Wêreld Onderwysersdag word gewoonlik op die 5de Oktober gevier, maar aangesien ons nog vakansie hou, kan ‘n mens dit ook op die 10de Oktober vier.

Stuur gerus ‘n boodskap aan ‘n spesiale opvoeder   😉

onderwysersdagverskil5octteachersday

Advertisements

Depicta Hulpmiddels

2 Kommentaar


AD FOR AFFILIATES

Loer gerus na Depicta se hulpbronne en hulpmiddels (bv. flitskaarte, weerkaarte, boeke, plakkers).   Bekostigbaar en kindervriendelik.  Van die muurprente is tans teen R12 – R25 elk beskikbaar en jy kry afslag (beloningspunte) as jy aansluit.

Screen Shot 2015-11-23 at 20.34.08

Screen Shot 2015-04-20 at 6.12.06Screen Shot 2015-04-20 at 6.11.46 maal hoek A-OPP3_medium SA34_medium gril diere groet leesteken skrif woordsoort kombinasies wetenskap musiek antoniem zuluST-WA-A_Wiele_en_asse_medium WEL8-A_medium DIS-CP-A_Waterpokkies_mediumscreen-shot-2016-10-07-at-14-45-03screen-shot-2016-10-07-at-14-46-19screen-shot-2016-10-07-at-14-44-42

Depicta liggaamsdeledepictadepictaWeatherboard englishweerkaartkalenderafrikaans

Die prente is slegs voorbeelde van die muurprente wat beskikbaar is.  Loer gerus.  Sien ook “How to order” vir ‘n pryslys.

einde van die jaar

Lewer kommentaar


Screen Shot 2015-11-17 at 18.03.31

Iemand het onlangs gevra wat ‘n mens kan doen om die skooljaar af te sluit.

  • Gebruik die onderstaande boodskappe voor-op ‘n kaartjie of op vlaggies.
  • Druk vlaggies en hang dit op.
  • Maak soutklei en laat die klas sirkels met plastiese glasies uitdruk.  Druk ‘n duimafdruk in ink en dan op die klei (of sonder ink), skryf die outjie se naam en die datum by en pons ‘n gat vir die toutjie. Ryg ‘n stelletjie aan ‘n toutjie vir die klas se kroonlysie en maak duplikate wat die outjies aan hul kersbome kan hang.  Skryf ‘n boodskap op elke versiering se keersy om dit ekstra spesiaal te maak.
  • Druk ‘n klasfoto (of rol een af) op ‘n A4-grootte en laat elkeen sy/haar naam agter-op skryf voordat jy dit vir elkeen in die klas afrol (swart/wit of kleur).
  • Indien julle foto’s gedurende die jaar geneem het, maak ‘n collage van verskillende foto’s en heg ‘n verjaarsdagkalender onderaan.  Skryf elkeen se verjaarsdag op die kalender, sodat die maats mekaar kan onthou.
  • Vra dat die ouers gloeilampe skenk en verskaf glasverf.  Die outjies kan ‘n boodskap, woord, jaartal, patrone, ens. op papier ontwerp (vet simbole) en dan met ‘n permanente veselpen (koki) oorteken op die gloeilamp.  Verdeel die lampie in blokkies soos gebrandskilderde glas en verf die dele in verskillende kleure.  Hierdie kunswerkie gaan die outjies lank aan hul jaar herinner.
  • A5 Koeverte (nog koeverte)
  • Afskeidsrympies

Screen Shot 2015-10-05 at 15.16.06

verjaarsdagnamedankie1dankie8 dankie7 dankie6 dankie4 dankie3 dankie2 dankie5

Sien ook einde van die jaar.

Onderwysers

2 Kommentaar


Vir onderwysers…

ken jou onderwyser

Lewer kommentaar


Ken jy

Hoe goed ken die kinders jou?

Ken jou juffrou*

Ken jou meneer*

*Hou die “adres” vaag (woonbuurt of dorp).

Onderwysersdag, 5 Oktober

2 Kommentaar


Onderwysersdag

Die laaste kwartaal het aangebreek!  Ek hoop jy kry verrassings soos ‘n dankie aan die einde van ‘n lang skooldag, ‘n verrassingsblom of -briefie, ‘n pouse met ‘n paar minute ekstra, ‘n stroopsoet klas, nuwe hulpbronne vir die klas, ‘n verrassingsbesoek van iemand wat stories kom lees of die kinders iets leersaams kom vertel…of ‘n lekker koppie koffie sommer net. 😉  Mag die laaste kwartaal gladder verloop.

 

waardering

6 Kommentaar


waardeerWêreldwyd word spesiale waarderingsdae en -weke vir onderwysers gehou.  Hiermee sommer so ‘n paar skakels na oulike kaartjies en geskenk idees…

Biddag vir Onderwys en Opvoeding:  Gewoonlik die tweede Sondag in Februarie.

Older Entries

%d bloggers like this: