geleen

Die tema vir hierdie jaar se Onderwysersdag is min of meer “Die pad na herstel begin by onderwysers”.  Dit val so reg in die kraal van remediërende opvoeding en ondersteuning.  Indien jy dalk opgelei is in spraak- en taalterapie, opvoedkundige sielkunde, arbeidsterapie of skoolverwante hulp kan bied sal ‘n bietjie hulp per week BAIE waardeer word.

Ons is pas klaar met ‘n bietjie vakansie, maar ‘n rowwe kwartaal lê voor.  Om jou juffrou (of jou kind se juffrou) ‘n bietjie woema te gee, kan die volgende oorweeg word…

  • ‘n self geplukte blom
  • ‘n kaartjie
  • oulike plakkers (vir oulike boekwerk)
  • ‘n skoon klas…Dit sal ‘n heerlike verrassing wees om by ‘n skoon klas in te stap…’n Alles-in-een skoonmaak-pakkie sal ook werk. (Lappe, sponse, skoonmaak produkte…)
  • ‘n aandjie sonder verantwoordelikhede…
  • ‘n klein rukkie se hulp soggens…al kom lees ‘n ouma ‘n storie vir die klas of ‘n kundige kom bied ‘n handwerk- of kunsles aan.

Elke bietjie help en sal die pad na herstel (veral na die lang vakansie, baie administratiewe werk, staking-steurnisse…) vergemaklik.  Baie voorspoed aan alle mamma’s, pappa’s, juffrouens, oupa’s, ouma’s en oppas-tannies.  Mag die laaste kwartaal ‘n gelukkige een wees.