
‘n Voorspoedige Onderwysersdag vir jou! Mag dit ‘n besonderse suksesvolle dag wees en mag jy kans kry om jou tee of koffie te drink terwyl dit nog warm is 🙂

© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
Oktober 5, 2020
2020 onderwysersdag 3 Kommentaar
‘n Voorspoedige Onderwysersdag vir jou! Mag dit ‘n besonderse suksesvolle dag wees en mag jy kans kry om jou tee of koffie te drink terwyl dit nog warm is 🙂
Oktober 4, 2018
afrikaans onderwysersdag, Teachers' Day Lewer kommentaar
Onderwysersdag word op 5 en 9 Oktober gevier, omdat die 5de in die vakansie val.
Versier kaartjies of rol dit op karton af en haak die kaartjie oor ‘n deurknop of ‘n lekker koppie bederf.
September 21, 2017
afrikaans juffrou, meneer, onderwyser, onderwyseres, onderwysersdag Lewer kommentaar
Onderwysersdag word wêreldwyd op die 5de Oktober gevier, maar aangesien Suid-Afrika se dag in die skoolvakansie val, kan ‘n mens dit ook op die 9de vier.
Klik gerus hier vir idees om die dag die vier.
Oktober 4, 2016
afrikaans onderwyser, onderwysersdag Lewer kommentaar
Wêreld Onderwysersdag word gewoonlik op die 5de Oktober gevier, maar aangesien ons nog vakansie hou, kan ‘n mens dit ook op die 10de Oktober vier.
Stuur gerus ‘n boodskap aan ‘n spesiale opvoeder 😉
Oktober 4, 2015
afrikaans onderwysersdag 7 Kommentaar
Ons vier vanjaar Onderwysersdag op 5 én 16 Oktober.
Wêreld Onderwysersdag gaan nie oor geskenke nie, maar eerder oor die bewustheid en ondersteuning van die persone wat nuwe generasies onderrig en opvoed. Om hierdie dag spesiaal te maak, kan ‘n mens die volgende geskenkies oorweeg, maar ‘n briefie of ‘n boodskap bly altyd ‘n wenner. Loer gerus na die skakels aan die einde van hierdie skrywe.
Indien jy ‘n onderwyser/-es is, sit vandag agteroor en ontspan lekker.
Klik hier om ‘n Dankie-vlaggie (bunting) te druk: dankie
Oktober 1, 2013
afrikaans onderwyser, onderwysersdag 2 Kommentaar
Die laaste kwartaal het aangebreek! Ek hoop jy kry verrassings soos ‘n dankie aan die einde van ‘n lang skooldag, ‘n verrassingsblom of -briefie, ‘n pouse met ‘n paar minute ekstra, ‘n stroopsoet klas, nuwe hulpbronne vir die klas, ‘n verrassingsbesoek van iemand wat stories kom lees of die kinders iets leersaams kom vertel…of ‘n lekker koppie koffie sommer net. 😉 Mag die laaste kwartaal gladder verloop.
Oktober 3, 2010
afrikaans juffrou, meneer, onderwyser, onderwysersdag, skool 2 Kommentaar
Die tema vir hierdie jaar se Onderwysersdag is min of meer “Die pad na herstel begin by onderwysers”. Dit val so reg in die kraal van remediërende opvoeding en ondersteuning. Indien jy dalk opgelei is in spraak- en taalterapie, opvoedkundige sielkunde, arbeidsterapie of skoolverwante hulp kan bied sal ‘n bietjie hulp per week BAIE waardeer word.
Ons is pas klaar met ‘n bietjie vakansie, maar ‘n rowwe kwartaal lê voor. Om jou juffrou (of jou kind se juffrou) ‘n bietjie woema te gee, kan die volgende oorweeg word…
Elke bietjie help en sal die pad na herstel (veral na die lang vakansie, baie administratiewe werk, staking-steurnisse…) vergemaklik. Baie voorspoed aan alle mamma’s, pappa’s, juffrouens, oupa’s, ouma’s en oppas-tannies. Mag die laaste kwartaal ‘n gelukkige een wees.
Woorde