Advertisements
Tuiste

Voorspoed!

Lewer kommentaar



Advertisements

Terug Skool Toe

Lewer kommentaar


Back to school check list / Terug skool toe lysie

“Welkom terug” idees

2 Kommentaar


Die nuwe skooljaar begin eersdaags.  Hiermee dan ‘n paar idees:

  • Bring jou basiese opskrifte en muurprente aan voor die kinders kom en beplan jou riglyne, klasreëls, werkies, ens. sodat jy dit stuk-stuk kan bekend stel.
  • Hoe gaan jy jouself bekend stel?  Het jy ysbrekers in gedagte?
  • Hang Welkom-boodskappe teen die klasdeur en voor teen die skryfbord. Ouers kan die areas dan as vinnige fotohoekies inspan.
  • Hou ‘n stapel storieboekie oor skool gereed – genoeg vir elke kind se sitplek of hou hulle gereed vir storietyd.
  • Hou gordyne, kussings, ens. eenvoudig totdat jy op ‘n tema of kleurskema besluit het.
  • Kry jou kalender en weerkaart op die eerste dag gereed en stel dit bekend.  Hang gelamineerde vlaggies onderaan die kennisgewingsborde – al om die rand van die klas.  Skryf dan elke dag ‘n syfer op ‘n vlaggie om die skooldae aan te dui.  Maak dit die getal van die dag om tydens wiskunde lesse te bespreek en te beloer.
  • Kies ballonne om by jou skool of klas se kleure te pas.  Laat die outjies dit op blaas, spuit haarsproei liggies van ‘n afstand oor die koepeldeel en doop in blinkertjies.  Ryg ‘n tou deur ‘n klein rekkie (loom bands) en glip die rekkie oor die ballon se knoop.  Wie hou nou nie van ‘n ballon nie!
  • Indien die skool ‘n papierversnipperaar het wat papier in kleinerige stukkies sny, kan ‘n mens verskeie kleure geskenkpapier (die snesieblaaie of papiervelle) versnipper.  ‘n Mens kan natuurlik ook ‘n gaatjiepons gebruik.  Verf groot syfers, letters of boodskappe met wit gom en strooi die snippertjies bo-oor.
  • Neem elkeen se lengte (plak ‘n maatband teen die muur in jonger klasse) en skryf dit neer.  Meet die lengtes met ‘n tou of mooi lint en merk dit.  Rangskik dit teen die muur en doen dieselfde aan die einde van die jaar (vergelyk).  Aan die einde van die jaar, kan dit saam met ‘n geskenkie en ‘n briefie (Kyk hoe lank was ek op my eerste dag in Graad …) huis toe gaan.
  • Kerf die syfers 2, 0, 1 en 9 uit ‘n halwe aartappel om ‘n stempel te maak.  Laat die outjies die jaartal as patroonwerk op ‘n groot vel papier druk (pastadikte verf werk goed).  Gebruik die velle om boeke oor te trek.
  • Neem ‘n digitale foto van elke kind (kry ‘n prefek of assistent om te help) – om op die verjaarsdagmuur te gebruik.
  • Druk elke kind se foto op A4-grootte uit (swart en wit) en gebruik as boek voorblaaie.  Laat die outjies dit met uitraaikryt inkleur en verf met verdunde voedselkleursel.  Hulle sal beslis die boeke kan eien.
  • As jy elektroniese kommunikasiemiddels (soos SeeSaw) gebruik, kan jy die leerders se profiele voor die tyd laai en die fotos vinnig op die eerste dag byvoeg.
  • Gee reghoekige naamkaarte of plakkers en alfabet stempels sodat die outjies hul name self kan aanbring.  As die stempels skaars is, kan ‘n mens die name in dik letters verskaf sodat die outjies dit onder ‘n bestaande bladsy kan hou en natrek.  Oefen dalk eers ‘n paar maal en gebruik die plakkers dan op hul rakke, tafelblad, ens.  As jy lus het, kan ‘n mens die outjies se handskrif skandeer en saam met die foto’s op plakkers druk.

Mag dit ‘n baie voorspoedige jaar wees!

 

Welkom [Afrikaans / Engels]

Naamkaartjies Deskplates 2019

2019 Calendar Kalender

2019

Naamkaartjies Book labels

Voorblaaie 2019

🤳📲😁 Loer na die kieslys op my Facebookblad (via jou slimfoon) vir Afrikaanse “Profile Frames” of snuffel tussen die Facebook fotoraam opsies op jou slimfoon.  Op die rekenaar kan jy die soekterm “klaskamer” gebruik.

 

This slideshow requires JavaScript.

Sien ook:
…of tik soekterme soos “Graad 1, voorskools, skoolgereed, nuwe skooljaar, gereed, beplan, hulpmiddels…boek oortrek, pasella” by die bruin soekblokkie aan die regterkant van my blog in vir soortgelyke idees.

Nuwe skooljaar

5 Kommentaar


 

skool toe

Stories (sommige aanlyn en sommige in die biblioteek) vir die nuwe skooljaar:

  1. Skool toe
  2. Piempiempie en Jan viool se skool (voorgelees deur Bertha le Roux)
  3. Die Blou Mensies: Daantjie gaan skool toe
  4. Loebi gaan skool toe
  5. Tjiff en Tjaff gaan skool toe (ook op die Storierak toep)
  6. Bollie-Blaps gaan skool toe
  7. Jasper: Krisis op skool (Engels)
  8. Ons gaan skool toe
  9. Skool toe
  10. Skool toe (Nou is ek groot)
  11. Sisi gaan skool toe
  12. Toppie gaan skool toe
  13. Skool Toe (Gr.1 – Ruimland)
  14. Pierewiet:  Skool toe
  15. Liewe Heksie gaan skool toe (op die Storierak toep)
  16. Otto gaan skool toe
  17. Skoolstories

Voorspoed met die nuwe skooljaar!

skool kruip nader

5 Kommentaar


terugskooltoe

Die nuwe skooljaar begin binnekort.  Hiermee so ‘n paar inkleurprente en gedagtes vir ouers en die jongspan.

  • Kry vandag nog al die skryfbehoeftes, kosblikitems en die uniform gereed.
  • Onthou dat die aanvangs van die nuwe skooljaar dikwels gepaard gaan met ‘n bekendstellingsproses.  Daar sal moontlik van julle verwag word om foto’s van die gesin of familie skool toe te stuur.  Loer solank vir gepaste foto’s…
  • Verseker dat jou kleinding julle telefoonnommers en adres ken (agtergrondbladsy vir ‘n klaswerk- of huiswerkboek).
  • Indien die skool nie skryfbehoeftes (boeke, oortrekpapier en plastiek) verskaf nie, kan jy solank seker maak dat die benodigdhede gereed lê vir die eerste skoolnaweek (alias “oortrek naweek“).  Ek het ‘n paar voorbeelde van basiese voorblaaie onder “drukbares” gestoor.  Gebruik dit gerus indien die skool nie voorblaaie verskaf nie.
  • Merk vandag nog ALLE skryfbehoeftes en kry die skooltas gereed.  Dit is altyd beter om die roetine so ‘n paar dae voor die tyd te begin as om dit op nommer 99 te probeer toepas (persoonlike ervaring het my geleer 😉 )…

Begin solank met die opgewondenheid…

Elizabeth Dulemba het ‘n hele paar oulike inkleurprente wat sy gratis aan die publiek bekend stel en Friends Accross America s’n is net so kreatief. Kaboose se prente het oulike lyne en hier kan jy leer hoe om die letters van die alfabet met jou lyf te vorm (Graad 2 en ouer). Dan is daar ook verskeie skoolgaande diere kinders!

terug skool toe

Lewer kommentaar


Dis amper tyd vir die nuwe en laaste kwartaal in die Kaap. Hiermee dan ‘n gedagte vir die onderwysers. Onthou ook dat môre Onderwysersdag is.  Maak solank die skoene skoon, pak die tas en maak die potlode skerp.

%d bloggers like this: