Jy het ‘n nuwe pos gekry of jou universiteitsjare staan einde se kant toe. Om gereed te maak vir ‘n nuwe klaskamer, kan jy die volgende items in gedagte hou:
Hulpmiddels om te versamel (klik)
Kies ‘n kleurskema of materiaal vir gordyne, kussinkies en ‘n tafeldoek – iets wat lank mooi sal bly. Kyk ook na jou graadgroep se kurrikulum en skep of versamel items wat spesifiek op dié groep gemik is, bv. flitskaarte van woorde, klanke, getalkombinasies…Onthou om die tale in jou provinsie in gedagte te hou (bv. Afrikaans én Engels) en om daarvoor voorsiening te maak. Hoe meer jy self versamel, hoe minder hoef jy oor te begin as jy na nuwe skole of klaskamers verskuif.
*Vinnige Gordyne: ‘n Mens kan tydelik gordynrek gebruik…of
-
Probeer ook ‘n reëling met gordynring klampies. Jy kan bloot die lap (platlaken, plastiek) van jou keuse om vou en vas knyp. Indien die rand uitrafel, kan jy dit omvou en vilene tussen-in vasstryk…
-
laat die kinders linte en stroke om ‘n rek/reëling knoop…
-
of laat hulle drukwerk (met lapverf) op ‘n platlaken doen voordat julle dit vasknyp.
-
spuitverf wit pvc-pyp of gebruik ou handdoekreëlings as gordynstokke
Aug 04, 2014 @ 22:22:30
Hierdie blad is fantasties! Baie dankie 😊
LikeLike
Aug 06, 2014 @ 14:21:26
😉 Dankie
LikeLike
Aug 04, 2014 @ 22:25:03
Ek is dringend opsoek na padvervoer prente en werkvelle? Asook begripstoetse as julle my kan help asb 😊
LikeLike
Aug 06, 2014 @ 14:22:34
Hallo, Rouxlene 😉 Kan hierdie skakels help?
LikeLike
Jan 07, 2016 @ 21:04:45
Ek soek asb asb asb ander gr.2 lesse en voorbereiding…die oues is noual 3 jaar oud.Kan iemand my help asb…
LikeLike
Jan 08, 2016 @ 01:38:09
Hallo, Karo 😉
Ek het ongelukkig nie uitgewerkte lesse nie, maar wel les idees. Jy kan soekterme soos “lees, sigwoord, luidlees, leesreeks…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant van my blog in tik vir verskillende skrywes en idees.
LikeLike
Feb 01, 2016 @ 13:05:13
Goeie dag juffrou ek is tans n student wat bietjie hulp kort met oulike kinderliteratuur vir gr R oor taal en wiskunde ek wil dit gebruik in my aanbieding selfs n oulike liedjie sal help baie dankie
LikeLike
Feb 03, 2016 @ 03:26:59
Hallo, Simoné 😉
As ek reg verstaan, benodig jy kinderstories wat wiskunde en taalwerk betrek? In Jan en die Boontjierank, groei die rank (langer en langer), Gouelokkies het heelwat trappe van vergelykings en in Repelsteeltjie kry ‘n mens verwysings na verskillende geslagte (mannetjie, vroutjie, prins, prinses, koning, koningin).
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Feb 13, 2016 @ 16:06:50
Hallo Juffer
Ek is opsoek na drukbare visuele dagprogram vir my Graad 3 klas. Is daar moontlik so ‘n skakel op hierdie webwerf. Ek kom agter hulle het nog die visuele dagprogram nodig omdat dit hulle verseker van hul roetine.
Baie Dankie
Marquenette
LikeLike
Feb 14, 2016 @ 17:38:35
Hallo, Marquenette 😉
Ek het nie ‘n spesifieke een nie – aangesien elke juffrou s’n verskil. Op Sparklebox, gaan jy kleurvolle voorbeelde kan kry (SA vlag = Afrikaans). Depicta mag dalk ‘n rooster se uitleg hê. Vergroot dalk ‘n klasrooster tot A2- of A1-grootte en kleur die onderskeie vakke. Indien jy die raamwerk op die vergroting het, kan jy dit met plastiek oortrek en dan die vakke met witbordveselpenne aanbring (en skuif soos nodig).
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Feb 14, 2016 @ 17:39:55
Baie dankie juffer!!!
LikeLike
Feb 14, 2016 @ 18:01:53
Dis ‘n plesier 😉
LikeLike
Jan 22, 2018 @ 08:37:37
Goeie dag almal. Ek is opsoek na ‘n lys van wat alles in ‘n klaskamer kom vanaf Graad R – 6. Vanaf die meubels, hulpmiddels tot plakkate. Kan enige iemand my daarmee help?
LikeLike