Die nuwe skooljaar begin binnekort. Hiermee so ‘n paar inkleurprente en gedagtes vir ouers en die jongspan.
- Kry vandag nog al die skryfbehoeftes, kosblik–items en die uniform gereed.
- Onthou dat die aanvangs van die nuwe skooljaar dikwels gepaard gaan met ‘n bekendstellingsproses. Daar sal moontlik van julle verwag word om foto’s van die gesin of familie skool toe te stuur. Loer solank vir gepaste foto’s…
- Verseker dat jou kleinding julle telefoonnommers en adres ken (agtergrondbladsy vir ‘n klaswerk- of huiswerkboek).
- Indien die skool nie skryfbehoeftes (boeke, oortrekpapier en plastiek) verskaf nie, kan jy solank seker maak dat die benodigdhede gereed lê vir die eerste skoolnaweek (alias “oortrek naweek“). Ek het ‘n paar voorbeelde van basiese voorblaaie onder “drukbares” gestoor. Gebruik dit gerus indien die skool nie voorblaaie verskaf nie.
- Merk vandag nog ALLE skryfbehoeftes en kry die skooltas gereed. Dit is altyd beter om die roetine so ‘n paar dae voor die tyd te begin as om dit op nommer 99 te probeer toepas (persoonlike ervaring het my geleer 😉 )…
Begin solank met die opgewondenheid…
Elizabeth Dulemba het ‘n hele paar oulike inkleurprente wat sy gratis aan die publiek bekend stel en Friends Accross America s’n is net so kreatief. Kaboose se prente het oulike lyne en hier kan jy leer hoe om die letters van die alfabet met jou lyf te vorm (Graad 2 en ouer). Dan is daar ook verskeie skoolgaande diere kinders!
Jan 10, 2010 @ 16:46:54
Hi
Ek weet nie of ek op die regte plek vra nie. Ek is ook ‘n onderwyser, maar het my eie kunsskool na ure. Ons het ‘n groepie 3 tot 6 jariges en so 1 keer ‘n maand doen ons koskuns
(bak en brou) ek is opsoek na nuwe idees, voel vir my ek het al alles in die boeke gedoen?
As jy kan help sal dit fantasties wees!
LikeLike
Jan 10, 2010 @ 20:52:08
Welkom, Thea
Ek is soos ‘n regte Suikerbossie – my kos is rou en die tee is flou :wink:. Daar is wel ‘n ander webwerf wat dalk spesifiek met die koskuns behoefte kan help. Kyk gerus ook by Easy Kids Cooking en Cooking with Kids.
Kom loer gerus weer in
LikeLike
Jan 11, 2010 @ 00:43:05
Sterkte vir jou, ons s’n het begin en toe gestop en more begin hy “weer” 😦 gedag die sneeu gaan ons nog ‘n week hols besorg 🙂
LikeLike
Jan 11, 2010 @ 18:01:12
O genade…Ja, familie en vriende vertel dat dit redelik koud is daar by julle 😉 Ek kan mos nie dink as ek so koud kry nie. Baie sterkte 😉
LikeLike
Jan 11, 2010 @ 20:17:21
Dankie, ja die temps was darem vandag bo vriespunt – so 2 grade – Vrydagnag onder vriespunt – taamlik onder
LikeLike
Jan 07, 2020 @ 06:32:25
Hallo
More is dit terug hok toe vir die juffroutjie. Ek is n kleuterskool juffrou en gee klas vir 3-4 jariges, n baie lekker ouderdoms groep.
Ek is heeldag op soek na stories vir die kinders. Ek het omtrent 200 van Anna Emm se aanlyn stories reeds maar dis asof wk noe regtig stories kry oor sekere onderwerpe nie.
Weet jy dalk waar kan mens stories kry oor my eerste skooldag of terug skool toe of ietsie soos dit?
Jou hulp sal opreg waardeer word.
Groete
Dezi
LikeLike
Jan 07, 2020 @ 13:05:16
Hallo, Dezi 😉
Ek het enkele stories in verband met skool en “terug skool toe” hier gelys. Jy kan ook soekterme soos stories, rympies, liedjies, liggaam, gesonde mond, higiëne, plaasdier, troeteldier, wildtuin, beroepe, dokter…abc uitspraak, syfers, vorms, robotkaart, handspier, tuis idees, voorskoolse, posisie, ogies, visuele, ouditiewe…” by die soekblokkie aan die regterkant in tik vir idees wat dalk kan help.
Loer gerus weer in 🙂
LikeLike