As deel van die herwinningsprojek vir die jaar kan jy en jou gesin (of klas) julle broodsakkiekaartjies versamel vir rolstoelskenkings. (Lees hier of hier.) Maak die klein kaartjies bymekaar wat die sakkie seël en pos dit aan Mary Honeybun of kontak Adri by 012 259 0554 vir verdere besonderhede. Dis ‘n oulike gedagte, hou die kombuis skoon, hou die kleingoed aan die tel en as hulle briefies by hul posstukkies las – is dit ‘n oulike skryfwerkie.
270 kg kaartjies / 800 000 tot 1 miljoen = 1 rolstoel
Adres: Mary Honeybun, Posbus 215, Noordhoek, 7979
Telefoon: 021 789 1831
Save your breadtags « Life,Love and everything else
Feb 09, 2010 @ 07:57:59
Jun 07, 2010 @ 20:56:17
Graag stel ek belang om ook deel te neem aan die “broodsakkie kaartjie vir ‘n rolstoel” projek.
Hoeveel kaartjies per rolstoel moet ek insamel?
LikeLike
Jun 10, 2010 @ 08:30:35
Hello, Kaashifa 😉 Duisende! 😆 Hoe meer kaartjies hoe beter. Ek het gister ‘n boodskap gekry dat iemand met sowat 100 000 kaartjies sit en wag vir “aflewering”. WOW! Kontak gerus vir Karen (karenpowell@telkomsa.net) of vir Me. Honeybun. Ek is seker dat hulle ‘n paar kwotas het om vol te maak vir verskillende rolstoele.
LikeLike
Mar 06, 2011 @ 17:27:34
Ek sit met bottels vol van die kaartjies. Nou kan ek dit laat werk vir iemand anders
LikeLike
Mar 06, 2011 @ 18:19:54
Hello, Marietjie 😉 Dit is wonderlik!
LikeLike
Sep 02, 2015 @ 12:00:24
hi juffer – wat is die prosedures om ‘n rolstoel te bekom
LikeLike
Sep 02, 2015 @ 16:51:27
Middag, Shandrey 😉 Kontak gerus vir Mary Honeybun (Posbus 215, Noordhoek, 7979, Telefoon: 021 789 1831). Sy het ook ‘n Facebookbladsy waar jy kan kontak maak.
LikeLike
Sep 03, 2015 @ 09:04:51
Hi. Ek wil net weet. As ons as skool wil deelneem aan die projek. Hoe werk dit presies en waarnatoe gaan die broodsakkiekaartjies?
LikeLike
Sep 03, 2015 @ 16:43:03
Hallo, Ilona 😉 Dit gaan na Mary Honeybun – wat dan die kaartjies deur herwinning in geld om skakel om rolstoele te koop. Loer gerus na die skakels in die skrywe of klik op haar naam om ook na die Facebookblad te kyk. 😉
LikeLike