Hou ‘n dans: Verskaf die tafels, stoele en musiek en verkoop die tafels of kry lede van die komitee om gasheer/-vrou per tafel te wees. Gee pryse vir die kreatiefste tafel, ens. Verkoop ‘n beperkte verskeidenheid eet- en drinkgoed soos koppies sop, water, koeldrank, skyfies of eenvoudige hamburgers. Verskaf ys teen donasies.
Smelt skywe glycerin seep (1 – 2 cm vir 30 sekondes op ‘n slag) in ‘n beker in die mikrogolfoond. Giet in vormpies en plaas in die vrieskas. Sodra geset, kan jy dit met kleefplastiek oortrek en verkoop.
Plaas ‘n 10c-stuk of plastiese speelding in die vorm voordat jy die seep giet.
Reël ‘n musikant om by die skool op te tree.
Doen navorsing oor fondsinsamelingsprojekte wat aan herwinning gekoppel is.
Hou ‘n muntlegging en pak embleme en woorde wat aan die doel (bv. sporttoer) of skool gekoppel is.
Maak ‘n merkie by die borand van die vol glas en voeg kleursel by die water (indien verkies).
Rol of vou die servet op en knak in die middel.
Plaas een “been” van die servet in leë glas en die ander been in die vol glas.
Los dit so vir ‘n uur of twee en kyk wat gebeur!
Skei soutwater en sien hoe die water verkleur
Benodigdhede:
1K Warm Water
1/4K Sout
9V-battery
2 Vurke
Glasbak
Proses:
Vul die bak met water en sout. Meng totdat die sout oplos. Ons het dit vir ‘n minuut in die mikrogolfoond geplaas.
Hou die vurke regop in die oplossing en plaas die pole van die battery op/teen elkeen. Wat gebeur? Wat gebeur na sowat 5 minute? en 10?
Vulkaan of Bruis-aksie
Benodigdhede:
Wit asyn
Koeksoda
Glas fles (een met ‘n nouer nek of ‘n wyer een – soos ‘n groter Purity bottel)
Kommetjie of ‘n wasbak.
Proses:
Kies ‘n dieperige fles en giet sowat ‘n ½ koppie asyn daarin.
Skep ‘n eetlepel bakpoeier en voeg dit by die asyn.
Plaas die fles in die kommetjie.
Staan terug en kyk hoe dit bruis.
Vir ‘n beter effek, kan ‘n mens voedselkleursel byvoeg.
Lawa: Olie en Water
Benodigdhede:
Kookolie
Water
Bruistablette (bv. Panado – selfs 1 teelepel Eno)
Voedselkleursel
Plastiekbottel of fles
Kommetjie of ‘n wasbak.
Proses:
Vul die bottel halfpad met olie en voeg dan water by tot net onder die nek.
Drup voedselkleursel by.
Plaas die bottel in die kommetjie.
Voeg die bruistablet by en kyk hoe die vloeistowwe vloei. Vir veiligheid kan ‘n mens die tablet in kwarte verdeel en stuk-stuk byvoeg.
Draai die prop op, skud en kyk hoe lank dit sal neem totdat die vloeistowwe weer skei.
‘n Mens kan nog tablette by voeg.
Pofferige Verf
Benodigdhede:
Voedselkleursel
1E Bruismeel
1E Sout
Water
Kwas of skoon oorstokkies.
Dikkerige papier of karton.
Proses:
Meng die droë bestandele en drup water bietjies-bietjies by. Begin met ¼ t water en wissel af met druppels voedselkleursel. Meng dit totdat dit ‘n pasta vorm.
Skryf jou naam en spelwoorde of verf ‘n prentjie.
Plaas die kunswerk op ‘n bord in die mikrogolfoond. Verhit vir 30 sekondes en sien hoe die verf rys.
Dit behoort dadelik te set. Sodra die papier koel genoeg is, kan ‘n mens die prente en woorde uitknip en op ‘n groter karton plak.
Skrikkerige Peper
Benodigdhede:
1 teelepel fyn peper
Piering of bakkie
Water
Skottelgoedwasseep
Proses:
Skink genoeg water in die piering om die bodem te bedek.
Sprinkel die peper oor die oppervalkte van die water.
Doop ‘n vinger in die middel van die piering. Wat gebeur?
Smeer nou ‘n bietjie seep een jou vinger en doop dit weer in die water. Wat gebeur?
Reën in ‘n fles
Benodigdhede:
Fles
Skeerroom of spuitroom
Water
Blou voedselkleursel
Medisynedruppertjie of ‘n strooitjie
Proses:
Spuit die room in ‘n dik laag bo-op ‘n halwe fles water.
Suig die voedselkleursel in die druppertjie of strooitjie op en drup bietjies-bietjies deur die room.
Stel suurstof uit ‘n aartappel vry
Benodigdhede:
Aartappelskywe
Waterstofperoksied (Hydrogen Peroxide)
‘n Glas of glasbak
Proses:
Pak aartappelskywe in ‘n glasbak of in ‘n glas.
Giet sowat 125ml waterstofperoksied bo-oor die aartappel. Wat sien jy?
Blaas ballonne op
Benodigdhede:
Koeksoda
Asyn
‘n Ballon
‘n Tregter
‘n Plastiek bottel
‘n Kommetjie
Proses:
Werk binne-in die kommetjie.
Trek die ballon oor die tregter se pypgedeelte en vul met koeksoda.
Vul die bottel halfpad met asyn.
Span en trek die nek van die ballon oor die opening van die bottel, maar moenie die ballon lig nie.
As die ballon netjies pas, kan jy die ballon lig. Wat gebeur?
Eier in ‘n bottel
Benodigdhede:
1 hardgekookte, afgedopte eier
‘n klein kersie (soos op verjaarsdagkoeke)
vuurhoutjies
‘n bottel met ‘n nek wat effens nouer/smaller as die eier is
Proses:
Steek die kers aan en gly dit versigtig binne-in, teen die kant van die bottel af.
Plaas die eier regop in die opening van die bottel. Wat gebeur?
Woorde