Ons het almal verlore en verdwaalde sokkies iewers in ‘n laai. Grawe hulle uit en skenk die onpare (of selfs nuwe pare) aan welsynsorganisasies. ‘n Onpaar sokkies kan ‘n paar voete warm hou.
Soktober
Oktober 7, 2016
afrikaans omgee, sokkies, soktober 4 Kommentaar
Okt 12, 2016 @ 10:33:54
Hi ek soek hulp vir my seun hy is in grad 3 by De kuilen
LikeLike
Okt 12, 2016 @ 13:07:33
Middag, Sonja 😉
Het die skool ‘n leerondersteuningsopvoeder en bied die juffrou intervensieklasse aan? Dit is altyd ‘n goeie begin. Waarmee worstel hy? Hier op my blog kan jy soekterme soos “hersien, klanke, dubbelklank, tweeklank, drieklank, meervoud, verkleinwoord, tydsvorme, hoe laat is dit, geld, woordsom, veelvoud, maaltafel, sigwoord, wiskunde huiswerk, uitdeel, deling, rym, breuke, afrond, lees, huiswerk, Engels…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik vir verskeie idees en drukbare werksvelle.
LikeLike
Okt 12, 2016 @ 13:33:41
Groot Dankie vir die turrug voering,ongelukkig doen die juffrou nie intervensie klasse nie ek prober hom help na werk.Dit is ons skuld want ,ons het net met hom Engels gepraat,Hy verstaan nie wat ons hom se nie ook spraak uit drukking is n groot problem.Hy het al die pad n 3 gekry maar nou het dit gedaal tot n twee,wat my se hy verstaan nie Afrikaans nie.Waar op die web sit ek in ek soek informasie vir graad 3.Hu is by De Kuilen Primer.Baie dankie.
LikeLike
Okt 13, 2016 @ 00:35:27
Hallo, Sonja 😉
Indien jy op ‘n rekenaar is, kan jy aan die regterkant na die bruin soekblokkie loer. Op ‘n foon behoort dit heel onder-aan die webblad te wees. Die werk is nie spesifiek as Graad 3-werk gemerk nie, maar fokus eerder op konsepte. As jy soekterme soos “abc uitspraak, abc, hersien, klanke, dubbelklank, tweeklank, drieklank, klanksamevloeiing, leeslys, leesreeks, motivering, meervoud, verkleinwoord, woordeskat, tydsvorm, hoe laat is dit, geld, woordsom, veelvoud, maaltafel, sigwoord, wiskunde huiswerk, uitdeel, deling, rym, breuke, afrond, lees, huiswerk, rympies, liedjies, stories, Engels, Teacha…” onderskeidelik by die soekblokkie in tik, gaan dit vir jou inligtingstukke, ens. gee.
Promed (021 975 2230) is ‘n hulpsentrum in Durbanville. Hulle mag dalk van iemand weet wat naby of by De Kuilen werk.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike