Julie 14, 2021
Juffer
2021
getalpatrone, inkleurprente, Olimpiese Spele, sport, woordsoek
Die Olimpiese Spele word van die 23ste Julie tot die 8ste Augustus beplan. Die Suid-Afrikaanse Olimpiese Span het hard gewerk om voor te berei. Volg die span gerus in die nuus, laai gerus hierdie gratis velle af en loer hier na vorige idees.
Die Rooster.
Verken wêreldlande, -kaarte en landsvlae.
Like this:
Like Loading...
Julie 20, 2016
Juffer
afrikaans
Olimpiese Spele

Die Olimpiese Spele duur van die 5de tot die 21ste Augustus en vind in Brasilië plaas. Dit vind gewoonlik elke vier jaar plaas en Suid-Afrika neem sedert 1904 aan die Somerspele deel.
Gee vir die kinders verskillende sportsoorte om na te vors. By watter sportsoorte is water, ‘n bal, ‘n baan, ‘n teiken, ‘n span, ‘n fiets, ens. betrokke? Watter klere word by elke item gedra?
Hoeveel lande neem deel? Waar is die lande? Hoeveel van die lande is in die Suidelike en in die Noordelike Halfrond onderskeidelik? Hoe lyk die lande se vlae?
Ken jy hierdie sportsoorte?
- Boogskiet
- Gimnastiek (Artistiese)
- Ritmiese Gimnastiek
- Gimnastiek Tuimel / Trampolien
- Atletiek
- Pluimbal
- Basketbal
- Vlugbal (strand)
- Vlugbal (binneshuis)
- Kano Slalom Hindernesbaan
- Kano Snelresies
- Fietsresies (BMX)
- Fietsresies (Bergfiets)
- Fietsresies (Pad)
- Fietsresies (Baan)
- Sierduik
- Perdry
- Skermkuns
- Sokker
- Gholf
- Handbal
- Hokkie
- Judo
- Swem marathon
- Driekamp
- Vyfkamp
- Roei
- Rugby Sewes
- Skyfskiet
- Seiljagwedvaart
- Swem
- Gesinkroniseerde Swem
- Tafeltennis
- Taekwondo
- Tennis
- Waterpolo
- Gewigstoot
- Stoei
Probeer:
Kennispret
Olimpiese Spele
Like this:
Like Loading...
Augustus 11, 2012
Juffer
afrikaans
atletiek, geletterdheid, lande, Olimpiese Spele, sport, swem, taal, wêreld, wiskunde
Die Olimpiese Spele is om die draai en daar is lekker baie om te beplan. Hiermee so ‘n paar voorlopige gedagtes…
Die ringe
Vir die kleintjies kan ‘n mens by die embleem begin en aan hulle verduidelik wat die vyf ringe beteken. Dié kleure is gekies, omdat dit die meeste op wêreldvlae voor kom en die ringe verteenwoordig die vyf hoof kontinente: Asië, Afrika, Europa, Amerika en Australië.
- Daar is vyf ringe. Wie kan tot by vyf tel? Wie kan in vywe tot by ‘n gegewe getal tel? Watter vorm is die ringe?
- Gebruik verf en iets sirkelvormigs (soos plastiekglasies) om die ringe met drukwerk na te boots. Maak ‘n raam reg rondom die rand van ‘n papier om later vir ‘n uitstalling of kreatiewe skryfwerk te gebruik.
- Verf papierborde in die onderskeie kleure, knip die middelste deel uit en skakel dit aan mekaar.
- Versier toiletrolletjies met skeur-en-plakwerk.
- Draai pypskoonmakers in sirkels en heg die skakels aan mekaar.
- Bak ringvormige koekies en laat elke outjie sy vyf koekies met helder versiersuiker versier.
- Gebruik smarties om die verskillende ringe voor te stel. Kom lifesavers dalk in die kleure voor?
Die fakkel
Die gelukbringers
Toekennings
- Verander toekennings, beloningskaarte en motiveringsertifikate volgens ‘n olimpiese tema.
- Maak medaljes uit soutklei en verf dit in goud, brons en silwer. Elke outjie kan sy eie medaljes maak of dit kan vir goeie gedrag, behulpsaamheid, en dies meer gebruik word.
- Draai ‘n rolletjie lekkers soos ‘n aflosstokkie toe. Dit behoort ‘n lekker beloning vir goeie werk te wees.
- Dink aan verskillende belonings – nie net akademies van aard nie. Hou dan ‘n klein seremonie om die belonings te oorhandig. Gebruik bankies van verskillende hoogtes as jy wil.
- Die simboliek van die wennerspodium kan lekker ingespan word om trappe van vergelyking te verduidelik (vinnig, vinniger, vinnigste).
Buitespel / Liggaamlike oefeninge
- Maak julle eie ritmiese gimnastiekstokkies. Kap ‘n metaal ogie aan die een kant van ‘n ronde stokkie (dowel) in, haak ‘n ogie (swivel) daarin en buig toe. Knoop ‘n lang, breë lint daaraan vas en gee vir die kleingoed om mee te speel. Onthou om spesifieke reëls daar te stel soos beperkte getalle, afgebakende “dans”-ruimte en veiligheidsmaatreëls.
- Grawe in die LO-stoor en gebruik al die vergete toerusting. Is daar dalk iets soos gimnastiekringe wat ‘n mens buite aan die klimraam kan hang?
- Betrek toerusting soos die groot matte vir bollemakiesie, klein trampoliens, balle (vir gimnastiek) en lae bankies vir balansering.
- Bied ‘n demonstrasieles aan om vir die outjies meer oor sporte soos Gimnastiek te leer.
- Gooi balle of boontjiesakke na teikens.
- Watter ander sportsoorte se vaardighede kan op geskerp word?
Wiskunde
- Watter vorm is ‘n gimnastiekmat? ‘n Hokkiebal? Watter vorms kruip op ‘n sokkerbal weg? Watter vorm is ‘n atletiekbaan? ‘n Atletiekbaan se is bane ewewydig. Wat is dit?
- Watter item is die langste op ‘n atletiekbaan? Die kortste? Wat is die verskil in lengte tussen hierdie twee items?
- Hoe hoog word die hekkies vir mans en vir dames gestel? Wat is die verskil?
- Hoeveel atlete kan op ‘n slag wegspring? Dus hoeveel bane is daar?
- Hoeveel atlete is in die onderskeie items se spanne (bv. sokker, hokkie, swem)?
- Hoe lank is ‘n minuut (meet dit af met ‘n “aftel-wekker”) of ‘n uur?
- Doen somme in verband met tyd. Bv. Elana neem 10 minute en 20 sekondes om die wedloop te voltooi en dit neem Jana 12 minute en 20 sekondes. Wat is die verskil in tyd?
- Posisie Ordinale Getalle
- posisie eerste
Geletterdheid
- Trappe van vergelyking gaan redelik baie voor kom. Bv. langste afstand, vinnigste tyd, vinniger, hoër..Hou rekord van al hierdie woorde deur dit op die bord aan te bring. Dit kan in skryfwerk of ‘n taalleerles (Graad 3+) gebruik word.
- Skryf opstelle uit die oogpunt van ‘n atleet – nie noodwendig ‘n “wen”-verhaal nie, maar oor ervaring (bv. wat jy sien, hoor, voel, ruik…).
- Engelse begrippe, woordeskat en raaisels (sommige take is ietwat moeiliker).
- Tydens skriflesse kan die kleintjies die Olimpiese ringe natrek – antikloksgewys. Dit kan ‘n voorganger wees vir lesse in verband met klanke a, d, g, s, f.
Ander
Like this:
Like Loading...
Woorde