Die Olimpiese Spele is om die draai en daar is lekker baie om te beplan. Hiermee so ‘n paar voorlopige gedagtes…
Die ringe
Vir die kleintjies kan ‘n mens by die embleem begin en aan hulle verduidelik wat die vyf ringe beteken. Dié kleure is gekies, omdat dit die meeste op wêreldvlae voor kom en die ringe verteenwoordig die vyf hoof kontinente: Asië, Afrika, Europa, Amerika en Australië.
- Daar is vyf ringe. Wie kan tot by vyf tel? Wie kan in vywe tot by ‘n gegewe getal tel? Watter vorm is die ringe?
- Gebruik verf en iets sirkelvormigs (soos plastiekglasies) om die ringe met drukwerk na te boots. Maak ‘n raam reg rondom die rand van ‘n papier om later vir ‘n uitstalling of kreatiewe skryfwerk te gebruik.
- Verf papierborde in die onderskeie kleure, knip die middelste deel uit en skakel dit aan mekaar.
- Versier toiletrolletjies met skeur-en-plakwerk.
- Draai pypskoonmakers in sirkels en heg die skakels aan mekaar.
- Bak ringvormige koekies en laat elke outjie sy vyf koekies met helder versiersuiker versier.
- Gebruik smarties om die verskillende ringe voor te stel. Kom lifesavers dalk in die kleure voor?
Die fakkel
- Volg ‘n fakkel-doolhoof en kleur een in.
- Maak ‘n fakkel uit ‘n leë toiletrol en oranjekleurige snesiepapier.
- Maak ‘n keëlvormige fakkel uit papbokskarton en trek dit oor met foelie. Gebruik oranje en geel wol of papier vir die vlamme.
Die gelukbringers
- Hoe lyk die gelukbringers vir vanjaar se Olimpiese Spele?
Toekennings
- Verander toekennings, beloningskaarte en motiveringsertifikate volgens ‘n olimpiese tema.
- Maak medaljes uit soutklei en verf dit in goud, brons en silwer. Elke outjie kan sy eie medaljes maak of dit kan vir goeie gedrag, behulpsaamheid, en dies meer gebruik word.
- Draai ‘n rolletjie lekkers soos ‘n aflosstokkie toe. Dit behoort ‘n lekker beloning vir goeie werk te wees.
- Dink aan verskillende belonings – nie net akademies van aard nie. Hou dan ‘n klein seremonie om die belonings te oorhandig. Gebruik bankies van verskillende hoogtes as jy wil.
- Die simboliek van die wennerspodium kan lekker ingespan word om trappe van vergelyking te verduidelik (vinnig, vinniger, vinnigste).
Buitespel / Liggaamlike oefeninge
- Maak julle eie ritmiese gimnastiekstokkies. Kap ‘n metaal ogie aan die een kant van ‘n ronde stokkie (dowel) in, haak ‘n ogie (swivel) daarin en buig toe. Knoop ‘n lang, breë lint daaraan vas en gee vir die kleingoed om mee te speel. Onthou om spesifieke reëls daar te stel soos beperkte getalle, afgebakende “dans”-ruimte en veiligheidsmaatreëls.
- Grawe in die LO-stoor en gebruik al die vergete toerusting. Is daar dalk iets soos gimnastiekringe wat ‘n mens buite aan die klimraam kan hang?
- Betrek toerusting soos die groot matte vir bollemakiesie, klein trampoliens, balle (vir gimnastiek) en lae bankies vir balansering.
- Bied ‘n demonstrasieles aan om vir die outjies meer oor sporte soos Gimnastiek te leer.
- Gooi balle of boontjiesakke na teikens.
- Watter ander sportsoorte se vaardighede kan op geskerp word?
Wiskunde
- Watter vorm is ‘n gimnastiekmat? ‘n Hokkiebal? Watter vorms kruip op ‘n sokkerbal weg? Watter vorm is ‘n atletiekbaan? ‘n Atletiekbaan se is bane ewewydig. Wat is dit?
- Watter item is die langste op ‘n atletiekbaan? Die kortste? Wat is die verskil in lengte tussen hierdie twee items?
- Hoe hoog word die hekkies vir mans en vir dames gestel? Wat is die verskil?
- Hoeveel atlete kan op ‘n slag wegspring? Dus hoeveel bane is daar?
- Hoeveel atlete is in die onderskeie items se spanne (bv. sokker, hokkie, swem)?
- Hoe lank is ‘n minuut (meet dit af met ‘n “aftel-wekker”) of ‘n uur?
- Doen somme in verband met tyd. Bv. Elana neem 10 minute en 20 sekondes om die wedloop te voltooi en dit neem Jana 12 minute en 20 sekondes. Wat is die verskil in tyd?
- Posisie Ordinale Getalle
- posisie eerste
Geletterdheid
- Trappe van vergelyking gaan redelik baie voor kom. Bv. langste afstand, vinnigste tyd, vinniger, hoër..Hou rekord van al hierdie woorde deur dit op die bord aan te bring. Dit kan in skryfwerk of ‘n taalleerles (Graad 3+) gebruik word.
- Skryf opstelle uit die oogpunt van ‘n atleet – nie noodwendig ‘n “wen”-verhaal nie, maar oor ervaring (bv. wat jy sien, hoor, voel, ruik…).
- Engelse begrippe, woordeskat en raaisels (sommige take is ietwat moeiliker).
- Tydens skriflesse kan die kleintjies die Olimpiese ringe natrek – antikloksgewys. Dit kan ‘n voorganger wees vir lesse in verband met klanke a, d, g, s, f.
Ander
- Maak ‘n interessante, kleurvolle muurversiering – wat ‘n wêreldkaart insluit. Dui Londen daarop aan en dalk die lande wat deelneem of die spesifieke atlete se lande van herkoms rondom aan. Loer hier na Suid-Afrika se atlete.
- Wanneer was die eerste Olimpiese Spele en wat het die Grieke daarmee te doen gehad? Weet julle watter sportsoorte aan die Spele deelneem en wat die onderskeie name in Engels is?
- Lees meer oor die Antieke Spele en verbreed jou kennis.
- Vind meer oor die onderskeie velditems en die reëls uit. Kyk na die onderskeie items en ondersoek die sporte wat die outjies nog nie ken nie.
- Sorteer die sportitems volgens eienskappe, bv. spansport, toerusting wat gebruik word…
- Ons Paralimpiese Span en medaljewenners (klik op die rooi plustekens.)
- 100 vlae
- Winter Olimpiese Spele idees
Mei 22, 2012 @ 10:14:22
Wow!!! Baie dankie vir al die inligting! Jy’s ‘n lewensredder! 🙂 L
LikeLike
Mei 22, 2012 @ 19:08:37
😉 Dis ‘n plesier!
LikeLike
Jul 03, 2012 @ 15:41:04
Jou inligting is so oulik wil jy nie by my kind se skool kom werk nie??????? Dankie vir al die inligting
LikeLike
Jul 03, 2012 @ 15:47:23
Dankie, Ilze 😉 😆
LikeLike
Jul 22, 2012 @ 19:32:05
Baie dankie. Dit maak dit net vir my makliker om aan die kleinspan te verduidelik.
LikeLike
Jul 23, 2012 @ 17:35:18
😉
LikeLike
Jul 23, 2012 @ 16:52:35
Baie dankie vir die oulike idees ek gaan dit vir my klas `n graad 1 klas asook vir die groter kinders graad 4 gebruik.weet u miskien waar mens prente kan kry of afhaal van die olimpiese ringe soos in jou voorbeeld sal dit regtig waardeer bou voort op die goie werke.
LikeLike
Jul 23, 2012 @ 17:49:14
Dankie, Yvonne 😉 Ek het die foto/prent self op Powerpoint gemaak, maar dalk kan hierdie ringe ook help. Is dit wat jy gesoek het?
LikeLike
Jul 23, 2012 @ 19:54:15
ja skitterend as x op jo web kom is daar nie n keer aan my dankie hoor
LikeLike
Jul 24, 2012 @ 19:24:36
😆 Lekker, Yvonne!
LikeLike
Aug 07, 2012 @ 21:39:35
Enige idees vir n graad 1 meisie wat n toespraak moet lewer oor die Olimpiese spele vir 1 minuut lank?
LikeLike
Aug 08, 2012 @ 18:54:42
Middag, Bianca 😉 Loer deur die onlangskoerante en gebruik die foto’s op ‘n plakaat, sodat die outjie nie sal sukkel met los kaarte en papiertjies nie. As jy lus het, kan julle die prente ook op A4-kartonne/manilla plak en met sleutelringe bind, sodat dit maklik blaai. Voeg die naam van die item lekker groot langs die prent by (bv. swem, roei). Dan kan die kleintjies self probeer lees terwyl hulle luister en kyk. Loer ook na redenaars.co.za (videos is ook op YOU TUBE) vir verdere idees. 😉
LikeLike
Aug 22, 2012 @ 05:23:52
Hello Ons is van ‘n graad 5/6 klas in Melbourne, Australië.Ons wil graag om te sê dat ons regtig graag jou blog en dit lyk soos jy doen ‘n paar goeie learning.We gebruik transator omdat ons nie jou taal praat.
Ons sal dit waardeer as jy sou enige tyd neem om te kyk na ons blog hier: http://grade56m2009.edublogs.org/
LikeLike
Aug 22, 2012 @ 17:42:55
Hallo there! Thank you for reading my Afrikaans blog. I was so surprised 😉
I know that there are many Afrikaans speaking (or other South Africans) living in Oz and they speak highly of your beautiful country.
Keep well and pop in any time you’d like.
Kind regards,
😉 Juffer
LikeLike