
Luidleesdag is vanjaar op die 5de Februarie. Maak spesiale boekmerkies vir die jaar se lekker leestye of neem verskeie leesboeke op hierdie leeslyste uit en rangskik dit op ‘n interessante wyse in jou leeshoekie. ‘n Nuwe uitstalling sal beslis die nuuskierigheid prikkel.
Lees elektroniese boeke, rympies of lirieke. Luister na stories op die internet, oor die foon of na die voorlesing deur ‘n maat. Nooi verskillende graadvlakke om vir mekaar te lees of betrek selfs ouers en verskillende onderwysers om minstens ‘n periode lank ‘n boek saam te geniet.

Tik gerus ook soekterme soos flitskaart, sigwoord, lees, boeke, biblioteek, taaldag… by die soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.
Lekker lees!
Jan 28, 2020 @ 14:11:43
Baie dankie Natacha. Ek het dit ook raak gelees. Dink ons moet ietsie doen die 5de.
Mooi daggie vir jou.
On28 January 2020 2:48:18
LikeLike