Ja, daar is werklik ‘n Luidleesdag. Skep Woensdag die geleentheid vir luidlees deur middel van die volgende moontlikhede:
- Lees ‘n storie tydens ‘n saalbyeenkoms voor.
- Lees ‘n storie oor die interkom voor.
- Deel die klasse in groepe in sodat klasse oor die graadvlakke heen vir mekaar lees (makker lees).
- Laat die kinders saam lees en maak opnames van die leesgroepe om tydens ‘n leesuur vir mekaar te speel.
- Doen iets interessants soos om die aanwysings vir ‘n resep te lees (en maak dit dan).
- Lees die koerant.
- Lees grappe.
- Lees rympies.
- Lees sigwoorde.
- Lees stories op ‘n elektroniese toestel (iPad/Android).
- Lees in die leerders se huistaal of in die tweede taal.
- Lees boeke iewers in die gemeenskap voor (bv. ‘n voorskoolse dagsorgsentrum, ‘n versorgingsoord…)…
- of gaan sit eenvoudig iewers in ‘n skadukol en lees vir ontspanning.
Mar 03, 2015 @ 09:34:58
Het julle lys van al die dae vir die jaar ..sodat ons vooruit kan beplan?
LikeLike
Mar 05, 2015 @ 23:03:03
Hallo, Lindi 😉 Ek soek aanlyn soos die maande aanbreek. Jy kan hier aan die regterkant deur die vorige jare blaai vir sulke inskrywings. In Maart, gaan ons Waterweek en Biblioteekweek kry. In April, is dit Boeke-nag en April is die maand vir die bewustheid van Outisme.
LikeLike
Mar 05, 2015 @ 09:11:49
Goeie dag
Baie dankie vir die e-pos my dogter leer baie hieruit.
Sy gee klas vir Graad 2 leerlinge.
Sy is al moedeloos want hulle wil nie luister nie. Sommige outjies ontwrig die klas heeltemal.
Enige raad wat sy met hulle kan doen.
Groete
Wilma
LikeLike
Mar 09, 2015 @ 03:08:02
Hallo, Wilma 😉 ‘n Mens kan vir die woeliges “take” gee soos om ‘n boodskap na ‘n juffrou te neem en om die klas se biblioteekboeke terug te neem na die biblioteek toe… of vir hulle ‘n trampolien agter in die klas plaas om van die oortollige energie ontslae te raak. ‘n Mens kan belonings gee waarmee hulle by die hoof kan spog. Sy kan ook soekterme soos “spiertonus, aandagafleibaar” by die bruin soekblokkie laer af hier aan die regterkant in tik vir nog idees. Ek sou beslis met die Hoof van die Grondslagfase (HOD) gesels het oor spesifieke gevalle. 😉
LikeLike