Luidleesdag word vanjaar op die 1ste Februarie gevier.
- Nooi die outjies om ‘n laken, kombers en kussings skool toe te bring om ‘n leesfort te bou. Hang kersliggies aan die binnekant of laat ‘n bietjie sonlig (venster) in.
- Hou ‘n boekbesprekingskring. Stel riglyne voor soos:
- Moenie die res van die boek weggee nie.
- Vergelyk iets in die boek met iets in jou lewe, ‘n boek of ‘n toneel in ‘n fliek. “Dit herinner my aan…”
- Luister na jou maat.
- Jy mag aansluit by ‘n maat of iets aanvullends sê.
- Bring ‘n oulike (kort) storie, rympie of leesstuk skool toe. Sit in groepe en maak beurte om vir die maats van jou stukkie te vertel. (“Show and tell”) Steek die stukkies teen ‘n kennisgewingsbord vas sodat maats dit later kan lees of lees dit self voor.
- Trek soos ‘n karakater aan en vra ‘n klein donasie die klas se boekrak.
- Maak beurte om maats se leeswerk op te neem. Kyk daarna en bespreek goeie tegnieke (vermy die glipse). “Sjoe, jy het goeie aandag aan die leestekens geskenk…Jy lees mooi duidelik…Ek hou daarvan dat jy jou klanke kennis gebruik om daardie moeilike woorde te lees…”
- Omskep die positiewe kommentare in “Ek kan…”/”Ek weet hoe” muurprente (bv. Ek kan asem haal by die punt.) of selfs boekmerkies.
- As jy ‘n private kommunikasietoep soos SeeSaw gebruik, stuur die leesvideo of -foto’s direk aan die betrokke ouers.
- Hou makker leestye met maats uit ‘n ander klas of ‘n ander graadvlak.
- Nooi familielede (vrywilligers) om na die leesgroepe te luister of individuele leerders te luister. Skamer outjies kan dalk aanvanklik net na die storie luister.
- Vra vir donasies sodat jy leesfoontjies kan laat maak of dalk is daar ‘n ouer wat ‘n skenking sal maak 😉
Jan 16, 2019 @ 14:23:56
Goeie Dag
Ek is opsoek na printbare document om my dogtertjie Gr R te leer help skryf asseblief
Baie dankie
[SIGNATURE ANNEMART]
LikeLike
Jan 16, 2019 @ 15:38:23
Hallo, Annemart 😉
Ek het verskillende artikels oor skrif (en die voorlopers daarvoor) hier op my blog. ‘n Mens sal eers die fynspiertjies in die hand versterk met velerlei oefeninge en kan dan na die lettervorming van verskeie letters loer. Kyk na die letters wat die juffrou behandel of fokus op die letters in haar naam.
Loer veral na die stukkie oor “robotkaarte” – waar jy groot letterkaarte kan uitdruk. Tik ook soekterme soos “potloodgreep, knip, handspier, patroon, patrone, skrif, skryf…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir velerlei idees.
LikeLike
Jan 16, 2019 @ 15:08:25
Goeie dag
Kan u asb help, hoe help ek my graad 5 seun met sy vreeslike moeilike wiskunde?
Enige hulpmiddels sal help asb, ek kanie glo dat die kinders van vandag se werk so vreeslik is nie.
Ek hoor graag van u.
Groete
Charlene
LikeLike
Jan 16, 2019 @ 15:46:02
Hallo, Charlene 🙂
Watter tipe wiskunde doen hulle tans? Ek het enkele idees in verband met woordsomme, breuke, deling, veelvoude, maaltafels, ens.
Loer gerus hier na ou vraestelle. Bied die onderwyser dalk ekstra klasse aan om moeiliker werk weer te verduidelik?
Ek hoop die idees kan help 😉
LikeLike
Jan 20, 2019 @ 14:59:49
Middag! Kan mens die hele gr 3 sillabus met een bestelling bestel?? Hoeveel werk dit uit? Of wat stel jy voor?? Ek maak feitlik my Aspergers gr 3 kleinkind groot, so ek is ook verantwoordelik vir sy huiswerk. Ek is altyd opsoek na inligting om hom te help. Hy vaar tans uitstekend, en ek wil dit probeer so hou. Verder gebruik ek ook die inligting, om myself te leer, om hom weer te kan help. Het v jou inligting gesien en hou baie v die formaat. Baie dankie! Susan Engelbrecht
On Wednesday, January 16, 2019, © My Klaskamer – idees en gedagtes uit ‘n juffrou se pen wrote:
> Juffer posted: ” Luidleesdag word vanjaar op die 1ste Februarie gevier. > luidlees opsies boek vraelys Nooi die outjies om ‘n laken, > kombers en kussings skool toe te bring om ‘n leesfort te bou. Hang > kersliggies aan die binnekant of laat ‘n bietj” >
LikeLike
Jan 20, 2019 @ 23:34:21
Hallo, Susan 😉
Ek verkoop nie die sillabus nie. Jy kan egter soekterme soos “CAPS” of “ATP” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik om GRATIS opsies af te laai.
Ek werk self met outjies wat Aspergers en Outisme het. Tik gerus soekterme soos “Inklusiewe, Ondersteuning…potloodgreep, dubbeklanke, tweeklanke, drieklank, klanksamevloeiings, flitskaart, sigwoord, sinne en paragrawe, Engels, wiskunde huiswerk, woordsoort, breuke, toeps, lees, leesreeks, leeslys, beplan…rooimierblussers…” by die soekblokkie in.
Ek hoop dit kan help. 🙂
LikeLike