Wat kan ‘n mens alles op Luidleesdag lees of doen?
- Knip en plak sigwoorde, rymwoorde en ander ouderdomstoepaslike woorde uit tydskrifte of bou dit uit los opskrifletters. Flits die woorde, plaas dit op die woordmuur, skryf dit oor in die individuele woordeboekies of tik dit oor tydens rekenaarlesse.
- Luister na voorlesings op die mat, e-boeke of op die rekenaar.
Feb 16, 2016 @ 11:04:58
Goeiemore Juffrou
My seuntjie is in graad 2 in Laerskool Impala in Kempton Park Gauteng. Hy is verlede jaar gediagnoseer met ADHD en angs.
Sy juffrou het hom verlede jaar baie bygestaan. Die jaar lyk dit of hy goed doen,maar ons kan sien hy het geen begrip van wiskunde nie. Wat kan ons doen om hom te help met wiskunde? Hy verstaan ook glad nie geldsomme nie.
U raad en advies sal baie waardeer word.
Groete
Maria
LikeLike
Feb 16, 2016 @ 23:29:12
Middag, Maria 😉
Ek het so ‘n paar wiskunde en woordsom idees. Dit werk veral goed om so nou en dan oor te skakel na ‘n laer rat. Hou tellers en hulpmiddels soos ‘n honderdblok of flardkaarte byderhand. Praat die somme met die hulpmiddels deur en skakel dan oor na die groter getalgebied of aspekte. Sodra hy weer worstel, trek ons die hulpmiddels nader en gebruik ‘n kleiner getalgebied. Breek die wiskunde huiswerk in korter konsentrasietye op of gebruik ‘n wekker/timer om tydsindelings aan te dui. As hy bv. 5 somme in 3 minute voltooi het, kan hy vir 2 minute lank op die trampolien spring of ‘n bal bons. Indien nie, kry hy net ‘n minuut. 😉
Vir geld, het ek eenvoudige idees hier beskikbaar. Loer ook na die “video” heel onder. Hy kan dit op die rekenaar, ‘n Apple of ‘n Android toestel speel. Het julle ‘n speletjie soos Monopoly?
Tik ook soekterme soos “voor en na, meer en minder, afrond, veelvoud, maaltafel, halveer, verdubbel, hoe laat is dit…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.
LikeLike