Dit is byna Wêreld Boeke Dag en Nag.
- Stel lysies saam van wat julle graag wil lees en neem dit saam as julle weer die biblioteek besoek.
- Boeke Dag vind ‘n dag na Aarde Dag plaas. Kan julle interessante boeke oor die aarde en natuur kry om te lees?
- Gee vir elke opvoeder die geleentheid om ‘n lootjie met ‘n boek se besonderhede te trek. Neem die persoon op terwyl hy/sy die storie voorlees en stuur die versameling beeldmateriaal aan gesinne om voor bedtyd te speel.
- Stuur ‘n herinneringsboodskap of -grafika via sosiale media en elektroniese boodskapdienste uit.
- Mik daarna om 15 – 30 minute lank te lees.
Lees Idees: Boeke Dag(drukbaar)
Boekmerkies, ens.
Tik gerus soekterme soos “leeslys, leesreeks, boekmerk, boeke dag, boeke nag, biblioteek…stories” by die soekblokkie vir soortgelyke idees in.
Laat 'n boodskap