Screen Shot 2015-11-08 at 14.15.55

Op 11 November dra ons ‘n rooi papawer om oorlogsoldate te onthou en om hul opoffering te herdenk.  Op die 11de dag van die 11de maand, om 11:00 vm, word ons vir 2 minute stil.  Tradisioneel is die stiltetyd om 12:00 rondom die middagsein of -skoot in Kaapstad gehou.

  • Berei ‘n lang strook papier vir ‘n muurtoneel voor, deur die boonste deel blou en die onderste helfte groen te verf.  Indien jy die verf met sponsdrukwerk wil aanwend, kan ‘n mens selfs die kleure effens in mekaar laat vloei.  Gebruik ‘n ou kam om vertikale strepe in die groen gras te trek.  Sodra dit droog is, kan ‘n mens skakerings van rooi en donker oranje verf meng.  Verseker dat dit dikkerig (soos tandepasta) is en skep dit in plat bakkies of borde.  Laat die outjies die vuis bal en doop die pinkiekant in die verf voordat die papawers op die “veld” gedruk word.  Skryf die name liggies by elke blom by.  Wanneer die rooi verf droog is, kan ‘n mens ‘n duim in geel en dan swart verf doop en in die middel van die blom druk.  Rond die muurtoneel af met gepaste woorde soos “Ons onthou…“.
  • Doop koffiefilters in flou rooi waterverf of ‘n voedselkleurselmengsel.  Die filters absorbeer die kleur baie vinnig.  Vou die filters soos blomme (met ‘n tuit) toe en laat dit droog word.  Doop ‘n kwas in swart verf en laat die ergste waterigheid af drup.  Maak die blomme effens oop en verf die binneste of middelste deel.  Sodra dit droog is, kan die blomme op individuele prente of ‘n muurtoneel geplak word.
  • ‘n Mens kan bogenoemde met kolwyntjiepapiertjies doen.  Indien jy die papier ‘n bietjie stewiger of stywer wil maak, verf dit met muurpapiergom (koop koevertjies by hardeware winkels).
  • Doop die onderkant van gaskoeldrankbotteltjies in dikkeringe rooi verf om blomme te druk.  Doop dan ‘n krukprop in swart verf vir die middel.
  • Sny ‘n papawer uit die onderkant van ‘n gaskoeldrankbotteltjie.  Gebruik spuitverf om dit rooi te verf.  Kleur ‘n sagte vilt- of watteballetjie swart en plak dit in die middel.
  • Spuitverf metaal botteldoppies met rooi verf en doop ‘n potlood se uitveër in swart verf vir die kern.  Sodra dit droog is, kan ‘n mens gom liggies in die middel verf en goue blinkertjies sprinkel.  Plak op ‘n borsspeldjie vas.
  • Maak ‘n rooi wolpom-pom, sprei die wol oop en werk ‘n swart knopie vas…of plak ‘n viltballetjie vas.
  • ‘n Mens kan rooi viltpapawers uitknip, ‘n swart knoop op die geel deel plaas en dit vas werk of gom.  Werk dit aan ‘n klein doekspeldjie vas, plak dit op ‘n klein kaartjie vas of maak ‘n krans uit die klas se versameling.

Dra die papawers tydens ‘n besoek aan die plaaslike tehuis vir bejaardes of neem dit na die dorp se helde-akker.  Nooi gerus families saam…

just niusance

Just N

forbetterorforworselynnjohnston

vlaandere