Wanneer die fondamente vir lees en leer gelê is en die kind die aspekte bemeester het, begin hy ryp word vir formele onderrig.
As die leesproses begin voor die gereed is om die inligting in te neem, kan dit lei tot lees- en leerprobleme. Sonder ‘n sterk grondslag, kan die gebou ineen stort.
artikel
Die kind
Gereedheid
Nie alle kinders bereik ‘n gereedheidspunt op dieselfde kronologiese ouderdom nie.
As ‘n kind nie emosioneel ryp is nie, kan die leerproses spanning en gedragsprobleme veroorsaak.
‘n Tekort aan selfvertroue kan die kind verhoed om te waag om te lees.
§Die kind behoort geïnteresseerd te lyk in boeke – inkleur, teken, “skryf”, blaai en “lees”.
§Die kind behoort ag te slaan op gesag.
§Die kind behoort met ander te kan saamwerk.
§‘n Verantwoordelikheidsbesef behoort gevestig te wees.
§Onafhanklikheid in terme van
·Toilet roetine / gebruik
·Veters knoop
·Eet en drink (voeding)
·Aantrek
‘n Kind wat emosioneel nie gereed is nie, kan uiting gee aan sy frustrasies op die volgende wyses:
§hardloop weg
§kruip weg
§aggressiewe optrede teenoor maats
§weier om te werk
§enurese (benatting) en enkoprese (bevuiling)
Loer ook na “skeidingsangs” [Emosioneel] aan die regterkant.
Intellektuele / kognitiewe ontwikkeling
Die brein se vermoë om nuwe begrippe en konsepte te verstaan (soos veral wiskunde).
- Fisieke aspekte
Gesondheid
§Voortdurende en kroniese siektetoestande kan die leerproses belemmer.
Sensoriese aspekte
§Die volle gebruik van die ore (gehoor) en oë (visie en oogbewegings) is nodig om suksesvol te kan lees.
§‘n Gebrekkige gehoor en ouditiewe vaardighede verhoed die kind om opdragte korrek te hoor en om klanke met simbole te assosieer.
§‘n Gebrekkige visie en visuele vaardighede belemmer die kind se vermoë om simbole te lees en te verstaan.
- Spraak en uitspraak
§Verstaanbare uitspraak is belangrik, sodat die kleinding kan skryf wat hy hoor. Veral outjies wat lispel sal die “s” vervang.
§Korrekte taalgebruik en sinskonstruksies is belangrik om sinne verstaanbaar te skryf.
§Die korrekte gebruik van die “skool-“ of “leertaal”, help die kind om te begryp wat onderrig word.
- Oriëntering
Kennis van rigting keer dat letterformasies (vorming) en syfers in die verkeerde rigting gedraai word. (e.g. u / n, b / d / p, t / f…)
Belangrik:
§‘n begrip vir die verhouding van vorms tot mekaar (naby / ver, bo / onder…),
§kennis van bo, onder, links, regs…
§kruising van die middellyn
·behoort die denkbeeldige middellyn te kan kruis
- Visuele waarnemingsvaardighede
§As die kind nie die verskil tussen prente, items of simbole kan sien nie, mag hy moontlik probleme ontwikkel om die verskil tussen syfers, letters en woorde te sien (b / d / p, 2 / 5, 9 / 6, t / f).
§Woorde kan verkeerd gespel word (bad / dab, net / uet)
§Woorde kan verkeerd gelees word.
§Die volgorde van klanke in ‘n woord kan verkeerd gelees word (kat / tak / akt).
- Ouditiewe persepsie
§As die kind nie die verskil tussen klanke kan hoor en begryp nie, gaan dit lei tot spel- en leesfoute.
·Die kind sal moontlik iets anders skryf as wat die juffrou sê. bv. woot inplaas van boot, bat in plaas van bak
§As die kind daarmee worstel om tussen klanke te onderskei, sal hy moontlik nie ‘n spesifieke klank kan hoor nie. “Bv.: Watter klank hoor jy eerste as ek kat sê?” (k). Dit sal ‘n direkte impak hê op die kind se vermoë om woorde te skryf.
- Fynspier bewegings
Die hand se vermoë om fyn aksies uit te voer, beïnvloed die kind se vermoë om netjies en vloeiend te skryf. Dit word vooraf gegaan deur die ontwikkeling van die grof of groot spiere (maag-, arm-, beenspiere…).
- Dominansie
Links- of regshandigheid behoort gevestig te wees (moenie die kryt tussen die hande ruil nie).
Voorskoolse aktiwiteite:
- lees vir die kind voor
- praat gereeld en voortdurend met die kind om woordeskat uit te brei en goeie taalstrukture te vestig
- gebruik die taal waarin die kind sal skoolgaan
- sing liedjies, sê gediggies op, vertel stories oor
- tel
- bespreek prentjies (Wat gebeur? Wat kan gebeur? Wat dink jy sal volgende gebeur?)
- voorspel wat in die storie sal gebeur deur na die voorblad te kyk
- bepaal wat links en regs is (ons draai nou links)
- ontwikkel terme soos eerste, aan die begin, in die middel, laaste
- benoem kleure en vorms
- vestig goeie ouditiewe en visuele vaardighede
- vertel ‘n storie terug (geheue)
- omring deur stories, boeke, rympies, gedrukte materiaal
- ritme (dit beïnvloed ‘n begrip taalgebruik en wiskundige patrone)
- oog-hand koördinasie
- WOORDESKAT ONTWIKKELING
(dankie aan Grové en Hauptfleisch se slimgeit)
Kobus Weyers het ‘n vraelys om te voltooi op sy webwerf. Dit gee ‘n goeie aanduiding of jou kind skoolgereed is al dan nie.
Mar 24, 2009 @ 16:34:01
OP die volgende webwerf is ‘n vraelysie oor skoolgereedheid. ‘n Mens kan dit aflaai en kyk of jou kind aan die aspekte voldoen. Dis handig vir Graad R EN 1 ouers en opvoeders 😉
http://www.kobusweyers.co.za/
LikeLike
Apr 02, 2009 @ 12:31:03
Hallo Juffer!
Ai tog, ons sukkel nog met die Afrikaans en om die beginklank, middelklank en eindklank te “hoor”. Ek het nou die eerste week van die vakansie dat ons die beginklank oefen. Dit gaan al so goed. Volgende week doen ons die eindklank. Hopelik as die skool weer begin, verstaan my arme kind alles en kan die woorde klank en lees! Maar dit gaan al heelwat beter as in die begin.
Dankie vir al die wenke!
Lekker dag verder.
Groete
Runel
LikeLike
Mei 27, 2010 @ 19:45:03
my seun is 7jr oud en sukkel nog met die rrrrrrrrr klank. moet ek bekommerd wees?
LikeLike
Mei 28, 2010 @ 17:27:28
Hello, Amelia 😉 Nee wat. As dit hom nie in spelwerk pla nie, is dit in orde om te brei. Kyk ook na hierdie skakel….
LikeLike
Nov 06, 2012 @ 14:21:58
Ek wil my kind graag 1jaar terug hou al is hy nog nie in skool nie hy verjaar nou die 17 de Desember en dan word hy 5. Volgens ons skool hoof mag ek hom nie terughou nie hy se dat die jaar wat wat hy 7 word moet hy graad 1 toe gaan? Mag ek my eie besluit maak of is daar so ‘n wet wat my dwing om my kind in gr 1 tesit as jy 7 daardie jaar word?
LikeLike
Nov 06, 2012 @ 17:06:04
Middag, Marthie 😉 ‘n Kind is skoolpligtig in die jaar waarin hy 7 jaar oud word en moet dus dan skool toe gaan TENSY goeie bewyse gelewer kan word dat die outjie nog nie skoolgereed is nie. Gewoonlik word ‘n paar vorms by die plaaslike skooldepartement in gehandig om die versoek te staaf, bv. ‘n geskrewe versoek van die ouers, ‘n sielkundige evaluasie verslag (om die outjie se ontwikkeling en/of agterstande aan te dui), ander verslae van kundiges (bv. spraak- of arbeidsterapeute) en ‘n skoolrapport. Jy sal hierdie inligting aan die plaaslike skooldistrik se skoolsielkundige kan oorhandig, maar behoort dit so gou as moontlik gereed te kry. Kontak die plaaslike skole om die besonderhede van die skoolsielkundige te kry en kontak die persoon sommer môre.
Baie sterkte 😉
LikeLike
Okt 06, 2015 @ 09:07:14
Goeie dag Juffer. My seun is tans in graad R en hy was 6 in Maart hierdie jaar. Hy sukkel vreeslik baie met alle werkies, behalwe vir die liggaams oefeninge. Moet ek hom terug hou nog ‘n jaar vir graad R? Hy is nog nie naastenby op die vlak waar hy moet wees nie. Kan jy asseblief vir my raad gee?
LikeLike
Okt 09, 2015 @ 19:19:24
Middag, Tálitha 😉
Wat sê die juffrou en hoe lyk die rapport? Dit sou dalk wenslik wees om so gou as moontlik ‘n afspraak met ‘n opvoedkundige sielkundige te reël. ‘n Evaluasie sal beteken dat die persoon na aspekte soos akademiese, liggaamlike/fisieke, emosionele ontwikkel, ens. sal kyk om ‘n geheelbeeld te kry. Indien die sielkundige terapie soos arbeidsterapie sou voorstel, kan ‘n mens dit dan dadelik begin en daarmee voortgaan – hetsy die outjie Graad R of 1 doen.
Indien julle hom wil terug hou, sal die skool aansoek om kwytskelding van skoolplig (by die onderwysdepartement) moet doen. Dit is julle reg om hom terug te hou en ‘n ingeligte kundige se opinie sal baie water dra in die proses.
Tik gerus soekterme soos “arbeidsterapie, Graad R, skoolgereed, Graad 1, VMI…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir nog idees. 😉
LikeLike
Okt 15, 2015 @ 15:37:46
Goeie middag. My seun is in Graad 3 nou. Ons het nou met sy juffrou n vergadering gehad, en hy sukkel geweldig met sy Wiskunde en sy tale, hy het al blykbaar n agterstand gehad van Graad 1 af, maar hulle het ons nooit die erns van die situasie gesê nie in die vorige grade nie, ja hy sukkel bietjie, maar nooit so dat hulle ons aanbeveel om hom terug te gehou het nie. Hierdie jaar die derde kwartaal, het hy met al sy vakke afgekom, so swak dat sy juffrou vandag vir ons gesê het dat hy grad 3 definitief gaan oordoen. Dit is vir ons n verskriklike emosionele situasie want hy is n sensitiewe kind en hy gee altyd se beste, al die juffrouens sê dit, so dit is nie dat hy lui wegsteek nie, hy probeer regtig hard, dis net hy is te ver agter. Het jy raad vir wat ons te doen staan om die nuus aan hom te breek en wat kan ons nog doen om hom te help. Hy was by Tina Cowley al, hy gaan vir Wiskunde ekstra klasses buitemuurs, hy het interfensie klasse by die skool en die nasorg doen ook huiswerk met hom. Hy is blykbaar baie hastig in sy werkies wat ook n oorsaak is in sy punte, hy dink dit nie na nie, hoe kan ons hom nou verder help? Help asb….
LikeLike
Okt 18, 2015 @ 17:18:55
Middag, Zita 😉
Gewoonlik herhaal ‘n kind nie net op een kwartaal se punte nie. Het die skool voorstelle gemaak – soos ‘n konsultasie met ‘n opvoedkundige sielkundige? So ‘n evaluasie sal na aspekte soos wiskunde, tale, konsentrasie, emosionele welstand, VMI, die nood vir arbeidsterapie/spraakterapie/ens. loer en vir julle (en die skool) ‘n deeglike beeld van die outjie se potensiaal en leemtes kan gee. Daarna kan ‘n mens met raakvat hulp begin.
Ek het enkele werksidees en take hier op my blog. Jy kan soekterme soos “CAPS, klanke, hersien, wiskunde huiswerk, woordsom, woordsoort, sigwoord, f en v, e klink soos i, afrond, veelvoud, maaltafel, deling…lees…vraestel” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik en ook na die skakels aan die regterkant loer.
Indien moontlik, soek na ‘n remediërende opvoeder wat die outjie minstens twee maal per week individueel kan help. 😉
LikeLike
Okt 27, 2015 @ 18:48:00
Asseblief ek soek n lys van goed wat leeders moet weet en kan doen in graad R en moet hulle al vlot kan lees , winskunde wat moet hulle alles wees en in wat moet hulle in alles kan tel , tyd, moet hulle al kan weeet wat is odd en even .watse groot motoriese goed moet hulle kan doe , fyn ens
Ais daar oefeninge wat julle aan beveel wat kan help met bostaandr
LikeLike
Okt 28, 2015 @ 14:06:31
Hallo, Carleen 😉
Ons kyk gewoonlik na die aanvangs verwagtinge in die Graad 1-kurrikulum en beplan daarvolgens. Loer na die onderskeie skakels in die skrywe – wat jou na sulke aspekte/riglyne sal neem. Jy kan ook soekterme soos “Graad R, Graad 1, links en regs, abc, klanke, syfers, patrone, vorms, robotkaart, middellyn, spiertonus, visuele, ouditiewe, VMI, potloodgreep, handspier, fynspier, posisie…” by die bruin soekblokkie in tik vir enkele idees en oefeninge.
LikeLike
Okt 24, 2017 @ 12:30:37
Stel belang in meer ek dorn skoolgereedheids toetse op grR
LikeLike
Okt 24, 2017 @ 13:19:03
Hallo, E.Malan 😉
Loer gerus na hierdie stukkie, maar tik ook soekterme soos “Graad R, Graad 1, voorskoolse jare” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in.
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Nov 23, 2017 @ 09:38:32
Hallo Juffer,
Ons benodig asb raad. My dogtertie was doof tot totdat sy 2 jaar oud geword het. Na ‘n operasie het sy haar gehoor terug gekry, sy kry vir die laaste 4.5 jaar heeltyd spraakterapie, fisioterapie en arbeidsterapie. Sy is 3 keer terug gehou in graad R en die skool wil haar nou weer in graad 1 terug hou agv van haar Afrikaans, haar ander vakker slaag sy met lof en werk baie hard. Haar Afrikaans verbeter met elke kwartaal en sy kry nou al 50%, maar haar jaar gemiddeld is onder 50%. Sy word volgende jaar al 9jaar oud. Wat kan ons doen dat hulle haar nie nog ‘n jaar terug hou nie?
Groete
Stef
LikeLike
Nov 23, 2017 @ 12:05:29
Hallo, Stef 😉
Die regering laat gewoonlik ‘n leerder aanbeweeg na die eerste herhaling in ‘n fase. Hulle teken dit as “age cohort” aan – met ander woorde die outjie sal dan saam met die klasmaats aanbeweeg indien hy/sy vir ‘n tweede keer nie die minimum slaagvereistes vir ‘n graadvlak in ‘n fase behaal het nie. Die gehoorverlies/-agterstand en ondersteuning behoort ook in berekening gebring te word. Het die skool ook ondersteuning gebied (ekstra klasse, aanpassings, remediërende onderrig, ens.)?
Die skool sou al kennis gegee het indien sy hierdie jaar die kans staan om te herhaal… Maak vandag nog ‘n afspraak met die hoof om te gesels oor die vooruitsigte – wat hulle, julle en jul dogtertjie kan doen om as ‘n eenheid saam te werk en voorbrand te maak vir die nuwe jaar.
Loer gerus ook hier na die slaagvereistes.
LikeLike
Nov 03, 2018 @ 21:16:47
Wat moet n kind kan doen alles as hy skool toe gaan asb hoor so baie stories
LikeLike
Nov 03, 2018 @ 21:55:09
Hallo, Hester 😉
Die bogenoemde artikel – asook die volgende skakels gaan vir jou baie leiding kan bied:
Skoolgereedheid
Voorskoolse jare – wat word verwag?
Vaardighede om te ontwikkel met die oog op Graad 1
Tik gerus ook soekterme soos “abc skryf, abc uitspraak, robotkaart, sigwoord, flitskaart, syfers, tuis idees, tuis oefen, oefen self, ouditiewe, visuele, middellynkruising, spiertonus…Graad 1” by die soekblokkie in vir verskeie oefeninge wat julle kan probeer.
Ek hoop dit kan help 🙂
LikeLike