‘n Student het idees gevra om tydens buitespel te gebruik – as fantasiespel nie gebruik mag word nie:
As die skool ‘n rybaan en skopfietsies het, kan jy verkeersligte en padtekens maak sodat hulle die paaie veilig kan gebruik. Tydens sandspel kan jy kleiner padtekens en voertuie uit houtblokkies en bottelproppe neersit. Die outjies moet dan hulle eie veilige paaie bou en die verkeerstekens gebruik. Dosente hou van selfgemaakte speelgoed en apparaat. Maak dus items uit “herwonne” materiaal.
Jy kan aandag skenke aan rigting, posisie in die ruimte en lateraliteit, byvoorbeeld: Draai na links of draai na regs. Ons ry aan die linkerkant en gaan regs verby. Gee “geboue” en “huise” sodat die outjies die strate tussendeur kan uitlê. As jy dit in verskillende kleure verf, kan jy kleur-vaslegging doen.
As jy padtekens maak of selfs jou opdragte in padtekenformaat wil aanbied, kan jy sommer die kleure op die borde en die vorms daarvan bespreek.
Vir ‘n hindernisbaan kan ‘n mens seker ‘n roete uitlê en ‘n “padkaart” (soos ‘n skattejagkaart) teken. Meng dit met stasie-opdragte (soos in die Amazing Race). Pak byvoorbeeld 4 – 6 motorbande plat neer (bymekaar of in ‘n ry). As hulle by die band kom, is daar ‘n “padteken” met ‘n illustrasie van iemand wat spring. Dan moet hulle van band tot band spring. By ‘n ander punt moet hulle ‘n veiligheidsgordel vasmaak (dalk het ‘n motorhawe vir jou ou gordels – of jy kan ‘n babastoeltjie en pop inspan). Laat bande regop staan en die outjies daardeur kruip. Op ‘n ander punt moet hulle balanseer en oor die regopstaande bande loop. Gee vir die outjies glimbande of frokkies om te dra as jy hulle in spanne wil verdeel. Dalk kan ‘n mens ‘n uitdagingspunt hê waar die outjies ‘n groot padtekenbord uit los stukke moet bou (legkaartformaat) of waar hulle ‘n glimstrook op ‘n skopfiets moet plak. Jy sal net die lengte korrek moet afsny, die punt van die strokie moet los maak en om vou sodat dit makliker kan los trek. Trek ‘n pop of mannekyn met “veilige” klere aan om in swak lig te stap. Gee dan ‘n hoop donker en ligte klere – met ‘n glimband of twee. Wat van ‘n uitrusting van ‘n fietsryertjie?
Dink voortdurend aan perseptuele ontwikkelingsaspekte, terminologie en leermateriaal wat jy kan inspan. As jy die les vooraf aanbied of die onderwerp bespreek, kan jy aandag gee aan al die veiligheidsmaatreëls wat jy vir die buitespelles in gedagte het. Dit maak die les soveel makliker.
Iemand het prente van padtekens gesoek:
- Inkleurprent
- Voetgangers inkleurprent
- Prente 1,
- Padveiligheid Muurprent 1
- Padveiligheid Muurprent 2
- Padveiligheid Muurprent 3
- Padveiligheid Muurprent 4
- Padveiligheid Muurprent Sleutel
- Road Safety,
- Raad vir kinders,
- Reëls,
- K53 Gids (English)
- lees
- CMedia se idees
- Liedjie: Ons ou motorkar
- Verkeersman
- Daantjie Kat
- Padtekens
Stal ook die boeke uit wat leerlingbestuurders gebruik.
Mar 18, 2009 @ 12:31:35
Thanks hiervoor, dit was nie ek nie, maar ek kan dit voorwaar gebruik. Ek is besig om flitskaarte van die alfabet vir my seun te maak, maar ai, watse prentjies sit ek by ‘i’ of by ‘y’ en by ‘z’ dis rerig moeilik, help my groot asseblief…
LikeLike
Nov 05, 2009 @ 09:16:00
I staan vir Ink
Y staan vir Ysbeer
Z staan vir Sebra
LikeLike
Mar 18, 2009 @ 12:31:58
En nou dink ek vinnig aan Q…
LikeLike
Mar 18, 2009 @ 18:41:21
Hello Pikkelik 😉
Dis nogal moeilik – ek stem. Die ouer leermateriaal kan soms aanstoot gee. Ek het werkvelle met “i” vir Indiaan, ink, inkvis…”y” vir ystervark, ys, yskas en “z” vir zoeloe
en “q” vir ‘n qupu (spelling is nou skielik uit my kop uit) – dis ‘n Inka riemtellegram.
Maak vet letters met die volgende daarin:
c het “check” blokkies, x het ‘n x-straalplaat, z het ‘n zebra-patroon, a het ‘n appel, b het ‘n bal in die ronding, d het ‘n donkie binne-in, e het ertjies daarin, f het ‘n feë, g is goudkleurig, h is vol hartjies, i het ‘n indiaanmeisie, j het jellieboontjies, k is vol katte, l is vol legkaartstukkies, m het die maan in die boonste rondings, n het ‘n net, o het ‘n otter, p is pienk en pers, r is rooi, s is silwer, t het ‘n tier se oë en oranje en swart strepe, u het ‘n bus, v het vlamme, w het water, y het ‘n ystervarkie en z het ‘n zoeloeseun
😉 sterkte
LikeLike
Mar 19, 2009 @ 09:08:08
Baie dankie hiervoor, sal dit beslis gebruik!
LikeLike
Mar 19, 2009 @ 14:15:51
😉 plesier
LikeLike
Apr 01, 2015 @ 16:15:42
Hoe kan ek padveiligheid in ‘n kunsles gebruik?
LikeLike
Apr 03, 2015 @ 12:40:32
Larissa, ‘n mens kan vir hulle paaie op ‘n groot vel laat teken en inkleur met pastelle of uitdraaikryte (heen en weer of volgens ‘n roete). Verf met verdunde voedselkleursel. Teken motors op aparte velle, knip uit en versier dit met fyn skeur-en-plakwerk (uit tydskrifte of afval papier). Rangskik en plak die motors op die paaie. As julle lus het, kan ‘n mens die motors met ‘n lagie (kleurlose) vernis spuitverf seël. Maak ook gesamentlik een groot collage vir die gang.
LikeLike
Apr 20, 2019 @ 07:09:48
Goeie dag het jy dalk idees vir graad R vir ‘n onderwerpbespreking oor die sebra streep, die verkeerslig, en veiligheid binne die kar vir my kritles, asook ‘n storie hieroor asb?
LikeLike
Apr 20, 2019 @ 16:57:08
Hallo, Anja 😉
Buiten die idees op hierdie blad en die skakels onderaan, kan jy ook na die “Bordjies Rondom Ons” loer. Dit sluit prente in verband met padborde en ‘n verkeerslig in.
Bv. Plak ‘n lang strook/prent van ‘n pad/straattoneel teen die bord op.
Wys ‘n prent van ‘n padteken en vra die outjies of hulle dit al gesien het…”Ja, ‘n mens sien dit langs die pad.” Plaas die prente heel bo teen die bord ter verwysing. Gebruik ‘n handpop om ‘n storie te vertel van iemand wat in die straat af beweeg en padtekens teë kom. Vra byvoorbeeld: “Wat doen ek nou? Wat doen ek hier? Moet ek hardloop? Moet ek sit?” en laat die outjies idees deel. Beklemtoon dan dat die outjies goeie antwoorde verskaf het en beweeg aan na die volgende teken.
Ek hoop dit kan help.
LikeLike