Ek is nie ‘n dieetkundige of ‘n dokter nie, maar het die volgende inligting uit nota’s saamgestel. Die inligting is deur dieetkundiges verskaf.
Snaaks genoeg is ons terug op die goeie ou LOW GI:
Volgens die dieetkundige, is Uncle Salie se volgraanbrood, saadbroodjies en provitas LOW GI broodprodukte. Ander kosse sluit die volgende in:
- All Bran, Oats-so-Easy (natuurlik) en High Fibre bran.
- Wit rys (Tastic), Old Mill Stream (bruin), Spekko Basmati rys, patat, sweetcorn.
- Boontjies, lensies, rou wortels, peppers , groen boontjies, tamaties.
- Appels (liefs iets soos Golden Delicious – die geler appels), pere, lemoene, naartjies, perskes, aarbeie, druiwe.
- Suikervrye lekkers en koeldranke, sjokolade, springmielies, grondboontjies, LOW GI vrugtesappe, Simba skyfies.
Medium GI produkte is ook goed, maar moet liefs met ‘n proteïen gebruik word:
- Volkoring brood, rogbrood, Rye Vita Pita, Crackermates lites.
- Bokomo, Jungle oates (gekook), Strawberry pops, Tasty Wheat, Pronutro vlokkies.
- Tastic Basmati, Jasmine, Sushirys, Cous-cous, jong aartappels, sweetcorn (roomsoort).
- Spinasie, beet, gekookte wortels.
- Tropiese vrugte
- Droë vrugte
- Suiker, konfyt
Hoë GI:
- Wit en bruin brood
- Koek en koekies (beskuitjies)
- Pronutro, Special K, Rice Crispies, Cornflakes, Fruit Loops, Tiger Oats
- Wit rys, polenta, kits noodles (2 minute, ensovoorts)
- Pampoen, skorsies
- Waatlemoen, spanspek, droë vrugterolle
- Koeldranke met suiker, harde lekkers en jelly lekkers, energie drankies, mielie skyfies.
Oor die algemeen skakel ‘n mens soveel kunsmatige geurmiddels (MSG en kleurmiddels) uit. ‘n Kombinasie-aanvulling met Omega 3, Kalsium en Magnesium is voordelig en Sink kan ook bygewerk word. Praat net eers met die apteker om te verseker dat jy die regte dosis gebruik.
Hou sover as moontlik by die LOW GI produkte wat nie ‘n vinnige suikerskop of woema gee en na ‘n rukkie die outjie pap en uitgeput laat nie. Probeer ook die volgende proeflopie:
Doug Cowan van Body and Mind beveel aan dat ‘n mens die volgende uitsny vir ongeveer twee weke. Dit is ‘n eetplan wat vir 20% van die ADHD-kinders werk. Die basiese beginsel is om terug te gaan na die kosse en resepte van ons ouma’s en oumagrootjies. Na twee weke werk ‘n mens die onderskeie produkte een per dag in om te kyk of die kleintjie se liggaam anders reageer. Eet genoeg van daardie voedselsoort en let op na dinge soos ‘n verskil in die gemoedstoestand of uitbarstings. As ‘n merkbare reaksie voorkom, kan ‘n mens dit aan die pediater noem.
- Geen suiwel – veral koeimelk. Drink eerder baie water.
- Geen geel kosse – veral mielie en skorsies. Piesangs tel as wit.
- Geen kitskosse. (Wegneem etes én die vinnige kits).
- Geen vrugtesappe. Dit het baie suiker.
- Sny die suiker inname met 90%. Verkieslik geen suiker nie.
- Sjokolade – slegs ‘n blokkie per week.
- Geen versoeters.
- Geen geprosesseerde vleise (verpulp en geset soos polonie, worsies…) en geen MSG.
- Sny die inname van gedroogde kosse met 90%.
- Vermy gekleurde kosse. Veral die rooi en geel kleursel het blykbaar ‘n ongewensde uitwerking.
Die dieet of eetgewoontes is slegs ‘n speek in die groter wiel van ‘n gesonde lewenstyl. Dit is iets wat ‘n mens kan gebruik om die lewenskwaliteit en algemene gesondheid te verbeter, maar is nie noodwendig die oplossing nie. ‘n Pediater en ‘n neuroloog kan ‘n beter mening uitspreek.
Mar 16, 2009 @ 23:35:00
Hallo Juffer!
Sjoe, maar jy werk hard!
En nou sien ek dat my kinders heeltemal verkeerd eet! Ai toggie tog tog!
Baie dankie vir al jou raad en wenke, ons probeer dit soveel as moontlik implementeer. Ons kan al baie verbeteringe sien, danky jou!
Mooi bly
Runel
LikeLike
Mar 17, 2009 @ 15:49:37
Hi Runel
Onthou dis net ‘n riglyn. Dis eintlik voordelig vir die hele gesin 😉
Ek is baie bly dat julle al vordering sien. Julle is seker ook al baie opgewonde oor die komende rapport!
Dink aan julle…
LikeLike
Mar 19, 2009 @ 23:04:45
Hallo Juffer!
Ek sien op na die rapport! Gelukkig weet ek ek moet ‘n swak rapport verwag, ek weet net nog nie hoe swak nie. Nog ‘n week, dan sluit die skool. Ek sal vir jou laat weet oor die rapport!
Dankie vir die moed en ondersteuning, dit help baie!
Mooi bly
Runel
LikeLike
Mar 20, 2009 @ 16:16:18
😉 Ons hou al die duime vas 😉
LikeLike
Jan 09, 2010 @ 09:35:36
Jul 07, 2010 @ 14:56:43
Hallo juffer,
My kind het ADHD en ek sal dit waardeer as jy net so kort lysie van kossies kan deurgee wat ek vir hom skool toe kan inpak.
Dankie Jacky
LikeLike
Jul 07, 2010 @ 20:31:57
Hello, Jacky
Ek het die lysie in die artikel by ‘n dieetkundige gekry. Ongelukkig kan ek nie verder by haar veld inmeng nie (oneties ens.). Loer gerus en indien daar nog vrae is, kan jy enige tyd ‘n dieetkundige raadpleeg 😉
LikeLike
Sep 05, 2010 @ 22:57:11
Hallo
Ek sien nou dat my seuntjie van 8 heeltemal verkeerd eet .
Dit is nou sy derde maand wat hy op Concerta is en ek kan nog geen verskil sien nie.
Ek hou glad nie van die idee dat hy op die Concerta pil is nie, juis omdat ek al so baie stories gehoor het van Ritalin, en Concerta val ook onder daardie groep.
Ek sal def. probeer om sy dieet aan te pas.
Low GI, MSG FREE, SUGAR FREE. as ek die 3 eers probeer met vrugte sal dit sekerlik n verskil maak.
Dit is maar vir my n heel nuwe ding die om aan te leer alle raad sal welkom wees, solank ek hom nie pille hoef te gee waaraan hy verslaaf kan raak nie.
Mooi bly
Kiewiet
LikeLike
Sep 06, 2010 @ 17:28:52
Hello, Andriesa 😉 Jy kan gerus op my Faceboek-vriedelys soek vir Dr. Lawrence. Sy is ‘n skooldokter en is ‘n kenner op die gebied van outjies met aandagafleibaarheid. Sy het aangebied om vrae te beantwoord. 😉 Jy kan ook aan die regterkant van die hoofblad onder “blogroll” kyk na die skakels vir ADD / ADHD. Kom loer gerus weer in 😉
LikeLike
Jun 14, 2011 @ 21:25:29
Hallo, voel of my wereld uitmekaar val. My seun R was vanaf Gr. 1 – 3 in ‘n normale staatskool, met geen probleme. Ek het middel Gr.3 hom laat toets by ‘n privaatskool, hulle het my aanbeveel om hom vir ‘n jaar in ‘n spesiale skool te sit, omrede hy baie hulp met die toets nodig gehad het. Nou na amper 2 jaar het ek hom weer laat toets en hulle het hom aanvaar, maar aanbeveel om ‘n doktersverslag te kry by ‘n Educational Psychologist.
Heel uit die veld geslaan , omrede ek nog nooit klagtes ontvang het by enige skole dat R enige probleme ondervind nie.( Hy het nog altyd goed gedoen in al sy vakke en ek was nog nooit ingeroep nie).
Na die doktersverslag hoor ek eers hy het ‘n ondergemiddelde domein (IK 81) en dat sy aandag soms dwaal.(ADD) Hy word ‘n dieet gegee en moet die nommer 8 oefening doen.
Ek het hom vandag na Kumon klasse gevat. (hulle help met Wiskunde en afrikaans) gedoen deur RO onderwysers. Donderdag vat ek hom weer vir ‘n volledige ondersoek by ‘n Psigiater. Hy is nou 3 weke in die nuwe skool, het klaar 2 toetse gedop en kan glad nie breuke doen nie. Ek is moedeloos, wat as ek ‘n fout gemaak het omrede ek hom uit die spesiale skool gevat het,(die kinders was baie hiperaktief en R het snaakse gedrag begin toon met gesigs uitdrukkings ens.) Is daar enige raad of nog iets wat ek kan doen. Ons bly in Namibie
LikeLike
Jun 16, 2011 @ 16:35:44
Middag, Ilse 😉
Die ideaal is seker om ‘n kind wat leerprobleme toon te laat toets deur ‘n kundige. Die ideaal is om by ‘n opvoedkundige sielkundige te begin. So ‘n persoon toets die IK, kyk na spesifieke probleme op die gebied van taal, wiskunde, konsentrasie en ook dinge soos die VMI. Daarna gee hulle aanbevelings en verwysings na kundiges soos arbeidsterapeute, neuroloë, spraakterapeute, ensovoorts. Jy het reeds vir R laat toets en het met ingrypsings begin. Maak ‘n lysie van wanneer die gesigstrekkings begin het, wanneer die juffrouens vir die eerste keer die hiperaktiwiteit genoem het, wanneer die punte begin val het…Neem al die verslae, rapporte en inligting na die psigiater en bespreek jou vrese en kommer. Dalk is daar ‘n spesifieke rede waarom R se punte nou gedaal het (soms is daar ‘n aanpasingsperiode) en die psigiater sal vir jou kan sê of daar rede is tot kommer – al dan nie.
Gesels gerus ook met Dr Estelle Lawrence – ‘n Facebook vriendin. Sy werk in skole – onder andere met outjies wat met aandagafleibaarheid gediagnoseer is. Sy behoort vir jou raakvat raad te kan bied. Baie sterkte 😉
LikeLike
Aug 17, 2011 @ 16:44:26
Hi ek is opsoek na n goeie eetplan vir kinders tussen die ouderdom van 3 en 6 kan enige iemand my asb help dit moet ook al die voedesel groepe dek hoop iemand kan my help
LikeLike
Aug 17, 2011 @ 19:16:46
Hallo, Charlene
Ek sou voorstel dat jy met ‘n dieetkundige kontak maak, want hulle spesialiseer daarin om die korrekte kombinasies te kies. Ongelukkig is my kennis van so iets regtig beperk 😉 Probeer gerus: Anél Kirsten (021 887 5383) of Lee-Anne McHarry (0823411616)
LikeLike
Feb 09, 2012 @ 08:36:19
Ek is bietjie desperaat en ook bietjie ontsteld.
Ons besef dat ons met `n klein dagdromertjie sit en dat dit soms langer vat om huiswerk klaar te kry as normaalweg, maar ons meisiekind wat tans in graad 2 is en Oktober 8 raak, se juffrou het ons gisteraand gevra om haar na `n pediater te naam sodat hy medikasie vir haar kan voorskryf om haar met haar konsentrasie te help. Dit voel vir my baie radikaal. Tweedens is ons meisiekind glad nie hiperaktief nie, sy droom maar net soms te veel. Derdens het die juffrou genoem dat daar 10 maatjies in die klas is wat op die medikasie is, dit voel net vir my of die feit om skielik medikasie te laat voorskryf `n baie groot stap is.
Enige voorstelle van jou kant af dalk?
Groete
JC de Clerk
LikeLike
Feb 09, 2012 @ 17:57:30
Middag, JC 😉 en welkom
Ek werk daagliks met hierdie tipe verwysings. Die dokters wil nie juis ‘n kind sonder die “Conners”-vraelys ondersoek nie. Dit behels dat die outjie oor ‘n tydperk waargeneem word en dat daar aan verskillende aspekte voldoen word voor medikasie oorweeg word. ‘n Mens kan ander opsies eers oorweeg…
Sommige arbeidsterapeute spesialiseer in iets genaamd sensoriese integrasie. As ek dit reg verstaan het dit te make met die liggaam se vermoë om deur sintuiglike ervaring geprikkel te word. Sommige kinders hou daarvan as die juffrou in verskillende stemme of hard praat en ander druk die ore toe as hulle skerp en harde geluide hoor. Sommige outjies skram weg van aanraking en ander is weer mal oor teksture. Sommige outjies eet krakerige vrugte of suur lekkers en ander speel met iets in die hand (rubberige, rekkerige “stresballetjies). Die tipe hulp verskil van kind tot kind, maar ek het vandeesweek gesien hoe dit ‘n kind kan help. Deur ‘n paar oefeninge voor skool of spesifieke lesse te doen, kan ‘n mens moontlik die lyfie stimuleer om sukses te behaal. Skakel gerus ‘n arbeidsterapeut of twee om navrae te doen.
Dan is daar soms dinge soos goeie eetgewoontes, aanvullings (bv. Omega 3/ EyeQ) of roetine wat werk. ‘n Nuwe produk wat tans in Suid-Afrika getoets word is SOLISTEN/TOMATIS. Ek het al baie goeie resultate gesien, maar dit is moontlik dat dit nie met almal ewe goed sal werk nie.
Kontak gerus die verskillende kundiges en gesels met hulle oor julle opsies. Julle dogtertjie is gelukkig nog klein genoem sodat hulp soos arbeidsterapie effektief kan wees. Dit sal goed wees om ‘n ingeligte besluit te kan maak en om met iemand in die mediese veld te kan gesels. Indien julle op die ou einde wel na ‘n pediater gaan, kan julle eers oor aspekte soos vitamienaanvullings gesels. Kontak gerus ook my Facebook skooldoktervriendin, Dr. Estelle Lawrence. Sy werk daagliks met outjies met verskillende vorme van aandagafleibaarheid (dromers tot woelig) en kan goeie leiding gee.
Baie sterkte met al die besluite en gee vir poplap ‘n stywe druk 😉
LikeLike
Feb 10, 2013 @ 20:18:32
Ek weet in ‘n mate hoe sommige van hierdie mamma’s voel. Ons is verlede jaar ook met die aspek gekonfronteer of ons medikasie moet oorweeg of nie. Mens hoor soveel negatiewe dinge. Ek wil net graag ‘n kort weergawe van ons storie deel. Ons het ook op aanbeveling van die juffrou professionele hulp gekry. Na deeglike ondersoeke en toetse is ons seun van 7 nou ook op Concerta. Mens wonder veral aan die begin of dit die regte ding is agv die dinge wat mens hoor. Ons moes die medikasie laasjaar vir ‘n rukkie staak en die situasie het nogal onmoontlik geraak en hy het die verandering in sy prestasie baie sleg ervaar. Vir al die mamma’s wat bekommerd is wil ek net laat weet daar is kinders wat wel hierdie medikasie benodig en as dit vir die regte redes en in die regte dosis voorgeskryf word en deeglik en gereeld gemonitor word deur die spesialis werk dit regtig baie goed.
Ons het nog dinge om uit te sorteer maar die verbetering is ongelooflik. Hy ervaar ook dinge baie meer positief omdat hy nie meer so baie sukkel om te fokus en te konsentreer nie. Die medikasie is nie ‘n wonderkuur wat alles regmaak nie maar ons sien alreeds ‘n reuse verbetering. Ongelukkig word sy eetlus in die dag daardeur beinvloed en eet hy nie dan so goed nie maar verder ervaar ons geen newe effekte nie. Na my mening het die juffrouens baie ervaring en ek dink dit is beslis die moeite werd om wanneer ‘n juffrou aandui dat kinders na hul mening hulp benodig dit so gou moontlik te ondersoek sodat ouers eerder vroegtydig probleme kan aanspreek.
Aan alle mammas wat kopkrap oor hulle kinders wil ek se alhoewel ons dalk elkeen kopkrap of stoei met iets anders het ons almal iets in gemeen ons wil net die beste vir hierdie wonderlike geskenke van ons he al is die pad soms hobbelrig en styl. Sterkte met jul elkeen se uitdagings, steun op julle ondersteuningsnetwerke dit dra mens deur dik en dun.
Juffer dankie vir hierdie webbladsy en blogs ek het per toeval daarop afgekom toe ek inligting op die Internet gesoek het, dis lekker om te weet mens kan erens met iemand gesels. x
LikeLike
Feb 11, 2013 @ 15:19:02
Baie dankie, Sue! 😉 Ek waardeer dit baie en is seker dat baie ander ouers en opvoeders jou boodskap ook sal waardeer.
LikeLike
Des 09, 2014 @ 12:03:45
Hi juffrou, is dit moontlik om n kontak nr of epos address van Dr Lawrence Te kry asb. Baie dankie vir jou tyd wat jy in sit om ons Te help. Groete mariaan
LikeLike
Des 10, 2014 @ 00:56:35
Hallo, Mariaan. Sy werk by die OBOS of WKOD-distrikskantore in Kuilsrivier 021 900 7000 😉
LikeLike
Mei 30, 2017 @ 07:55:04
Hi almal. Is die blad nog in werking?
LikeLike
Mei 30, 2017 @ 13:27:26
Hallo, Gerda 😉 Ja, dit is 100%.
LikeLike
Jul 09, 2017 @ 22:28:28
Xylotol is natuurlike plaasvervanger vir suiker, of rou heuning
2 min noodles is no no bevat msg
Lemoene en naartjies bevat tartatzine
Slegs rooibostee of decaf koffie veilig
Coconut oil
Whole wheat bread ect.
Oats met heuning
Omega 3 aanvulling en Gaba gold ( maak hul rustig gee in aand
Vars vrugte en groente
Eiers
Vleis ,geen polonies of worsies nie
Geen blikkies kosse nie . Preseveermiddels
Sugar free lekkers ( by diskem) te koop
Net Ina parmans spesery (no added msg)
LikeLike
Jul 10, 2017 @ 00:11:29
Dankie, Christina 😉
LikeLike