TEL MET BEGRIP
• Tel tot 1004 (NB om te skat!)
• Tel in spronge (veelvoude)
• Tel in groot eenhede (10, 15, 20, 25, 30, 50, 100 – vanaf enige gegewe getal)…tel aan en terug
WERK MET GETALPATRONE
• Verwantskap tussen getalgebiede
10, 20, 30
210, 220, 230
• Oorbrugging van 10e, 100e, 1000e…
• Getalpatrone om + te bevorder:
• 12 + 3, 112 + 3, 212 + 3
• Getalpatrone om gemaklike aftrekking aan te moedig
• Patrone om x uit te bou
LEER KEN DIE GETAL
• Kenmerke van getalle en simbole
• Ontbinding van getalle: Tiendelig en ander
• Brei uit binne 100e (oorbrug 10e en 100e)
POSISIE VAN DIE GETAL
• Volgorde en vergelyking
• Ordening van getalle
DIE VIER HOOFBEWERKINGS
+
• Soos vir Graad 2 met oordrag
• Ronde getalle
• Driesyfer met eensyfer
• Driesyfer met tweesyfer
• Driesyfer met driesyfer
• Verdubbeling
–
• Soos vir Graad 2 met ontbinding
• Ronde getalle
• Eensyfer van driesyfer
• Tweesyfers van driesyfers
• Driesfyers van driesyfers
• Halvering
x
• Soos Graad 2 met oordrag
• Tweesyfer met tweesyfer
• Driesyfer met tweesyfer
÷
• Strategieë
GETALFEITE
• + en – tot 19
• Voorbereidende werk
• Vaslegging van tafelfeite (2x, 10x, 5x, 3x, 4x)
• Patroonwerk
INVRAGING is BELANGRIK…HOEKOM? HOE?
Jul 24, 2009 @ 15:20:38
Is daar n boek wat ons kan kan koop wat die graad 3 kurrikulum inligting (werkkaarte) bevat? Sodat ons die werk wat kinders in die klas by juffrou doen, ook met hulle by die huis kan oefen.
LikeLike
Jul 25, 2009 @ 10:14:29
Welkom, Madelein
Ongelukkig is die naaste boek of item wat jy sal kry, die HNKV met die mylpale. Die groot hartseer: Onderwysers kry nie ‘n spesifieke gids met werkvelle nie en moet uit hul eie sak betaal vir boeke of hul eie werkvelle opstel. Baie onderwysers – veral Grondslagfase opvoeders – grawe in al wat ‘n boekwinkel is vir oulike idees. Jy kan gerus die ALLES-in-EEN Reeks probeer. Hulle het ‘n Opvoedersgids vir elke graad – met die werkboeke en hulpmiddele boeke apart. ‘n Mens kry dit in winkels soos CNA. Die gids gee nogal baie leiding en bevat gewoonlik idees vir taal, syferkundigheid én lewensvaardighede. Daar is ander reekse soos ACE en Clever.
‘n Mens moet eintlik by “ouer” onderwysers aanklop vir idees. Baie opvoeders het nog hul ou handboeke en werkboeke iewers op ‘n rak. Kyk ook onder die skakels op my voorblad. Daar is skakels na plekke soos Graffiti Boeke wat ‘n verskeidenheid boeke op die internet aanbied – ook die Alles-in-een reeks. Ek hoop dit help effens 😉
LikeLike
Apr 30, 2010 @ 15:13:52
Hi
My seun Gr. 3 sukkel verskriklik met woordsomme. Hy ken sy maal tafels en gedeeldeur, groter as, kleiner as, afrond tot naaste tiene ens. maar die woordsomme is net een groot kopseer. Dan ook het hy tot onlangs vertikale somme pragtig reg gedoen en nou skielik ruil hy sy tiene en ene om wanneer hy moet oordra. Is dit normaal om so te vergeet, veral as hy dan so goed was met vertikale somme? Het jy enige raad? Ek is al moedeloos. Groete Tanya
LikeLike
Mei 02, 2010 @ 16:49:32
Hello, Tanya 😉
Gits, ek vergeet permanent waar ek my handsak gebêre het :lol:. Dit is normaal vir die kleingoed om hier en daar te vergeet. Dalk is jou outjie moeg of het hy ‘n “power bite” nodig om die wiskundige denke aan te wakker 😉
Woordsomme kniehalter baie outjies en daar is verskeie redes daarvoor. Dikwels is die kind se leesvaardighede nie voldoende om die teks te verstaan nie (begryp dus nie die vraag nie), die woordeskat van die woordsom is te vreemd…en so kan ‘n mens aan gaan. Ek sou voorstel dat julle deur jou seuntjie se boeke gaan (Sommer Gr. 1 en 2 ook) en al die woordsomme lees. A! Kyk hier vra hulle “hoeveel is dit altesaam?” en jy het opgetel of geplus. Hier het hulle gevra “hoeveel minder as…” ens. Maak dan ‘n lys van al die terme met ‘n bewerkingsteken bo-aan. As hy dus die som lees, soek hy die terme en besluit wat om te doen. Dit is net ‘n kruk om hom te help met die ontsluiting van die vraag. Jy kan jou eie woordsomme opstel of werkboeke by winkels soos PNA en CNA opsoek. Doen sommer so ongeveer 5 somme met dieselfde stelwyses en verander net die onderwerpe en hoeveelhede (makliker tot moeiliker).
Met die vertikale somme, sal ek ‘n voorbeeld of twee groot op ‘n bladsy doen en met ‘n helder kleur pyltjies of lyne trek om die rigting van oordrag aan te dui. Maak ook sommer ‘n H, T en E bokant die syfers (onthou hoe dit gedoen is toe ons klein was?) en bespreek die getalle vooraf. Waar gaan jy leen? Jy leen by die grootboet of by die ou met die voller beursie. Weereens kan jy die voorbeelde teen die yskas of bo sy lessenaartjie aanbring. Maak ekstra werkies (so ‘n maksimum van 5 somme per keer) en motiveer voordurend. Ek pak soms werk van verskillende vlakke uit en noem dan dat die outjies die meer uitdagende werk kan probeer as hulle in “Graad 3 of 4” kom. Hulle sien dit daar lê en dat dit nie so erg is nie. Heel party van die kleingoed probeer dan so ‘n “ogie gooi” en as ons “probeer” om die groot kinders se werk te doen, is dit spanningloos en ‘n lekkerte. Eintlik is die werk nommerpas vir hulle, maar die “uitdaging” is lekker. Hoe meer hulle hoor dat hulle oulik was, hoe meer sal hulle probeer. (Heel dikwels sal hulle ‘n moeiliker leesboekie aandurf as die een wat ek voorstel, omdat hulle dan ‘n groot woord kon lees.) Moenie nou al benoud raak nie. Praat met die juffrou en vra vir ou werk of voorbeelde. As jy die voorbeelde het en jou eie werk opstel, sal sy beslis help met die merkwerk en raad. Kyk ook na CNX se idees. Baie sterkte en laat weet asseblief hoe dit gaan.
LikeLike
Mei 24, 2011 @ 16:44:56
My dogter is in graad 3. Sy sukkel met die uitwerking van deel sommetjies. het jul dalk raad?
LikeLike
Mei 26, 2011 @ 19:33:07
Hallo, Madelyn 😉
Begin altyd met ‘n woordprobleem in ‘n laer getalgebied, bv.: Ma koop 16 lekkers en daar is 4 kinders in die huis. Verdeel die lekkers tussen die 4 kinders. Vra dan vrae soos: Kan jy in viere tel tot by 16? Ja, deel die getal dan in 4’e. 4, 8, 12, 16. Hoeveel lekkers kry elkeen (4!). In groter getalle kan jy weereens vra of die getal deur die delergetal gedeel kan word (Kan jy in veelvoude van * tot by die getal tel?).
Baie van die dinkwerk steun op die kennis van telling in veelvoude en maalsomme. Het jy dalk spesifieke somme waarmee sy sukkel? Dan kan ek kyk watter idees ek vir jou kan aanstuur.
Baie sterkte 😉
LikeLike
Aug 15, 2013 @ 12:14:12
more ek soek hulp met my dogtertjie sy is in graad 3 maar sukkel met gedeeldeur somme en maal somme sy raak ook gou morg vit huiswerk
LikeLike
Aug 16, 2013 @ 19:02:06
Middag, Annelize 😉 Begin deur die veelvoude te hersien. Kleur dit op ‘n honderdblok in (sien drukbare bladsye) en plaas dit iewers waar sy dit gereeld sal sien. Kyk ook na die idees in verband met maaltafels en probeer die onderskeie takies.
Begin dan met ‘n woordsom en teken die storie. Bv. Jan plant tamaties in drie rye. As hy drie plante in ‘n ry plant, hoeveel tamaties plant hy altesaam? ‘n Mens kan alles tel of die kortpad neem deur die plante in ‘n ry met die aantal rye te vermenigvuldig.
Deling is die inverse bewerking van maaltafels. Jy werk dus agteruit 😉
Kyk gerus of dit kan help 😉
LikeLike
Mar 30, 2016 @ 18:48:02
Hallo daar,
Hoe klink dit vir my my gr 3tjie word heeltemal anders geleer as wat ek hierbo sien. Hy word nou geleer dat wanneer daar 2 dubbelgetalle geminus word, moet hy net die 2de getal opbreek en vat dan stukkie vir stukkie weg. En wanneer dubbelgetalle opgebreek word, moet net die eerste getal opgebreek word. Dit lyk nie vir my of hulle hoegenaamd leer van leen by die die 10e nie. Laas jaar moes hulle beide getalle opbreek en toe was dit nie ‘n probleem nie. Mis ek iets? Wat is die maklikste manier om hom te help onthou wanneer om wat te doen? Hy is redelik geneig tot aandagafleibaarheid en die nuwe info elke kort-kort raak rof.
Ma se kop sing
groete
mandi
LikeLike
Apr 01, 2016 @ 02:46:25
Hallo, Mandi 😉
Hulle gaan stuk-vir-stuk aandag aan die verskillende aspekte gee. Die opbreek van getalle word tans gedoen om die 10’e vol te maak en hulle sal later ook na leen loer.
Hou voorbeelde van elke nuwe konsep of metode en stel dit visueel beskikbaar. Plak dit teen die muur op sodat hy daarna kan loer as hy onseker is of huiswerk moet doen. Daar sal ook voorbeelde in die “Reënboog” of Departementele werkboek wees.
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Apr 20, 2016 @ 14:46:59
Baie dankie Juffer 🙂 Hy is juis oorheersend ‘n visuele leerder en ek het begin om sy maaltafels vir hom te illestreer met prentjies by wat ‘n storie vertel. Dis ongelooflik hoe mooi hy dit nou onthou. Ek gaan beslis ook kyk na die Departementele werkboek.
Groete en dankie vir die oulike groep.
LikeLike
Apr 20, 2016 @ 16:17:07
Dis ‘n plesier 😉 Loer gerus weer in.
LikeLike
Okt 02, 2016 @ 20:59:36
Goeie naand,
My seuntjie is ook in graad 3. Hy vaar baie goed maar sy luistervaardigheid kort aandag. hoe kan ek hom daarmee help? veral al waar dit kom by luister opdragte in die klas. sy punte sal nog meer verbeter as sy luistervaardigheid verbeter. Groete en baie dankie.
LikeLike
Okt 03, 2016 @ 15:38:44
Middag, Hanneke 😉
Probeer gerus die volgende tipe oefeninge op ‘n daaglikse basis. Maak seker dat hy oogkontak maak as julle praat – deur sy naam te noem of liggies aan die skouer te raak.
Sit hy na aan die juffrou se tafel of dalk lanks ‘n hulpvaardige klasmaat? Dit kan beslis ook in die klas help 😉
LikeLike
Okt 03, 2016 @ 21:06:43
Goeie naand. Baie dankie vir jou antwoord. Waardeer dit. Hy sukkel met oogkontak. Hy dra bril. Hy het oogprobleme gehad wat genadiglik uitgesorteer is maar sukkel steeds om oogkontak met mense te maak. Hy sit redelik voor in die klas. Baie dankie. Mooi aand verder.
LikeLike
Okt 04, 2016 @ 00:06:30
Dis ‘n plesier 😉
Kom ons kyk hoe dit in die volgende kwartaal gaan. Indien dinge steeds lol, kan ‘n mens vir hom byvoorbeeld elke 15 – 20 minute ‘n “bewegingsbreuk” gee. Vra dat hy ‘n skryfbordjie gaan haal, ‘n som uitwerk of ‘n woord skryf en dit weer bêre. Sommige kinders het net ‘n bietjie beweging nodig om weer te kan fokus. Vir ander moet ‘n mens vra (bv. “Waarmee is ons besig?” / “Wat moet ons volgende doen?”) om hul gedagtes by die werk te bepaal. 😉
LikeLike
Okt 04, 2016 @ 17:18:22
Baie dankie! Gaan beslis jou raad volg. Dis regtig n baie goeie en insiggewende blad. Groete. Hanneke
LikeLike
Okt 04, 2016 @ 21:36:33
Baie dankie, Hanneke 😉
LikeLike
Jul 13, 2017 @ 13:05:47
goeie dag. my seun is in graad 3 tuis onderig. ons sukkel vreeslik met gedeel deur somme. soo bv, 588 deel deur 9. ens. nou ek was self nie goed met wiskunde nie, ek sukkel my dood om vir hom te leer om die regte manier te volg. het julle dalk raad vir my, of is daar dalk n boekie wat ek kan koop met voorbeelde in hoe om dit te doen?
baie dankie
Lune Viljoen
LikeLike
Jul 13, 2017 @ 14:25:43
Hallo, Lune 😉
Loer gerus hier en hier.
Dit behoort dit ‘n bietjie makliker te maak 😉
LikeLike