manlikvroulik

Hersien die bewoording vir manlike en vroulike vorme.  Maak groot muurprente op ongedrukte of gedrukte koerantpapier.  Teken ‘n basiese uitleg van ‘n stamboom en voeg die flitskaarte as byskrifte by.  Plak dit teen die muur op, neem ‘n paar treë weg en gooi ‘n boontjiesakkie toe oë na die prent.  Skryf ‘n spogsin met die woord wat getref word.  Gebruik ook die meegaande woord, bv. “Ek kuier graag by my ouma en my oupa.”

‘n Stamboom is nie nodig nie.  Rangskik al die woorde in rye op die muur of mat.  Rol ‘n dobbelsteen en tel aan.  Soek die meegaande woord vir die een waarop jy land (bv. mamma en pappa) en skryf dit neer.  Ander opsies is om die woordpaar in ‘n mondelinge sin te gebruik of om ‘n sin daarmee te skryf.  Teken ‘n prent by die sin en bind al die sinne in ‘n boekie.  Dit sal beslis oulik wees as die hele klas se sinne in boekvorm gebind word vir die leeshoekie.

As julle die woorde hersien, verdeel die woorde in twee stelle.  Lees ‘n woord en laat die outjie dan die maat tussen sy woorde soek of speel speletjies soos “snap” of ‘n geheuespel.  Wanneer julle laasgenoemde doen, sou ‘n mens verkieslik die woordpare verminder (sowat 8 – 10 kaarte op ‘n slag). 

Geslag          Geslag Flitskaarte           Diere