Teken of pak 4 tot 6 prente in ‘n ry. Die kind kyk vir vyf tellings daarna en dan word dit geskommel. Die kind moet dit weer in die regte volgorde pak.
Teken of pak 4 tot 6 prente in ‘n ry. Die kind kyk vir vyf tellings daarna en dan word dit bedek. Die kind moet sê / noem wat hy gesien het.
Skryf ‘n klank of syfer neer. Tel tot drie en hou toe. Die kind moet dit herroep en skryf.
Voeg telkens ‘n klank by totdat die hele naam geskryf word.
Visuele diskriminasie:
Speel met enige tipe domino.
Teken ‘n klomp prente van verskillende tema’s op ‘n bladsy. Die kind moet nou bv. al die kosprente omkring, ens. Dieselfde kan met klankies (kleinletters) gedoen word.
Skryf ‘n klomp klanke rond en bont op ‘n bladsy neer. Die kind kan nou klanke soek wat in sy naam voor kom.
Dit is oogsorgmaand. Hoe ingelig is jou klas se ouers? Kry ‘n spreker of ‘n uitdeelstuk om beide ouers en opvoeders beter in te lig. Daar is oogkundiges wat kinders se oë gratis toets. Maak ‘n lysie en voeg die besonderhede by.
Woorde