Gebruik hierdie week om die mooiste rympies en storieboeke te lees.
- Soek spesifieke klanke in die storie of rympie (bv. woorde met ‘n oo of ‘n oe) en skryf dit neer. Hoeveel woorde kan julle kry? Kan julle sinne met dié woorde maak? Plak die lyste teen die muur op en kyk of julle dit later in speletjies soos Junior Scrabble kan gebruik.
- Skryf nuwe of onbekende woorde uit die stories en rympies neer. Vind uit wat dit beteken.
- Skryf kort beskrywings oor jou gunstelingboeke neer en illustreer dit. Stal die boeke dan saam met die beskrywings uit, om die ander klasmaats te interesseer.
- Neem foto’s van kinders saam met hul gunstellingboeke. Druk dit (selfs swart op wit) en stal dit in die gange uit. Gebruik slagspreuke soos “Ja! Dié boek is in ons biblioteek.”
- Stel leeslyste vir verskillende graadgroepe op en plak dit in die biblioteek op. Só kan die leerders boeke op hul eie graadvlak soek.
- Maak boekmerke vir ander klasse en deel dit as Lenteweek geskenke uit.
- Maak ‘n leesfoontjie sodat die outjie na sy eie stemtoon en uitspraak kan luister. ‘n Mens kan ‘n toestel aanskaf of self maak.
Sep 15, 2013 @ 11:35:40
Is dringend op soek na bydraes oor erfenisdag. Moet dit reeds woensdag aanbied en soek oulike idees vir grondslagfase
LikeLike
Okt 01, 2013 @ 19:14:02
Jammer, Hester 😉 Ek het jou boodskap mis gelees. Ek hoop jy het reg gekom 😉
LikeLike