Deel gerus met ander:
- Deel dit op Twitter(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Deel dit op Facebook(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Stuur 'n skakel na hierdie bladsy vir 'n vriend(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Deel dit op Pinterest(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Druk dit(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Click to share on WhatsApp(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
Feb 04, 2010 @ 14:28:52
Middag Juffer
Waar kan ek vir Chanelle oefeninge kry om mooi te kan knip, sy is links, maar knip beter regs, so ek weet nie of dit haar meer deurmekaar maak nie, maar die Juffrou het nou gesê dat Chanelle nie reg knip nie, en sy het baie oefeninge nodig.
Baie Dankie
Christelle
LikeLike
Feb 04, 2010 @ 18:41:22
Hi, Christelle
Jy kan baie fynspier (hande en vingers) oefeninge met haar doen: Klei speel, hare vleg, rygwerk…kyk ook by https://juffer.wordpress.com/2009/02/06/hand-of-vingeroefeninge-as-deel-van-n-skrifles/ en die een oor perseptuele ontwikkeling (jou e-pos adres is die wagwoord). All Kids network het ook verskeie oog-hand koördinasie take – wat ek sommer aanpas. I.p.v. lyne trek – kan jou dogtertjie op die lyne knip. Onthou jy die tossels (pom-poms) wat ons kleindag gemaak het? Probeer dit gerus. Jy knip twee sirkels uit (soos doughnuts) en draai verskillende kleure wol lekker dik om die ring totdat jy nie meer kan nie. Hou die katoetie vas en druk ‘n skêr tussen die ringe in om die wol reg rondom deur te knip. Hou maar versigtig vas sodat dit nie uitmekaar val nie. Glip ‘n stuk wol tussen die ringe in om die flertsies lekker styf vas te bind en knoop. Knip ‘n die ring tot in die helfte en glip af – Siedaar! ‘n klossie 😉 Jy kan ogies en ‘n bekkie aanplak om ‘n kuiken te maak…of self kreatief raak.
LikeLike