Sukkel jou kind om ‘n potlood reg vas te hou? Knoop ‘n sagte, handdoekstofrekkie in die vorm van ‘n 8. Trek die groter deel losserige oor die gewrig en steek die potlood deur die kleiner ring. Dít help om die potlood te lig sodat dit meer korrek in die webspasie tussen die wysvinger en duim lê.
Staan die vingers in die lug? Knoop ‘n oulike kraletjie aan die groter ring – wat die outjie dan onder die pinkie en ringvinger moet vasknyp. Andersins werk ‘n los kraletjie, muntstuk, klei of wondergom ook goed.
As al die fynspier (handspier) oefeninge nie help nie, sal dit voordelig wees om ‘n konsultasie met ‘n arbeidsterapeut te reël om raakvat idees te kry.
Jan 22, 2012 @ 05:26:52
Baie dankie hiervoor, dis voorwaar baie oulike raad! Ons gaan dit onmiddelik probeeer. Dankie nogmaals vir briljante idees.
LikeLike
Jan 22, 2012 @ 07:54:21
Dis ‘n plesier, Sonia 😉
LikeLike
Feb 07, 2012 @ 05:41:21
hallo ek is `n kleuterskool juffrou, ek het `n linkshandige seuntjie in my klassie hy word 5. sy ouers wil hê ek moet hom leer regs skryf. help asb????
LikeLike
Feb 07, 2012 @ 18:53:36
Middag, Heletje 😉 Dit was nogal algemeen om jare gelede hiervan te hoor, maar deesdae is linkshandigheid weer algemeen. Lees ‘n bietjie hierdie skakels en probeer om die saak op ‘n baie taktvolle manier aan te spreek. Dit bly die ouers se keuse, maar ek sou bang wees vir toekomstige komplikasies soos omkerings (b / p / d / 9). Dit sou egter met arbeidsterapie behandel kon word. Handdominansie is ‘n ingebore besef of begrip…Dit bly die ouers se keuse, maar ‘n mense sou hulle tog oor die voor- en nadele van gedwonge dominansie wou inlig. Sterkte 😉
LikeLike
Feb 16, 2012 @ 14:17:09
baie dankie ek gaan definitief kyk na die inligting! dankie dat jy so oulik is om raad te gee x
LikeLike
Feb 16, 2012 @ 16:06:52
😉 Laat weet gerus indien jy nog inligting benodig.
LikeLike
Jan 20, 2013 @ 20:55:55
Heletje, ek noem maar net dat ek ook ‘n geval gehad het van ‘n seuntjie, waar die vorige onderwyseres die seuntjie gedwing het om regs te wees ipv links. Die ouers het dit maar aanvaar en is vandag ewig spyt. Toe die kind by my kom was hy heeltemal verward en ek het net eenvoudig die natuur sy gang laat gaan en hy het teruggekeer na links. Jy moet niemand in ‘n spesifieke rigting dwing nie, jy peuter dan met sy menswees. Hierdie kindjie het heelwat probleme ondervind en moet nou alreeds vir jare arbeidsterapie ontvang. Ouers moet dit ook begin verstaan dat dit ‘n ingebore begrip is en mens dit so moet aanvaar en mens kry die skêre vir kinders wat links en regshandig is en dan natuurlik het ‘n mens baie geduld nodig.
LikeLike
Jan 21, 2013 @ 14:19:57
Baie dankie, Anette 😉 Ek sal die boodskap vir Heletje aanstuur 😉
LikeLike
Jun 25, 2014 @ 21:16:29
Goeienaand Anette, ek het hierdie jaar dieselfde situasie beleef met een van my Gr.1 outjies. Verskil is die kleuterskool juffrou het hom probeer regs skryf. Nodeloos om te se was dit vir hom moeiliker om sy klankies mooi te vorm en te skryf. Ek het gedurende ons L.O periode gesien hy is links dominant en toe ons die kryt skuif na die linkerhandjie was als sommer makliker. Dit was nogals n aardige gesig om te sien hy begin met die regterhandjie tot in die helfte van die bladsy en dan skuif hy oor na die linkerhandie. Baie bly om te se sy mamma het mooi verstaan en met bietjie hulp skryf hy pragtig…. Links!
LikeLike
Jun 26, 2014 @ 19:47:54
😉 Wonderlik. Het julle dié interessantheid oor skrif vir linkshandiges gesien?
LikeLike
Feb 12, 2012 @ 20:14:48
Juffer
Ek het voorheen al raad gevra, en nou is ek weer in die knyp, my dogtertjie is nou in graad 3, en sy is links, so hul het laasjaar begin vas skryf. Haar handskrif was nooit baie netjies nie, maar almal het maar gesê dit is oor sy links is, dit sal nog regkom, maar nou met die vaste skrif, lyk dit nog erger, is daar enige oefeninge of ietsie wat ons met haar kan doen.
Dankie vir die hulp
Christelle
LikeLike
Feb 14, 2012 @ 16:47:20
Middag, Christelle 😉 Ek hoop dit gaan nog goed.
Jou dogtertjie moet basies die potlood “stoot” terwyl regshandiges dit oor die bladsy “trek”. ‘n Mens moet onthou dat sy haar postuur sal verander om te loer waar sy skryf, want die linkerhand maak haar skrif toe tydens die skryfaksie.
‘n Mens moet haar steeds aan die basiese herinner soos om aan die lyne te raak en om die letters duidelik en leesbaar genoeg te skryf. Sy sal moet fokus en skat waar die lyne is om haar letters te laat pas. Ek sou vir haar ekstra skrif oefeninge wou gee en indien die skrif nie teen die einde van die maand meer egalig begin lyk nie, kan ‘n mens ‘n arbeidsterapeut kontak om ‘n tuisprogram te volg. Kyk gerus ook hier aan die regterkant na die skakels onder skrif.
LikeLike
Jan 30, 2014 @ 20:36:15
So prakties! Dankie
LikeLike
Jan 31, 2014 @ 15:02:32
😉
LikeLike
Aug 04, 2014 @ 15:18:18
My amper 5 jarige is ewe goed links en regs. Moet ons/hy kies? Hoekom en hoe dan?
LikeLike
Aug 06, 2014 @ 14:29:14
Hallo, Nadia 😉 Wees versigtig, want as jy hom in ‘n rigting forseer kan dit spelprobleme veroorsaak. As hy in Graad R steeds met beide skryf, sal ‘n gesprek met ‘n gesoute arbeidsterapeut kan help om te bepaal of daar probleme is of gaan kom. As dit glad nie vir hom ‘n probleem is nie, kan hy dalk van daardie unieke mense wees wat “ambidextrous” is.
LikeLike
Jan 24, 2017 @ 15:59:02
Hallo Juffer
My Gr R seun is lings en regs ewe gemaklik met skryf. Van kleins af hou hy daarvan om met beide hande te werk en dit het amper gelyk of hy meer na lings neig met sy hande. Sy voete en oe is beslis regs. Wanneer sy lingkerhand moeg word ruil hy eenvoudig en gaan regs aan. Hy doen wel middellyn-kruising. Die Gr R juffrou se hy moet nou kies met watter hand hy wil skryf en omdat sy maaitjies regs is skryf hy in die klas regs. Moet ek hom aanspoor om met albei hande te skryf of aanvaar ek nou maar net dat hy oorslaan na regs?
LikeLike
Jan 25, 2017 @ 15:35:21
Hallo, Lida 😉 Sommige kinders kies nooit ‘n hand nie en kan ewe netjies met die linker- en regterhand skryf. Indien hy gemaklik is met die regterhand en spontaan daarmee skryf, kan ‘n mens dit so los. Indien hy egter uitvalle soos omkerings of spieëlskrif toon, sou ‘n mens die raad van ‘n gesoute arbeidsterapeut kon inroep om toekomstige spel- of skoolprobleme te voorkom.
LikeLike