jeugMaak dit ‘n positiewe ervaring en laat die outjies drome en ideale uitbeeld. Skryf dalk sinsnedes soos “Met harde werk, kan ek eendag ‘n ….word.” op die bord. Elkeen gee sy ideale beroep (plak dalk ‘n handgeskrewe flitskaart in die spasie) en Juffrou of Meneer neem dan ‘n foto van hom / haar daarby.  Slagspreuke soos “Ek kan ‘n verskil maak” – met klein omgee aksies daarby en “Ek is die toekoms van my land”, kan ook werk.
Druk die foto’s groot op A4-velle uit (al is dit swart en wit) en plak dit net so in die gange op of trek die bewoording met pastelle en bordkryte na.  Speel die foto’s op ‘n skyfievertoning in die saal of plaas dit op die skool se webtuiste.

Skryf opstelle met soortgelyke tema’s, dateer dit en plaas dit in ‘n “tydkapsule” om eendag in Graad 12 oop te maak.

‘n Mens kan altyd kinderbeskermingsweek ook hierby betrek. Gesels net eers met die skoolhoof oor jou idees.