Tuis

Afrikadag

Lewer kommentaar


afrikadag

Watter aspekte van die kontinent gaan ons vandag bewonder?  Hoeveel unieke en mooi foto’s kan ons opspoor?  In watter lande is dit geneem?  Weet jy waar op die kontinent hierdie lande is?  Wat is hul hoofstede?  Maak byskrifte vir die Afrikakaart en benoem die lande.  Onthou om die foto’s daarby aan te bring.

54

Afrikadag

Vadersdag

Lewer kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

‘n Mens kry deesdae heelwat gebruike vir paletplankies.  Waarom dan nie ‘n geskenkie vir Pa nie?

  • Saag ‘n lengte in korter dele op en sorg dat daar ‘n gedeelte van sowat 5 – 8cm ekstra is. Gom die kort stukkie loodreg aan die onderpunt van die plankie en kap met spykertjies vas sodra die gom slegs klewerig in plaas van loperig is.  Knip die woord Pa* (pa dad) netjies en versigtig uit en plak dit met ‘n gomstiffie bo-aan die plankie. Hierdie papierwoord gaan slegs tydelik hier verskyn.  Kap nou klein spykertjies ewe diep al op die buitelyn van die woord in, sodat die woord selfs sonder die papiergids herkenbaar sal wees.  Sodra jy tevrede is, kan jy die papier los wikkel en ‘n bietjie water gebruik as dit lol.  Wikkel en weef nou borduurgare of bruin verpakkingstou (“twine”) kruis en dwars tussen die spykertjies om die letters in te kleur.  ‘n Mens kan mens ‘n lussie oor of om ‘n spyker begin en ook so eindig.  Smeer gom of kleurlose naellak op die knopie om dit te versterk.

Trek ‘n sigsagpatroon met ‘n potlood en kap spykertjies op die omdraaipunte, sodat ‘n mens sleutels of dasse daaraan kan hang en ‘n selfoon op die rakkie kan laat lê.

Draai die rakkie om en skroef ‘n koeldrankringetjie bo, in die middel of aan die hoekie vas.

  • ‘n Mens kan twee plankies loodreg, in die lengte vasplak – óf soos ‘n T in die middel van een plank, óf aan die rand.  Gebruik dan die bokant van die T of die plat kant as die vooraansig.  Kap spykertjies vir hangplek hierop vas.  As jy die rakkie nou teen die muur ophang, gaan daar ‘n rakkie vir die selfoon agter die vooraansig wees – met hangplek vir dasse en jasse voor.

Skroef koeldrankringetjies agter die rakkie vas.

Hierdie plankie is lank genoeg sodat jy die woord Pa* aan die linkerkant kan aanbring en dan ander spykertjies aan die regterkant kan versprei.

  • Spuit skeerroom op ‘n stuk foelie.  Drup voedselkleursel daarop en trek lyne kruis en dwars met ‘n stokkie daardeur.  Druk ‘n vel papier bo-op of selfs ‘n dun plankie.  Gebruik die bladsy as geskenkpapier of skroef hakkies by die plankie in vir dasse en sleutels.

vadersdagfathersday

*’n Mens kan die plankie ook vir ‘n oom of ‘n oupa maak.  [Oom Oupa]

 

 

Tik gerus ook soekterme soos “vadersdag” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir vorige idees.

%d bloggers like this: