Screen Shot 2015-08-06 at 21.46.20

Saterdag, 15 Augustus, is Wêreld Heuningbydag.  Wat kan ons doen as ons “bye” bespreek?

Soek seshoekige vorms om tydens kleiwerk of wiskunde te gebruik.  Die ou vormpasballe, het ‘n stewige blokkie in die stel.  Jy kan koekies uit deeg druk, byekorwe uit geel klei druk of drukwerk met dikkerige verf doen.

Knak leë toiletrolle aan drie kante.  Druk dit plat, vou oop, druk plat, vou oop…totdat jy ‘n seshoekvorm kry.  Sny die rolletjie in die helfte en weer in die helfte – totdat jy die breedte van jou keuse kry.  Verf dit geel en oranje en plak dit met houtlym om ‘n byekorf te maak.

Verf ‘n vel karton of papier met ‘n oranje-geel verf (gooi bietjie rooi by geel).  Giet dan geel (of ligte bruin) verf in ‘n plat skinkbord en druk ‘n groot vel borreltjieplastiek (bubble wrap) daarin en druk dit op die oranje-geel vel.  Siedaar!  ‘n Byekorf.  Jy kan ook die verf op die plastiek verf of smeer.  Gebruik die velle as ‘n agtergrond of druk by- en opskrifte op A4-velle voordat jy die bladsy met verdunde (water-) verf bedruk.  Knip die vet woorde uit en daar het jy ‘n unieke opskrif.

Bye vingerdrukwerk.  Doop duime in dikkerige geel verf en druk dit op ‘n blommetjie of korf agtergrond.  Sodra dit droog is, kan julle swart lyne oor die lyfies trek (veselpen) en vlerke in teken.

Maak ‘n 3D-byekorf deur ‘n opvoubare papierlantern te spuitverf of met geel snesiepapier te bedek (gebruik pastadikte muurpapiergom).  Maak bye van pom-poms (fluff balls) en hang of plak dit op/aan die korf.

Smeer houtlym aan ‘n akker, wasgoedpennetjie of ‘n klein klippe.  Buig en wen ‘n geel pypskoonmaker om en om die kern.  Wen dan ‘n bruin of swart pypskoonmaker in breë ringe om die gele.  Knip ‘n swart of bruin pypskoonmaker in twee gelyke dele en knoop in ‘n druppelvorm.  Laasgenoemde vorm die vlerke.  Druk die ekstra draadpunte by die lyfie in en voeg gom as versterking in.  Plak twee wikkelogies bymekaar.  Plak die sye of pensies op die korwe of agtergronde.  As jy verkies om die bye te laat hang, knoop ‘n vislyntjie of gare aan ‘n vlerk.

Gee ‘n ovaalvormige deksel (of knip een uit ‘n ou x-straalplaat).  Plak met wondergom op papier, trek af en knip uit.  Skeur en plak verskillende stukkies geel papier op die ovaal.  Indien julle snesiepapier gebruik, kan ‘n mens ‘n lagie kookolie oor verf om dit ‘n glans te gee.  Plak ligte bloue op die vlerk en druk ‘n swart vel deur ‘n snippermasjien om swart stroke vir die lyfies te kry.  Gebruik dan gelyke stukke donker pypskoonmakers vir die pote en groot wikkelogies vir die oë.  [bytjie]

Ek sal aan nog ‘n paar idees dink. 😉

 Sien ook:

lente insekte goggas